Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 206

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Oor sonde en offer

206 Dit was nog nouliks drie uur voor sonsondergang toe ons van die tafels af opstaan en na buite gaan. Ongeveer `n kwartier lank loop ons ietwat op die berg rond en gaan toe onder `n groep olyfbome sit. Intussen kom daar al baie mense die berg op, wat aan die bediendes van die herberg vra of Ek My dalk daar bevind. Die bediendes bevestig dit en wys na waar Ek My bevind. Omdat die aankomelinge egter baie mense om My heen sien, durf hulle nie na My toe kom nie.

[2] Maar Ek sê vir Lasarus: 'Laat die mense hierheen kom; want dit is hulle, van wie Ek daarbinne gesê het dat hulle sou kom. Hulle soek My, en daarom sal hulle My ook vind.'

[3] Lasarus gaan daarheen en sê dit vir hulle, en hulle kom aarselend na My toe.

[4] Toe hulle by My kom, staan Ek op en vra hulle waarom hulle na My toe gekom het.

[5] En `n tollenaar skep moed en sê: 'Heer en Leraar, ons is groot sondaars, wat vanweë ons amp al `n aantal jare nie die feeste, offers en prediking van die tempel kon bywoon nie; maar vandag was ons ter wille van U in die tempel en het U woorde gehoor. Deur hierdie woorde het ons baie verlig geword en ons het tot die oortuiging gekom dat U ongetwyfeld die beloofde Messias is, alhoewel die Fariseërs U nie as sodanig wil of verlang om te erken nie.

[6] Ons het egter uit U waaragtige woorde opgemerk dat U Self nie so besonder baie vir die tempel oor het nie, en daarom wil ons U, Waaragtige, vra hoe ons van God vergewing van ons groot sondes kan kry. Wat sê U, Heer en Leraar, oor ons sondes? Kan ons nog hoop dat God ons barmhartig sal wees? U het tog in die tempel gesê dat almal wat vermoeid en belas is, na U toe moet kom en dat U hulle dan sal verkwik, en daarom het ons nou ook na U toe gekom om die ware verkwikking van U met sekerheid te ontvang.'

[7] Ek sê: 'Luister, wat Ek vandag in die tempel gesê het, geld ook vir julle hier op hierdie berg! Wie sondig, is `n kneg van die sonde, en die waarheid is nie in hom nie; en waar geen waarheid in die mens is nie, is ook geen vryheid nie.

[8] Dat julle vanweë julle amp die tempel en sy dienste nie besoek nie, sal helaas nie julle grootste sonde wees nie; maar baie dikwels het julle die armes wat julle tolhuis moes oorsteek, te swaar belas, en dikwels het julle hulle wat vir julle werk, die loon vir hulle dienste teruggehou. Kyk, dit is waaragtige sonde en wie dit begaan, kom nie in die hemel nie, maar in die oordeel en die dood!

[9] Want wie geen liefde vir sy naaste het nie, het nog minder liefde vir God, wat hy tog bo alles moet liefhê. Want hoe kan hy wat sy naaste nie liefhet nie wat hy sien, God liefhê wat hy nie sien nie? Die liefde vir God en daaruit die liefde vir die naaste is egter die lewe van die siel; wie die liefde nie het nie, het in homself ook geen lewe nie, maar slegs die oordeel en die dood.

[10] Ek sê nou egter vir julle dat wat My aanbetref, julle sonde vergewe is, omdat julle dit erken, berou en verafsku het; maar vir volledige vergewing van julle sonde is dit ook absoluut noodsaaklik dat julle soveel moontlik diegene wat deur julle op enigerlei wyse te kort gedoen is, die skade sal vergoed, en dat julle in die vervolg nie meer sondig nie. Wie nie tot op die laaste sent alles sal betaal wat hy sy broers en susters skuldig is nie, sal nie later in die ryk van God binnegaan voordat hy nie goedgemaak het wat hy aan sy broer gesondig het nie. Doen dit, dan sal julle die ewige lewe ontvang, en dan is julle sonde volledig vergewe!

[11] Niemand kan egter vir God en die mammon van hierdie wêreld gelyktydig dien nie; want wie die mammon soek en liefhet, kan God nie liefhê nie. Wie God egter nie liefhet nie, het geen egte lewe uit God in hom nie, maar slegs `n skynlewe uit die vors van hierdie wêreld, wat in homself dood is en niemand ooit iets anders as slegs die dood kan gee nie, wat sy wese vir ewig is. Julle weet nou wat julle te doen staan; doen dit dus en julle sal tot in ewigheid lewe!'

