Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 210

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Die twyfel van die Fariseërs oor die Heer as Messias

210 Daarop sê `n Fariseër baie verleë: 'Dit is alles baie besonders, en ek het nog nooit ooit gehoor dat mense so-iets gedoen het nie! Maar ons het wel meer towenaars gesien wat ook onbegryplike dinge tot stand gebring het, - hetsy met natuurlike middele, of ook met behulp van diensbare geeste, dit kon ons nie beoordeel nie, en dus kan hierdie man ook geheime besit wat hy hom uiteindelik deur sy groot talent sy eie gemaak het, en wat hy aan niemand openbaar nie. As mens dan so `n man as God kan aanneem, moet mens wel baie en eintlik wel heeltemal alles ondersoek, en daaruit eers uitmaak wat mens nou presies in hom het. Ek bestry nie die moontlikheid dat hy die ware Messias kan wees nie, maar om dit sonder `n behoorlike ondersoek aan te neem, is altyd `n bedenklike saak.

[2] By ons Judeërs bestaan daar volgens die wet slegs één God waaraan ons moet glo, en ons mag geen vreemde gode naas Hom hê nie. As ons hierdie man ook as God aanneem, wat moet ons dan met die ou wet doen? Dan moet ons in twee gode glo, ten eerste aan `n sigbare wat hier vlakby ons is, en vervolgens aan die onsigbare, waarvan tewens gesê word dat geen sterfling Hom kan sien en daarby in die lewe kan bly nie.

[3] Julle Romeine het dit dan met julle godeleer baie makliker. Julle het in totaal verskeie duisende gode wat julle vereer, en daarom maak nog een nie saak nie, wat julle dan weer ter gedagtenis aan julle Olympus en julle Pantheon kan toevoeg. Maar by ons Judeërs is dit heeltemal anders. Ons kan ons by die messias wat moet kom vir onsself maar net `n magtige profeet voorstel, van die grootte van Moses of EliJaH, wat in elke geval die geestelike krag sal hê van `n hoëpriester en ook die van `n koning, soos wat Dawid eens was, maar dat die beloofde Messias die ou JaHWeH Self moet wees, of op sy minste `n egte seun van Hom, is ondanks alle werklike buitengewone tekens wat Hy ons nou laat sien, vir ons Judeërs wat met die ou wet te maak het, moeilik aanvaarbaar.

[4] Hy sê weliswaar dat hulle wat in hom glo die ewige lewe sal hê; maar dan sou die ou JaHWeH Homself tog ook eers moet laat hoor, en aantoon dat hierdie Nasarener werklik Sy Seun is, en dan moet Hy die ou wet wat ons vreeslik druk, ophef, dan sal ons graag in plaas van aan één, wel aan twee gode glo. Maar so-iets gebeur nie, ten minste nie sigbaar en hoorbaar vir ons nie, en daarom bly vir ons voorlopig jammer genoeg niks anders oor as om by die ou wet te bly nie.'

[5] Die Romein sê: 'Jy het nou weliswaar baie gepas gepraat, maar ons Romeine weet maar al te goed hoeveel waarde julle aan die ou wet heg. Dit gaan vir julle maar net oor die opbrengs van julle godsdiens en julle tempel. Elkeen van julle verkoop vir JaHWeH, sowel as Moses en die ander profete vir `n paar ponde goud en silwer! As dit nie so was nie, sou julle die Samaritane nie gehaat en vervolg het omdat hulle julle nuwe voorskrifte nie aangeneem het nie, maar vas by Moses en die ander profete gebly het!

[6] Kyk, ons is weliswaar Romeine, maar ons weet in Rome alles oor die toestande in ons Asiatiese lande! En dus weet ons ook baie presies dat julle wel uiterlik vir die volk priesters is, maar innerlik ateïste, nog erger as ons sinici en Epikuriste (om lekker te kan lewe), Julle glo aan geen enkele God nie en staan daarom ook steeds klaar om in die geheim die grootste en gruwelikste misdade teen elke burgerlike - en nog meer teen elke goddelike wet te pleeg. As julle nie vir ons wêreldse wette, wat altyd onverbiddelik streng gehandhaaf word, sou teruggedeins het nie, sou daar sekerlik lankal geen lewe meer vir julle gewees het nie.

[7] Dat julle nou hierdie ware Elohimmens nie soos Die Ene wat Hy ongetwyfeld is, wil aanvaar nie, kom nóg deur julle JaHWeH nóg deur Moses, maar slegs deur die angs wat julle aansien en groot inkomste wat daardeur sou kon verminder. Julle is in julle gewetenloosheid maar al te bly dat julle elke vonkie van geloof in `n God kwyt is! Nou moet julle opeens weer baie ernstig aan `n God gaan dink, - wat vir julle gevoellose gewetes wel baie lastig sou wees! En daaraan dink julle beslis nie! Maar één ding kan julle nie onverskillig laat nie, en dit is sonder meer dat daar nou so baie mense sal wees wat in hierdie waaragtige Elohimmens glo, en wat daardeur wys en verstandig sal word en hulle dan tog van julle sal afkeer. En dan sou ek ook vir julle wil sê: Hinc ergo illae lacrimae?* Na my mening het ek julle nou maar net openlik die volle waarheid gesê het; maar desondanks kan julle doen wat julle wil!' *(Vandaar dus die trane! D.w.s. Dit is die rede)

[8] Na hierdie energieke toespraak van die Romein, wat Ek hom, goed herkenbaar, in die mond gelê het, was een van die twee weerbarstigste Fariseërs heeltemal verbouereerd en van woede weet hy nie wat hy vir die Romein moet sê nie.

