Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 212

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Agricola verklaar die voorspelling uit JeshaJaH

212 Die Romein gaan nou oor tot die tweede vraag en sê: 'Let op! Die tweede vraag lui duidelik: Wat is volgens julle die betekenis van die teks uit dieselfde profeet, wat lui:

[2] 'Die volk wat in die duisternis gewandel het, het `n groot lig gesien en bo hulle wat in die duister land woon, skyn dit helder.'

[3] Waar is die volk wat in die duisternis wandel? Waar is die duister land, en wie is die lig? Gee tog antwoord op hierdie baie maklike vraag!'

[4] Die sluwe Fariseër besef goed wat die Romein deur hom gesê wil hê en hou daarom weer sy mond.

[5] Maar toe die Romein hom nogmaals aanspoor om te praat, sê die Fariseër: 'Dit is alweer `n vraag wat slegs in die tempel beantwoord kan word, en daar ook maar net onder vier oë en agter geslote deure. Daarom kan ek geen antwoord hierop gee nie.'

[6] Die Romein sê: 'Ek sien dat jy hier baie duidelik `n onwaarheid spreek. Kyk, ek het selfs in Rome in die openbaar deur een van julle apostels al julle profete hoor voorlees en uitlê, en ook gladnie so sleg nie! Die apostel het sy voordragte byna vir `n hele jaar in die openbaar gehou, en by hulle wat hom persoonlik alles dieper en duideliker wou laat uitlê, het hy aan huis gekom en hom onderrig gegee vir `n bedrag deur homself bepaal. Ek self het my volle drie jaar privé (voorreg) deur hom laat onderrig. Die apostel was volgens wat hy gesê het, ook `n priester uit julle tempel. Waarom kon en mag hy dan baie ver buite julle tempel die profete aan ons Romeine uitgelê het en waarom nie nou jy nie? Kyk, dan sal ek jou ook nou weer die ware rede sê waarom jy hierdie teks nie wil uitlê nie! Luister! Jy is bang vir die volk hier, - alhoewel jy vir God, aan wie jy nie glo nie, glad nie bang is nie! Want die volk weet dat hulle die volk is wat deur julle, skrifgeleerdes in die duisternis gehou word, en dat dit ook juis die land is, wat deur julle al sedert `n lang tyd duister gemaak was.

[7] Maar daar aan die tafel sit die groot Lig wat nou baie goed deur die volk gesien word, want dit skyn baie helder in die duister land. As die volk egter die lig uit God goed sien en daardeur baie bly is, waarom sien julle dit dan nie? Julle wil dit nie sien nie, omdat julle vol hoogmoed, vol selfsug en vol onbegrensde heerssug is, en wil hê dat son, maan en alle sterre en die hele wêreld hom onder julle septer sal buig. Daarom sal egter ook binnekort met julle gebeur wat die aangehaalde groot profeet juis oor julle voorspel het toe hy in die tiende hoofstuk vanaf vers 16 sê:

[8] 'Daarom sal die JaHWeH van die Skeppingsleërmag dorheid (julle starheid) stuur te midde van Sy gegoede (wat julle is), en Sy glansrykheid (Sy groot mag en wysheid) sal Hy voor julle ontsteek (soos wat juis hier die geval is), sodat hy sal brand soos `n magtige vuur.'

[9] Die Lig, wat daar by ons sit, is nou die vuur in Israel, en Sy Heilige daar is die vlam en die sal julle soos Sy dorings en struikgewas ontbrand en verteer op één dag. Die ou heerlikheid van Sy bos en Sy veld sal verdwyn. Wie Sy bos en Sy veld is, hoef ek julle waaragtig nie van naderby uit te lê nie! Van julle siele tot op die laaste vesel van julle liggaam, wat nou julle ware god is, sal vir julle vernietig word en julle sal smelt soos botter in die son en verdwyn soos `n oggendnewel in haar strale. Julle as die oorblywende bome van Sy bos sal maklik deur `n seun getel en opgeskryf kan word.

[10] Kyk, ek as Romein verstaan julle Skrif beter as julle, die vernaamste Judeërs in die middel van julle land en in die middel van julle Elohimstad! Maar daaroor gaan dit nie nou nie. Die weddenskap is afgesluit en `n Romein trek hom nie terug van dit waaroor hy onder getuie gewed het nie. Die tweede vraag is ook verlore, en dus gaan ons nou na die derde!'

[11] Die Fariseër sê: 'Verloor ons nou al omdat ons die eerste twee vrae nie kon beantwoord nie?'

[12] Die Romein sê 'O, julle het nie met iemand te doen wat op wins uit is nie! As julle slegs één van my tien vrae goed kan beantwoord, het julle die weddenskap gewen! Maar ek vra julle wat ek wil. As julle vervolgens vir my wil vrae stel - soos wat ons dit afgespreek het, - dan sal ook ek julle nie voorskryf waaroor julle my moet vra nie. En daarom nou na die derde vraag!

