Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 207

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Die beskouing van die Heer oor Jerusalem en die eindtyd van die aarde. Die duisendjarige ryk en die vuuroordeel

207 Ek rig My nou heeltemal op en gaan met die leerlinge ietwat verder op. Daar was ter wille van die mooi uitsig `n aantal banke en andersoortige sitplekke gemaak. Op die plek staan Ek stil en gaan sit. Van daar af oorsien `n mens Jerusalem die beste.

[2] Die leerlinge kyk na die mooi stad en Johannes sê weemoedig teenoor My: 'Heer, my liefde, is dit nie `n ewige sonde van hierdie stad dat sy volgens U voorspelling binnekort so jammerlik verwoes sal word nie?'

[3] Ek sê: 'Geliefde Johannes, jy het hier op hierdie plek `n baie steekhoudende opmerking gemaak, en ook Ek kry trane in My oë daarvan. Maar wat kan nog verder daaraan gedoen word?! Kyk, om ter wille van die behoud van hierdie mure alle inwoners deur `n engel van die verderf te laat dood, sou sekerlik nie baie wys wees nie, maar baie betreurenswaardig; want daar lewe nou immers nog verskeie duisende mense binne hierdie mure wat met verloop van tyd tog nog in My sal glo! En kyk net na die ongeveer sewentig man, en al die tollenaars en die verklede Fariseërs en Skrifgeleerdes; hulle sal reeds vandag al heeltemal in My glo, en so is daar ook nog baie onder die volk wat hierna nog bekeer kan word. Daarom moet hierdie plek ook solank gespaar bly vir elke te groot uitvallende oordeel. Maar wanneer alle goeie vissies uit hierdie vywer uitgehaal sal wees, en nog net adders en weersinwekkende paddas daarin sal rondswem, dan sal die oomblik aanbreek om die ellendige moeras deur vuur en aardbewing te demp.

[4] O, kyk nou net na hierdie hele omgewing! Hoe het dit daar tienmaal duisendmaal duisend jaar gelede uitgesien?! Toe was daar nog baie weinig vaste grond, en daar was nog geen spoor van al hierdie berge en dale nie, wat nou so weelderig begroeid is. Eers deur latere, vele duisende jare durende, vir julle verstand onvoorspelbaar grootse en bykans oor die hele aarde woedende vuuruitbarstings, het die aarde langsaam maar sekerlik aan hierdie vorm gekom.

[5] En kyk, net soos die natuurlike vorming van die aarde plaasvind, so gaan dit ook die geestelike vorming van die mens! Nou is die harte van die mense nog almal vol woedende storms en wilde uitbrekende vuur. Die wildste hartstogte laai op en verwoes alles in en bo homself. Maar dit kom weer reg, - want daar sal `n tyd kom waarin al die hartstogte sal verander in `n rustige en vrugbare bodem, en eers dan sal dit volkome lig en vreugdevol by die mense word! Maar daar sal altyd `n geringe aantal waaragtige, goeie en suiwer mense wees, as wat daar mense sal wees wat hulle steeds min of meer deur hulle wêreldse hartstogte laat beheers.

[6] Die beter tyd sal duisend en meer jare duur en sal lyk soos die huidige gesteldheid van die aarde, wat nou, slegs deur weinige storms belaai, haarself in `n periode van sekere rus en orde vol weelderige, vrugbare velde bevind, maar daarnaas tog baie meer onvrugbare en stormagtige woestyne tel as rustige en vrugbare lande, - afgesien van die groot oseaan.

[7] Maar na die meer as duisendjarige tydperk, sal die aarde opnuut `n groot vuurproef moet deurstaan. In die tyd sal die berge op hierdie aarde ook vlak en vrugbare land word, en die see sal `n groot deel van die dooie land, wat nog in haar dieptes begrawe lê, moet teruggee, en die beter mense sal dit in besit neem en binne `n kort tyd tot `n paradys omvorm. Daar sal dan vir altyd, tot by die volledige ontbinding van die hele aarde, ware vrede heers en die dood sal nooit of te nimmer meer enige reg hê nie.

[8] Maar soos wat die berge van die aarde eers `n vlak land sal word, so sal die mense ook hulle hoogmoed deur harde beproewinge heeltemal moet aflê, omdat dit andersins op aarde nooit by die mense tot ware, innerlike vrede sal lei nie. Want oorlog kom maar net voort uit die hoogmoed van die mense; as die hoogmoed verdwyn, dan verdwyn afguns, nyd, gierigheid, haat, ontevredenheid en daarmee alle twis, rusie, stryd en oorlog ook.

[9] En so sal hierdie wêreldberoemde en byna oudste stad, vir die mure waarvan die groot koning van Salem reeds die basis gelê het, en dit nou `n hoë hoogmoedsberg geword het, moreel en materieel baie verneder en tot `n vlak land verlaag word. Dit sal met haar gaan soos met `n ou, hoë seder, wat, omdat hy dor, verrot en dood is, tydens `n storm afbreek van sy vrot wortels af en dan deur die houtkappers in stukke gesaag word, met die byl gekloof en in die vuur verbrand word.

