Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 208

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Die verhaal van Lasarus oor die ongelowige Fariseërs

208 Lasarus kom gou en sê: 'Heer en Leraar! Dit spyt my ontsettend dat ek nie hier by U kon bly nie; maar ek besef dat U rus wou hê, en daarom het ek na die volk teruggegaan om hulle teen te hou, sodat hulle U nie dadelik agterna kon gaan en U in U rus sou steur nie. Natuurlik word daar oor niks anders gepraat as net oor U nie, en wel baie ten gunste van U en weinig ten nadele van U.

[2] Die Romeine het die groep verklede tempeldienaars op `n baie indringende wyse bewerk, sodat hulle uiteindelik niks meer ingebring het nie. Twee kon wel eens daar naby gewees het om in U te glo, maar die ander het dit nog steeds daaroor deurdat daar uit Galilea geen profeet kan opstaan nie. Maar die geredde vrou het dit baie goed geantwoord deur te sê: 'U het heeltemal gelyk, want daar staan werklik geskryf dat daar uit Galilea geen profeet sal opstaan nie, maar hierdie man is immers geen profeet nie, Hy is die Messias, dus die Heer Self, wat Hom voorheen deur die profete aangekondig het! Daar staan egter nêrens geskryf dat die Messias nie Self uit Galilea sal opstaan nie! Bowendien het ek juis nou gehoor dat hierdie manne vertel dat juis hierdie Heer en Leraar, wat U vervolg en aan wie u nie wil glo nie, nie êrens in Galilea nie, maar in Bethlehem in Judea gebore is en op die agtste dag na Sy baie gedenkwaardige geboorte in die tempel besny is en die Naam Jesus uit Bethlehem gekry het. Maar as die dinge met betrekking tot hierdie Elohimmens nou so staan, hoe kan u dan sê dat daar geen profeet uit Galilea sal opstaan nie?

[3] Heer, toe hierdie bekoorlike vrou die tempeldienaars bewerk het, kry hulle van alle Romeine, en die ongeveer sewentig man en ook van alle aanwesige tollenaars volledige byval, en hulle daag die tempeldienaars uit om die deeglike toespraak van die vrou te weerlê; maar geeneen van hulle kon haar enige teëspraak gee nie en dus behaal die vrou vir die volk `n behoorlike oorwinning oor die wyse Fariseërs en Skrifgeleerdes, - wat `n ware balsem vir my hart was. Daarom het ek die vrou en haar man ook dadelik beloof dat hulle daarvoor hulle lewe lank by my versorg sal word met alles wat hulle nodig sal hê, - waaroor dit die tempeldienaars wel tot nadenke laat stem het, maar waaroor hulle verder niks durf te gesê het nie.

[4] Toe rig die Romein, Agricola homself tot die tempeldienaars wat die mees ongelowigste was, en sê: 'Vriende, dit is werklik baie vreemd en vermaaklik van julle! Julle as priesters en leraars van die volk is tog sekerlik goed op hoogte van julle geskrifte en leringe, waarin juis baie duidelik oor hierdie Man geskryf word. Alle omstandighede waaronder julle Messias na julle toe sal kom en wat in die profete genoem is, is haarfyn van toepassing op hierdie man en stem met alles ooreen. Hoe kan julle dan nog sê dat hy nie die Een is waarvoor hy Homself deur woord en daad, vir elkeen sigbaar sonder enige terughoudendheid, uitgee nie?!

[5] Julle is tog ook mense en het voldoende geld, sodat een van julle hom die beste in goud en kant sou kon klee. En in keiserlike prag geklee sou hy homself aan die volk kon voorstel en sê: 'Luister volk, ek is die beloofde Messias van die Judeërs!' - helaas, dit sou selfs die sluuste en vermetelste van julle nie durf doen nie, omdat hy al vooruit sou weet hoe so `n verklaring deur die volk en deur sy vroeëre kollegas opgeneem sou word. Wie gee dan hierdie onopvallende, heel eenvoudige man die moed om aan julle en die hele wêreld te verkondig dat juis Hy die beloofde Messias van die Judeërs is en eintlik van alle mense van hierdie aarde?! En wat Hy oor Homself sê, bevestig Hy deur woord en daad. As dit nou voor alle oë en ore van die mense gebeur, - waarom glo julle dit dan nie? Waarom kan ons heidene dit dan sonder enige twyfel glo - en waarom julle nie? Omdat julle vol hoogmoed en vol van die allerlaagste eieliefde sit!

