Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 22

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Die valse leraars van die Evangelie

22 Toe vra DIE STUDENTE: “Heer, hoe sal dit moontlik wees? Want ons sal dit gee soos wat ons dit ontvang het en hulle wat dit van ons sal ontvang, sal dit nie verontreinig nie. Daaraan sal U Goddelike hulp uit die hemele immers alles kan doen!”

[2] EK sê: “Dit begryp julle nou nog nie! Daar is in die aarde, op die aarde en in die lug, boosaardige geeste wat nog nie uitgesuiwer is nie, wat steeds daarop uit is om die vlees van die mens te bemagtig. Hulle is noodwendige uitwasse van die ou oordeel van die aarde, wat na gelykgestemdes soek onder die kinders van hierdie wêreld en hulle sintuie heimlik benader. Dit vind die kinders van hierdie wêreld aangenaam en hulle volg die geheime verlokkinge van sulke geeste.

[3] Sulke kinders van die wêreld gryp dan alles aan wat maar die aandag trek in hierdie wêreld. Omdat hulle egter nie die ware gees het nie, juis vanweë die feit dat hulle kinders van hierdie wêreld is, stel hulle die sake waarmee hulle dink om baie aardse goedere te verkry, volgens hulle eie (geestelike) blindheid en wêreldwysheid met groot uiterlike praal en uiterlike waardigheid en prag op en lok dan talle, ook beter geeste na hulle toe.

[4] Sien, dit is dan alreeds `n groot en growwe verontreiniging van `n nog so suiwer leer! En omdat die suiwer leer slegs baie min aardse voordele bied, maar net geestelike, terwyl die onsuiwere leer benewens die voorgegewe, geestelike goedere sy aanhangers veral die sekere vooruitsig gee op groot aardse voordele, sal julle wel so ongeveer begryp hoe die suiwerste leer ook na verloop van tyd verontreinig kan word.

[5] Wees dus op julle hoede! Want mettertyd sal nog tydens julle aanwesigheid op aarde, talle valse profete en leraars opstaan en uiters hard en vrypostig skreeu:”Kyk, hier is die Messias(Christus) (waarheid uit God), en daar is Hy!” en sal selfs op die manier van die Essene groot tekens doen en wel sodanig dat hulle, as Ek dit sou toelaat, selfs julle, uitverkore eerste studente, sou verlei. Luister nie na hulle nie, maar bestraf hulle in My Naam vanweë hulle leuens en maan hulle tot deemoed en die aanneem van die waarheid uit God, dan sal julle en julle ware studente die suiwere weg bewandel!

[6] Die tekens waaraan julle hulle heel maklik sal herken, is: Grootpratery, groot en growwe aanmatiging van Goddelike kragte, wat hulle nooit gehad het en op hierdie wêreld nooit sal hê nie, verder groot glans, groot prag en mistieke praal soos by die heidene en `n uitermate groot heerssug en eweneens `n onversadigbare sug na die skatte en goedere van hierdie wêreld. Aan hierdie behoorlik tasbare kenmerke sal hulle hopelik tog nie moeilik te herken wees nie."

[7] Toe sê ALMAL en ook die studente: “O, solank ons op die wêreld is, sal ons hulle wel herken; daarna kan ons eie studente hulle wel self op gelyke wyse beoordeel en as sodanig herken, en U sal U ware studente tog nie in die steek laat nie!”

[8] EK sê: “Ek sal in die gees by hulle bly tot aan die einde van hierdie wêreld! Maar vir vandag is dit genoeg aan tekens en lesse.

[9] Van nou af aan sal Ek gedurende die hele winter, behalwe die genesing van siekes, geen ander tekens meer doen en geen onderrig meer gee nie; want nou het julle aan dit wat julle reeds ontvang het, voldoende daarvan. As julle iets nie verstaan nie, dan is Ek by julle. Julle, My studente, moet egter gedurende hierdie tyd hierdie nuwe studente af en toe onderrig! 

[10] Môre en die res van die dae tot aan die Sabbat sal ons hier in hierdie huis rus; maar op die Sabbat sal ons na Bethlehem gaan en daar `n aantal siekes genees. Daarna sal ons `n paar dae by ons herbergier deurbring en vervolgens ook by My Lasarus en so beurtelings tot die helfte van die winter. Daarna besoek ons vir Kisjonah en kom vir die Pasga weer hierheen. Dan sal ons weer met `n groot geselskap en nuwe studente na Galilea gaan, waar Ek opnuut sal gaan onderrig en werksaam sal wees.

[11] Maar bring nou lampe, dan sal ons by brood en wyn vrolik wees en ook dadelik ons nagrus aan hierdie tafels geniet!” 

[12] Met hierdie voorstel was elkeen dit eens, niemand het egter enige slaap bespeur nie en dus is daar tot na middernag oor alles gespreek, wat egter geen waarde vir die mensdom in die algemeen gehad het en kan hê nie; Self het Ek meermale met mense wat vir My lief was, allerlei aangeleenthede bespreek en Ek het hulle in allerlei huishoudelike sake raad gegee, wat natuurlik nie in die Evangelie tuishoort nie. Ook het My studente dit gedoen, wat hulle by die mense baie gesiene en geliefd gemaak het; want dit is ook naasteliefde as mens die besorgde en onkundige mense in allerlei goeie en nuttige sake met goeie raad bystaan.

[l 3] Die oggend was ons alreeds `n halfuur voor sonsopgang weer op. Baie gou is `n ligte ontbyt genuttig, waarna ons na buite gegaan en oor allerlei dinge gespreek het. En so het dit tot aan die Sabbat gegaan.

[14] Ons het ook verskeie bure van Lasarus besoek, wat baie vreugde daaraan gehad het om My te sien en te spreek; maar onder hierdie bure het ons egter geen enkele een gevind wat `n vriend van die tempel was nie.

[15] Die twintig Judese Grieke is egter nie herken nie, hoewel hulle baie oor die intriges van die tempel vertel het en hulle daardeur baie geliefd by die bure gemaak het.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205