[10] By die boom was sy natuur die oorsaak, by die mens is dit egter sy bose wil, wat ook die mees wyse wet nie wil opvolg nie, soos wat die Hanogiete eens deur hulle tomelose ongehoorsaamheid die sondvloed oor hulle gebring het, waarin hulle almal in hul boosheid omgekom het. Hoeveel duisende keer is hulle nie deur My, via `n aantal sieners gewaarsku om die berge met rus te laat nie! Maar niemand van hulle het daarop gelet nie. Hulle het geëet, gedrink, geswelg en gesondig op alle moontlike maniere, hulle was vry en het groot huweliksfeeste gehou totdat die vloed van alle kante oor hulle geval en hulle almal verdrink het. So sal dit ook hier gaan.

[11] Die meer as hoogmoedige slanggebroedsel sal hulle mettertyd in hulle blindheid en magswaan bo die Romeine verhef en hulle uit die land wil verdrywe. En dit sal hulle einde wees. Die veldheer, en later tewens keiser, is al gebore wat hierdie stad en haar volk die genadeslag sal gee.

[12] En teen die einde van die tyd van hierdie aardse bevolking - en dus nie van hierdie aarde nie - sal dit presies so gaan: Die mense sal in die tyd weliswaar geen berge tot hulle diepste fondamente afgrawe nie, soos wat die goud en edelstene soekende Hanogiete dit gedoen het nie, ook sal hulle geen Romeine meer teen hulle die harnas in kan jaag nie; maar hulle sal deur allerlei masjiene, deur die krag van vuuraandrywing, begin om via ongelooflike diep skagte en gate in die binneste van die aarde te dring, waardeur baie brandbare gasse in groot massas na die oppervlakte van die aarde sal kom. En as die atmosfeer te veel met sulke gasse versadig sal word, sal dit bykans rondom die hele aarde ontvlam en alles tot as verbrand. Slegs min mense sal daarby in die lewe bly. Maar wat sal oorbly, sal dan ook egte mense wees. Hulle sal dan werklik`n hele hernieude aarde bewoon, en julle en baie wat na julle toe sal kom en in My Naam gewek sal word, sal hulle leraars en leiers wees.

[13] Eers dan sal My ryk, wat heeltemal oor hierdie aarde uitgebrei sal wees, tot stand kom, en die mense van die son sal met My kinders van hierdie hernude aarde, `n volledige gelykberegtigde gemeenskap vorm en opgroei in die liefde van My ware kinders.

[14] Maar hou dit wat Ek nou vir julle gesê het, vir julleself; want in hierdie tyd sou dit niemand enige seën bring as hulle dit alles ook presies sou weet nie. Op die regte oomblik sal Ek dieselfde mense, sodra hulle diepere dinge kan verdra, uitvoerig meedeel. - Het julle nou almal alles goed verstaan?'

[15] Johannes sê: 'Heer, My enige liefde, dit het ek goed verstaan; want U het dit weereens baie duidelik gesê, en daarom kon ek U ook baie goed volg! Of die ander broers dit ook alles so verstaan het, sal hulle natuurlik self die beste weet!'

[16] Toe sê almal behalwe Judas, dat ook hulle alles baie goed verstaan het.

[17] Slegs hierdie leerling (Judas) sê, 'Heer, ek verstaan nie alles nie!'

[18] Ek sê: 'As dit vir die ander broers duidelik is en nie vir jou nie, terwyl jy jou nog altyd die meeste laat voorstaan op jou verstand, gaan dan na die broers, dan sal hulle jou die onbegryplike wel begryplik maak! Deemoed verstaan alles eerder as starre, eiesinnige hoogmoed, wat, as jy nog langer daaraan toegee, jou duiwel, jou regter en jou dood sal wees. Wat het jy meer as al die ander, dat jy jou so daarop kan laat roem?! Verdeemoedig jouself, sodat jy die strikke van die Satan kan vryspring!’

[19] Toe draai Judas hom om en gaan na Nathanaël toe, waarmee hy nog die beste klaargekom het, en vra hom die een en ander wat hy voorheen nie verstaan het nie, en Nathanaël lê dit vir hom uit. En toe hierdie leerling dan ook so ongeveer verstaan wat Ek daarmee aan die leerlinge voorspel het, maak hy asof hy aan die slaap raak en vra niks meer nie.

[20] Een van die Joodse Grieke, wat ook by My was, vind egter dat dit miskien tog geen kwaad kan doen as mens die ander Judeërs ook iets daaroor sou vertel nie.

[21] Ek sê: 'Wat uiteindelik nodig is, sal hulle nog wel op die regte tyd ervaar; hulle hoef egter beslis nie te alles weet nie. - Maar daar kom ons Lasarus. Ons wag hom hier in! Hy het baie met die verklede tempeldienaars bespreek en nou sal ons sien wat hy vir ons te sê het.'


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205