[6] Daarvan het ons Romeine egter nog nooit las gehad nie, want by ons geld nog steeds die ou regsbeginsels: Gee elkeen wat syne is, beledig en bedrieg niemand nie, en leef deugsaam! Ondersoek alles en behou die ware en die goeie, en wat jy doen, doen dit verstandig en dink aan die gevolge! - Aan hierdie beginsels van ons hou elke opregte Romein hom en hy staan met sy hele siel vir al die groot en wonderbare oop. Julle glo van julleself dat julle sondermeer al tipe gode is; en as daar by julle iets opduik wat werklik goddelik is, haat julle dit meer as die dood en wil julle niks daarvan weet of hoor nie. Ja, wat se soort mense is julle dan?'

[7] Daarop sê een van die verklede manne: 'Ja, ja, vir julle Romeine, wat nou ons meesters en gebieders is, is so `n swak Messias, wat Homself meer met julle as met ons ophou, natuurlik goed van pas, en julle sal begryplikerwys altyd met so iemand ingenome wees; maar as die ware, magtige Messias sal kom, sal hy julle uit die land verdryf en Self heers in ons land, en dan weldra ook oor die hele wêreld!'

[8] Toe hou die Romein homself in en sê baie beheersd: 'Dat julle die messias vir julleself so voorstel, is vandag aan ons tydens die maaltyd deur die Messias, waaraan julle nie glo nie en wat julle nie aanneem nie, presies aangetoon. Maar ek sê vir julle: Op so `n Messias sal julle tevergeefs wag! As julle egter beweer dat hierdie Messias ons Romeine te pas kom omdat Hy swak is en geen mag het nie, dan is julle kwaadwillige leuenaars en verloën julle dit wat julle maar al te goed van hierdie man af weet! Ek sê vir julle: Hierdie Een het eindeloos meer mag en krag in Sy wil, as alle ryke van die hele wêreld, ook al is hulle hoe magtig! Dit weet ons en dit is aan ons bekend, omdat ons dit van baie geloofwaardige oog- en oorgetuies tot selfs in Rome gehoor het. En julle is hier en sê ons Romeine onbeskaamd in ons gesig dat ons Hom goedgesind is vanweë Sy swakte?! Nou, wag maar, as Hy terugkom sal ons Hom vra om julle `n voorbeeld van Sy almag te gee, dan sal ons eers sien of julle nog sê dat Hy swak is!'

[9] Toe swyg die verklede manne, en die Romeine bespreek onder mekaar wat hulle sou doen; want die saak met die verklede manne skyn hulle nie onverskillig te laat nie.

[10] Omdat ek duidelik kon sien dat `n paar heethoofdige Romeine uit die groep die onbeskaamdheid van - sê maar - slegs twee verklede Fariseërs baie hoog opneem, sê ek vir hulle: 'Beste manne uit Rome, die groot keiserstad! Let tog nie op die sinlose gepraat van hierdie twee blindes nie! As hulle ook maar `n bietjie helder verstand sou gehad het, sou hulle so-iets sekerlik nie gesê het nie. Ons almal, en om ons, is tog ook Judeërs, en ons Heer en Leraar is dit ook, en ons het hoogagting vir julle en is die wyse regering in Rome baie dank verskuldig; want hulle is ons beskutting en beskerming teen die onderdrukking deur die tempel en deur die landpagter Herodus, wat dikwels alle perke te buite gaan. Ons weet wat ons aan die Romeine het; maar hulle, wat dink dat hulle hulle eie baas is, weet dit nie of wil dit nie weet nie, let dus maar nie op hulle praatjies nie! Maar ek sal die Heer Self op my knieë vra om hierdie blindes `n proesel van Sy mag te gee, sodat hierdie dwase u nie kan verwyt dat u Hom maar net vanweë Sy swakte steun nie!'

[11] Met hierdie woorde kalmeer ek die Romeine en eers daarna kom ek hierheen, en vra ek U dan ook of U nie vir al hierdie blinde Fariseërs wil wys dat U geen swak, maar `n almagtige sterk Messias is nie!'


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205