[9] Maar toe sê `n ander, wat gelowiger was en heimlik in My begin glo, vir die Romein: 'Beste vriend! Jy het ons tog wel `n bietjie te kru afgeskilder! Daarmee wil ek nie sê dat daar miskien nie sulke mense by ons is, soos wat jy beskrywe het nie; maar ek en nog die meerderheid hoort egter nie daarby nie. Ons glo nog vas in die ou JaHWeH en die profete! Ons het die nuwe voorskrifte nie verdag en tot niet gemaak nie; ons moet hulle egter wel hou, omdat hulle nou eenmaal daar is. Ons is egter van mening dat hulle nooit kon ontstaan het as JaHWeH nie daarmee ingestem het nie; want in die ou tye mag die priesters tog niks aan die ou wet verander het nie. En as iemand dit gewaag het, dan was daar dadelik al die strafroede en ook die profeet wat dit aankondig. Maar nou is reeds lank meer geen sprake daarvan nie. God moet tog wel heeltemal instem met die nuwe voorskrifte van die tempel, omdat Hy Hom gladnie aan ons kenbaar maak en ons ook geen aanvaarbare profeet stuur nie.

[10] Ons Galileër hier het weliswaar alle kenmerke van `n profeet, en ons sou hom ook as profeet aangeneem het, as hy maar nie as sodanig in Galilea sou opgestaan het nie. Dieselfde was ook met Johannes die Doper die geval. Sy woord het heeltemal soos die van `n egte profeet geklink; maar verder was hy ook `n oer-Galileër, en daarom kon ons, as mense wat in die Skrif glo, tog nie sonder meer aanneem dat hy `n egte profeet was nie. Origens is dit wel waar dat beide geen gebore Galileërs nie, maar gebore Judeërs was; maar in die Skrif word nie die geboorte nie, maar die opstaan as egte profeet bedoel. Omdat daar dus staan dat geen profeet uit Galilea sal opstaan nie, kon ons ook nie so maklik soos u dink, aanneem dat dit heeltemal egte en ware profete kon gewees het nie. En u kan daarom nie vir ons kwaad word as ons sê dat ons eers nog baie sal moet ondersoek voordat ons die Násarener as profeet kan aanvaar. Daarna kan ons eers sien hoe dit daar met die Messias uitsien. U het tog self gesê dat u, Romeine, alles eers goed ondersoek en daarna eers die goeie behou! Doen ons dan verkeerd as ons u wyse raad opvolg?'

[11] Die Romein sê: 'O, dit sekerlik nie! Maar hier is niks meer wat nog ondersoek moet word nie, hier heers die volle en onmiskenbare waarheid, wat net iemand wat volslae blind is, nie kan opmerk nie, omdat die blinde ook nie die son om twaalf uur smiddags sien nie.

[12] Ons Romeine en Grieke hoort beslis nie tot die baie liggelowige mense nie en is skerpsinnig genoeg om `n mens wat ons iets uitsonderlik laat sien, van alle kante te toets. Ook in die sfeer van die magie is ons heeltemal deurknie, en sowel die Egiptiese asook die Indo-Persiese geheime is beslis nie aan ons onbekend nie; maar dinge soos wat hierdie Man doen, met Sy woorde en onderrig daarby, het geen mens nog ooit gedoen of gepraat nie. En dit is tog vir elke vrydenkende mens bewys genoeg wat vir hom moet sê: 'Kyk, hierdie is geen mens meer nie, maar `n God, aan wie ons die hoogste eer verskuldig is!' Dan kom dit nie meer daarop neer dat mens dit maar net glo nie, maar dat mens kom, sien en die onmiskenbare God aanbid en liefhet!

[13] Maar die waarheid herken slegs hy, in wie die waarheid al tuis is; wie die lig van die siel egter nie het nie, kan ook, net soos julle, die lig nooit herken nie. Julle wil die werke en wat hierdie Elohimmens leer, ondersoek?! Dan vra ons Romeine julle waarmee wil julle dit doen. Wie Hom vooraf wil toets, moet self allerlei kennis en vaardighede grondig sy eie gemaak het. Maar waar het julle dit ooit vir julleself julle eie gemaak? In julle verroeste tempel sekerlik nie, - en verder was julle ook nêrens heen gewees waar julle iets goed, nuttig en deeglik kon leer nie. Julle ou Skrif verstaan julle nie en julle nuwe Skrif is geen stuiwer werd nie. En wat ken julle nog meer?! Omdat julle dus baie seker niks anders verder ken nie, hoe en waarmee wil julle dan hierdie Elohimmens toets? Sê self eers of ons Romeine julle nie heeltemal deur die ore het nie!'


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205