Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 228

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Naasteliefde, kennis en liefde van God

228 (Die Heer): 'Daar staan weliswaar geskryf dat mens hom, wat jou iets kwaad aangedoen het, sewe maal volledig moet vergewe; maar Ek sê vir julle: sewe-en-sewentig maal sewe maal sal jy jou belediger vergewe, voordat jy hom voor die regter sal laat aankla! Verbeter hy hom ook dan nie, verstoot hom dan uit die gemeente! Wie egter nie tel hoe dikwels iemand hom beledig het nie, die sal ook nie in die hemel aangereken word hoe dikwels hy teenoor God gesondig het nie.

[2] As iemand jou vir `n guns vra, bewys hom dan met vreugde nog meer as waarvoor hy jou gevra het! As iemand byvoorbeeld in die winter by jou kom en jou vir `n bokleed vra, omdat jy `n aantal boklede het, gee hom dan ook nog `n mantel daarby; en as iemand jou vra om `n uur saam met hom te gaan, omdat hy die weg nie ken nie, gaan dan twee uur saam met hom, sodat jy hom meer liefde bewys as wat hy jou gevra het! Wat jy meer vir iemand gedoen het, sal jou in die hemel tien-, dertig- en ook honderdvoudig vergeld word.

[3] Hoe groter die naasteliefde is waarmee iemand sy behoeftige medemense help, soveel te meer sal dit hom weer vergeld word. Julle moet dit alles goed bedink en daarvolgens handel, dan sal julle as waaragtige kinders van God die ewige lewe hê en vir ewig sy onmeetlike skatte oes! Ek sê vir julle: `n Son vir hulle, wat uit ware naasteliefde met sy naaste en arm broer ook maar `n penning gedeel het!'

[4] Toe sê die Fariseër, wat nou al baie gelowig was: 'Heer, wat moet iemand met `n son doen?'

[5] Ek sê: 'Is die son nie die lig van die dag nie, en verwarm sy nie die hele wêreld en maak sy nie deur haar lig en haar warmte dat alles groei en bloei op aarde nie? As Ek egter sê :'`n Son vir diegene wat My leer in alles navolg!', dan bedoel Ek daarmee geen stoflike son nie, maar `n volledige geestelike son in sy hart, wat dieselfde is as die volledige God-gelykheid van sy siel. - Verstaan jy dit goed?

[6] Bowendien sê Ek nog vir jou, dat wanneer sulke sielegeeste, wat volledig aan God gelyk is, ook die natuurlike sonne moet gaan bestuur, wat oneindig baie sê; want daardeur kry hy ook die opperste leiding oor alle aardes wat om `n son wentel. En aan nog ander, meer volmaakte kinders van God, sal die volledige leiding van die sentraalsonne in hulle hande gegee word, waarvan die leiers van die kleinere planeetsonne by besondere geleenthede hulle riglyne vanaf sal kry. Maar om dit te kan wees, moet mens eers `n volledige, hele geestelike son in sy binneste berg.

[7] Want wat jy ook maar sien, dit word alles deur geeste gelei, omdat hulle van God af die bekwaamheid daarvoor kry. En die saligheid van elke gees lê in die feit dat hy so deur God voorsien word met alle krag en mag, om God dienend besig te kan wees.

[8] Aan julle almal op hierdie aarde is slegs iets gering toevertrou; maar wie in die kleine getrou is, sal eendag oor iets groots aangestel word. Maar Ek sê ook vir julle, dat niemand God en Mammon tegelykertyd kan dien nie; nóg die een en nóg minder die ander is tevrede met `n halwe diens. -Verstaan jy dit?'

[9] Die Fariseër sê: 'Heer, dit verstaan ek nou al baie goed; maar ek het in my huidige funksie baie van Mammon verwerf. Wat moet ek daarmee doen?'

[10] Ek sê: 'Soos wat jy dit verkry het, so moet jy dit ook weer verdeel onder hulle wat dit nodig het! Want wie egter My leerling en volgeling wil wees en ook sal wees, sal, as hy dit in alle erns wil, geen bekommernis hoef te hê vir die komende dag, wat hy sal eet en drink en waarmee hy homself sal klee nie, maar laat hy slegs ywerig die ryk van God en Sy Geregtigheid soek! Al die ander wat hy nodig het om te lewe, sal hom daarby gegee word; want die Vader in die hemel weet altyd wat Syne nodig het. Hy, wat die gras op die veld voed en alle diere hulle voer en hulle bekleding gee, sal vir die mense, wat in Sy liefde en in Sy welbehae wandel, tog nog meer versorg; want so `n mens is meer werd as alle plante en alle diere van die hele wêreld. - Verstaan jy dit?'

[11] Die Fariseër en die ander ses sê: Ja, Heer, ook dit verstaan ons nou en ons sal ook dit doen wat U ons nou so wyslik aangeraai het. Slegs hier in Jerusalem kan ons dit voorlopig nie so maklik kan doen nie; maar ons neem alles saam wat ons het en dan sal ons nog wel genoeg geleenthede vind waar ons U raad sal kan toepas, - want die aarde is orals van God en die mense beslis nie minder nie! - Heer, is dit goed?'