[12] Die tollenaar sê: 'O Heer en Leraar, ons dank U uit die diepste van ons hart vir hierdie groot troos! Ons sal alles daaraan doen om alles baie sekuur uit te voer, maar vra U tog nog of U ons nog heel barmhartig advies wil gee. Kyk, ons het as Judeërs baie teen die tempel gesondig! Bedoel U nou dat ons die tempel ook alles moet vergoed wat ons deur ons afvalligheid nagelaat het?'

[13] Ek sê: 'Ook dit kan julle doen, - maar God hou geen rekening daarmee nie; want by God geld niks anders as `n suiwer, sagte, deemoedige en liefdevolle hart nie. Wat julle egter in plaas daarvan kan doen, is dat julle dit met mate en oordeelkundig aan die armes kan gee, en veral aan die arm weduwees en wese; want dit is vir God welgevallig. Maar om die tempel nog ryker te maak as wat hy alreeds is, het by God nie die minste waarde nie.

[14] Weet julle wat daar in die profete staan oor die verering van God in die tempel? Kyk, so staan dit in die profete: 'Die volk eer My met die lippe, maar sy hart is ver van My!' Ek sê vir julle: Alle groot offers, insluitend die brandoffers, is `n gruwel voor God; want Hy het dit alles nie nodig nie. Want waarom sou jy God aardse dinge gee, wat jy tog self eers van Hom gekry het?! God het die brandrook van geslagte diere nie nodig nie; maar as julle Vader het Hy van julle, Sy kinders, die brandende liefde van julle harte nodig. - Het julle dit nou goed verstaan?'

[15] `n Fariseër wat agter gestaan het, wat egter verkleed was, sê toe om My te versoek: 'Heer, as offers dan vir God heeltemal geen waarde sou hê nie, waarom het Moses en Aäron dit dan op bevel van JaHWeH ingestel?'

[16] Ek sê: 'Om vir julle `n beeld te gee van die offer van Hom wat Hom nou in hierdie tyd vrywillig vir alle mense uit suiwer liefde opoffer. Maar die brandoffer en die slagoffer was ook ingestel as getuienis teen julle, sodat julle julleself altyd daarmee sou kon herinner dat julle steeds sondaars was en afvallig van die ware God en daarom `n soenoffer nodig gehad het wat julle as sprekende sinnebeeld altyd sê, dat julle julle deur julle talle sondes van God afgewend het en `n middelaar nodig het, wat julle weer met God kan verbind en verenig.

[17] En daarom het die ingestelde offer maar net waarde as lering. As julle dit bring, het dit ook heeltemal geen daadwerklike waarde wat uiteindelik ook vir God sou geld nie, maar het vir julle slegs die waarde van `n onderwysende, bindende woord van God, in `n ooreenkomstige teken gegee wat sekerlik vir `n wyse mens baie goed verstaanbaar is. Wie dit verstaan, besit dan ook alles wat die teken leer. As die teken egter ook vir die mens by God waarde moet hê, dan moet hy vanuit sy hart handel ooreenkomstig die geestelike sin van die teken.

[18] Die eintlike, geestelike sin van die offer wat julle nou nog steeds, maar heeltemal blind en sinloos bring, en dit daarom ook vir glad niemand meer enige waarde het nie, bestaan egter daaruit dat julle God bo alles en jou naaste soos jouself moet liefhê, en dat julle nie allerlei ontug, hoerery en egbreuk sal pleeg nie. - Verstaan jy dit?'

[19] Toe rek die Fariseër sy oë groot oop en sê vir hulle wat naas hom staan: 'Wat dink julle daarvan, wat sê die man en wat leer hy?'

[20] Die gevraagde sê: 'Die man het `n helder verstand, dit is seker, maar nou sal ek hom eers `n vraag stel, en dan sal ons wel sien wat hy daarop te antwoord sal hê.'

[21] Daarna rig hy hom tot My en praat: 'Heer, dit het u goed gesê; maar as mens die naaste moet liefhê as jouself, doen hom die vraag voor, wie dan eintlik my naaste is.'

[22] Ek sê: 'Allereers elke mens wat op een of ander wyse jou hulp nodig het, en ten tweede ook elke vreemde, ook al is dit `n heiden van die ander end van die wêreld. Maar Ek sal julle `n gelykenis gee, dan kan julle beoordeel wie nou presies julle naaste is.'

[23] Daarop vertel Ek hulle almal die gelykenis van die barmhartige Samaritaan en vra toe aan die vraesteller: 'Wie was nou die naaste van die halfdood geslane man?'

[24] Hy sê: 'Die wat hom gehelp het!'

[25] Ek sê: 'Goed, gaan dan heen en doen iets soortgelyk, dan sal jy aan God `n baie welkome en ware offer bring, wat beter sal wees as julle brand- en slagoffers!'

[26] Daarop sê geeneen van die verklede Fariseërs meer iets nie; maar alle ander prys God dat Hy hierdie wysheid aan een Mens  gegee het.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205