[13] Kyk, ek las in JeshaJaH die twaalfde hoofstuk by, en daar staan:

[14] 'In dieselfde tyd (wat daar nou is) sal jy (Israel) sê: Ek dank U, o Heer, dat U toornig op my gewees het, en dat U toorn afgewend is en U het my vertroos. Sien, God is my heil, ek sal vertrou en niemand vrees nie; want JaHWeH God is my sterkte, my Psalm en my heil. Ek sal met vreugde water (wysheid en lewe) skep uit die bron van heil (die liefde van die Heer), en julle volke sal in dieselfde tyd sê: Dank die Heer, predik Sy Naam (woord van die lewe), maak Sy werke bekend onder die ander volke, verkondig dat Sy Naam (die woord van God) so groot is! Sing vir die Heer `n lofsang, want Hy het Hom heerlik vertoon! Laat dit bekend word in alle lande! Juig en prys jouself, inwoonster van Sion (die agtergeblewe kennis (kinders) van die Judeërs), want die Heilige van Israel is by jou!'

[15] Wel, blinde vriend, wat sê jy van hierdie buitengewone ontboeseming van die groot profeet? Tot wie is dit wel gerig? Wys alle tekens nie onomstootlik daarop dat die Heilige onder Israel is nie?'

[16] Toe kyk die Fariseër die Romein heeltemal verward aan en sê na `n oomblik: 'Vriend, sê my tog, waar en wanneer het jy jou ons Skrif so goed jou eie gemaak! Jy ken alle profete so goed asof jy `n skrifgeleerde uit die tempel is! Ek ken die hoofstuk wel baie goed, maar dit het `n suiwer geestelike betekenis en het na my mening heeltemal niks te make met ons teenswoordige tyd nie. Dit is heel gebruiklike, geestelike, lofprysinge van `n profeet, wat gladnie geskik is vir `n gewone mens nie. Dit is `n soort Psalm vir God, die Heer.'

[17] Die Romein sê: 'Vriend, dan is jy erbarmlik sleg ingelig! Ek as heiden sê vir jou dit wat nou reeds honderdduisende vir jou sal sê: Die Heilige van Israel sit daar aan die tafel by hulle wat baie goed en nog baie beter op hoogte is van wat ek jou sover gesê het! Jy weet nou, soos wat ek jou ondubbelsinnig bewys het, dat jy sedert jou kinderjare nooit in `n God geglo het nie. Wat verhinder jou dan nou om in hierdie ware Heilige Israeliet te glo, wat die enige is van wie jy die ewige lewe kan ontvang?'

[18] Die Fariseër sê: 'Ek is nie die hoogste in rang in die tempel nie, en ek het gesweer om my te hou by dit wat die hoof van die tempel my opdra; want daarvan hang my bestaan en my veiligheid af. As my beroep deur die een of ander God nie goed gevind was nie, dan kon Hy met Sy wysheid en almag baie maklik verhinder het dat ek geword het wat ek nou is; maar omdat Hy dit egter nie verhinder het nie, is ek dit wat ek is, en praat en doen ek wat die tempel aan my opdra. As ek daardeur `n onreg doen, dan is God Self- as Hy mag bestaan - daaraan skuldig, omdat Hy my dit laat word het. En omdat ek dit nou eenmaal is en my wêreldse versorging daardeur gevind het, bly ek ook dit wat ek sonder my skuld en sonder dat ek iets daaraan kan doen, geword het.

[19] Ek weet maar al te goed dat ons Moses en alle ander groot en klein profete niks anders is nie as beelde uit die fantasieë van talle ou priesters nie, en dat geen enkele woord waar is oor `n moontlike godheid nie -heidens of joods; - maar die dweepsieke mense het nou eenmaal in hulle niksseggende fantasie `n God uitgedink, en het vir ons daarmee vir die liggelowige volksmenigte `n erfenis nagelaat, en ons dwase kultiveer en hou hierdie oermenslike onsin in stand solank dit gaan. As die sisteem van ons eenmaal aan die wankel sal raak, sal ons die onderspit delf, - wat vir my nou maar reeds al te duidelik is.

[20] Daarna sal die leer van hierdie baie wonderbare mens hoogswaarskynlik vir `n tyd lank voortwoeker; maar uiteindelik sal ook dit dieselfde lot te wagte wees. Want alles wat die sterflike mens oprig, vergaan net soos hyself; slegs dit wat `n ewige onbekende God geskape het, bly ook ewig dieselfde, soos byvoorbeeld die son, maan, sterre en hierdie aarde. En nou het jy dus van myself gehoor dat ek persoonlik in niks glo nie, maar die ou dinge en sake ter wille van die arme volk regop hou, omdat daar andersins onder die volk die grootste barbaarse toestande sou uitbreek waardeur alles ten gronde sou gaan, omdat daar nou, ondanks al ons waaksaamheid, al soveel gebeur het wat die mensdom beslis nie tot eer strek nie.

[21] Daaruit kan jy goed sien dat ek in niks glo nie, en wel die allerminste in so `n God wat eers aan die mense van hierdie aarde wette sou gegee het. As daar `n God sou bestaan wat alles uit Homself sou geskape het, sou hy deur die mag van Sy wil belangrike wette in die natuur vasgelê het, maar dat so `n wese ooit vir `n mens bepaalde morele wette sou gegee het, glo ek myself slegs daarom nie, omdat Hy eens in die oudheid slegs aan één mens vir alle mense wette gegee het, terwyl alle mense tog volgens my gelyk is. Noudat ek dus vir jou laat sien het hoe ek is en wat ek dink, vra ek jou om my geen vrae meer uit ons Skrif te stel nie, want ek glo nie in die egtheid daarvan nie!'


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205