Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 203

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Die rede van die ongeloof van die tempeldienaars

203 Ook ons eet en drink, en die Romeine doen dieselfde en praat baie onder mekaar oor My; hulle kon egter nie so goed verstaan hoe en waarom Ek, met My Goddelike Krag en Mag, vir die handjievol Judeërs uit die tempel kon vlug nie.

[2] Ek sê vir Agricola: 'Jy vergis jou as jy dink dat Ek uiteindelik uit angs vir die Judeërs gevlug het! Maar Ek weet waarom Ek dit gedoen het. Dit gaan vernaamlik daaroor dat die volk My herken het en dat hulle ook die slegte, ongelowige, selfsugtige Judeërs beter leer ken het as wat voorheen die geval was. Daarom het hulle hulleself later ook aan hulle vergryp, en het aan hulle `n toejuiging besorg wat hulle hulle lewe lank nie weer sal vergeet nie. Waarom moes Ek My aan die boosaardige mense vergryp, terwyl ek tog vooraf geweet het wat hulle te wagte was, sodra Ek die tempel sou verlaat? Hier sit sewentig getuies wat baie goed weet hoe dit met die woedende Judeërs na My vertrek gegaan het.'

[3] Die Romein sê: 'Luister, goddelike Heer, ons as Romeine, het slegs `n beperkte kennis van die godsdiens van die Judeërs, en tog glo ons dat U waaragtig die Messias is wat aan die Judeërs beloof is! Waarom glo juis die Judeërs dit dan nie, wat tog beslis die meeste met U godsdiens vertroud is? Watter rede het hulle om dit nie te glo nie, terwyl hulle tog sien dat talle ander dit wel glo?'

[4] Ek sê: 'Dit doen hulle selfsug, hulle onbegrensde hoogmoed en hulle ewe-eens onbegrensde heerssug. Volgens hulle denke moet die Messias met `n hemelse prag, wat alle begrippe te bowe gaan, en onder donder en bliksem, uit die hemele neerdaal, sy intrek in die tempel neem en die Hoëpriesters, Fariseërs en Skrifgeleerdes beklee met alle mag en alle glans, die Romeine die land uitjaag, en die tempeldienaars aan sy kant met alle mag en gesag uitrus, sodat hy dan weldra oor die hele wêreld kan heers.

[5] Omdat Ek egter op `n heel ander wyse, wat reeds voor die skepping van hierdie wêreld presies vasgestel was, uiters armoedig en behoeftig op hierdie wêreld gekom het, glo hierdie blindes nie dat Ek die Beloofde is nie, en hulle haat My omdat hulle goed insien dat deur My al hulle aansien en al hulle mag binnekort verlore sal gaan.

[6] Die volk het hulle nou eers goed leer ken en het geen eerbied meer vir hulle nie, wat hulle baie goed opmerk, en hulle probeer daarom steeds of hulle My kan doodmaak. As julle eers goed daaroor nadink, kan julle goed insien waarom die priesters nie in My glo nie.

[7] Daar het egter ook al `n aantal priesters na My toe oorgekom, omdat hulle egter besef het dat Ek die Messias is, en hulle sit hier aan My tafel in Griekse kleding en trek, soos My leerlinge, nou al meer as `n halfjaar saam met My rond en is getuie van baie van My onderrig en dade. Vra dit vir hulle, dan sal hulle julle alles vertel!

[8] En hierdie twaalf, wat hier die naaste aan My sit, was vanaf die begin van My optrede by My gewees, en weet bykans alles wat Ek onderrig en wat Ek tot heil van alle mense gedoen het. Ook met hulle kan julle praat, en hulle sal niks vir julle verborge hou nie. Maar nou eet en drink ons; later sal ons dan verder praat!'

[9] Met hierdie uitleg was die Romeine baie tevrede en Agricola sê: 'Priestervolk hoort tog orals by Pluto! `n Mens sou dit heeltemal moet afskaf en slegs U waaragtige, suiwere goddelike leer aan alle mense verkondig!'


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205