[12] Ek sê: 'Dit kom egter nie daarop aan of julle hier of êrens anders die armoede bekamp nie, maar daar aan die tafel, waar die vrou sit wat Ek vandag uit die geil kloue van die tempel gered het, sou `n weldaad van pas wees. Die vrou en haar man is arm, en die ander manne aan dieselfde tafel ook. Gee die honderd pond wat julle verloor het, maar aan Lasarus, dan sal hy, as My ware broer, daarvoor sorg dat hierdie armes `n behoorlike bestaan daardeur kan lei!'

[13] Die Fariseërs sê: 'Heer, nie slegs die honderd pond nie, maar ons sal duisend pond goud aan Lasarus daarvoor gee, en daaroor kan hy volgens U wil beskik. Want die lig wat ons van U gekry het, is eindeloos meer werd, en U geduld met ons is ewig onbetaalbaar! Dit is maar goed dat ons nie almal in die tempel woon nie, omdat ons self baie ryk is en daarom kan ons met ons privaatgeld en -skatte doen wat ons wil. Die taamlike hoë inlêgeld in die tempel is natuurlik sonder meer weg. Want ook al reis ons erepriesters as sendelinge, dan hoef ons tog geen vergoeding van die tempel te verwag nie, - maar die tempel ook van ons niks meer as wat hy alreeds het nie; en dus sal ons nog vannag die geld aan Lasarus besorg. - Is dit reg so?'

[14] Toe sê Ek: ' Om My nog meer daaroor te vra is heeltemal onnodig; want julle sal nou goed kan insien dat elkeen meer verdienste verwerf, namate hy meer wil offer en namate hy dit meer met ware liefde tot God en die naaste doen. Volg dus julle goeie wil en dit sal julle vergeld word!'

[15] Daarop vra die sewe of daar `n aantal sterk manne is, wat by die vrou aan tafel gesit het, wat saam met hulle sou gaan om die geld te dra. Toe staan almal, in totaal twee-en-sewentig man, op en gaan saam met die sewe en bring die duisend pond swaar goud binne `n uur. Toe hulle almal in die saal was, lê hy op My aandrang die goud in honderd swaar sakke aan die voete van Lasarus, en Lasarus bedank My eers dat Ek hom die barmhartigheid waardig ag om so vir die armes te mag sorg, en daarna eers prys hy ook die teruggekeerde sewe manne, wat My ook in hulle hart herken het.

[16] Ook die armes dank My en een van hulle sê: 'Heer, as ons ook U leerlinge sou kon word, dan sal ons afsien van hierdie buitengewone ondersteuning; want dit is beter om U leerling te wees as om al die goud van die hele wêreld te besit! Want vir wie U sorg, o Heer, hulle is vir die hele ewigheid goed versorg!'

[17] Ek sê: 'Dit is nie hierdie nag die tyd om daaroor te praat nie, maar daar kan nog enigiets gebeur, omdat Ek eers vandag oor sewe dae Jerusalem vir `n wyle sal verlaat. Bespreek egter nog later met My ou leerlinge die hoofinhoud van My leer; wat julle nie weet nie, sal julle op die oomblik dat julle dit nodig het, in die mond gelê word.

[18] Maar nou sê Ek vir julle almal: Omdat Ek vandag so `n goeie oes gehad het, is Ek daarom ook bly, en daarom sal ons gedurende hierdie nag opbly en tog sal elkeen van julle môre so versterk wees asof hy die hele nag goed geslaap het. Maar ons sal tot die oggend toe nog `n aantal sake behandel, wat julle op `n hoër stand van die kennis van God sal bring; want om God so goed as moontlik te leer ken, is vir elke mens die belangrikste.

[19] Want wie God nie goed ken nie, kan nooit volmaak in `n God glo nie, en Hom nog minder bo alles liefhê nie en dus ook nooit volledig deel hê aan die Gees van God nie. Want uit `n onware kennis van God kom mettertyd, as gevolg van die vrye wil van die mense, allerlei soorte dwalinge onder die mense, wat dan as `n duisendkoppige hidra* voortwoeker, wat mense tot afgodsdienaars maak en hulle die poort tot die ware, ewige lewe versper, sodat hulle dan aan die ander kant moeilik as siele ooit kan binnekom; want wat `n siel hier binne `n dag vir haar lewensvervolmaking kan doen, kan sy aan die ander kant dikwels nie in duisende aardse jare doen nie. My ou leerlinge het al wel baie uitgebreide kennis oor God; maar julle nuwelinge is nog swak daarin, en daarom wil Ek julle daarin versterk.' *(hi´dra, - Veelkoppige, onsterflike waterslang (mit.); draak, gedrog)

[20] Almal sê: 'Heer, doen dit en hou niks vir ons agterweë nie; want ons smag daarna soos verdorde gras na lewebringende reën!'

[21] Ook die Romeine sê: 'Ook ons, - soveel te meer omdat ons nog volledig nuwelinge is in hierdie belangrikste kennis van alle kennis!'

[22] Ook Petrus sê: 'Ook vir ons oudstes sal dit van groot nut wees; want ook ons staan nog gladnie so stewig daarin nie!'

[23] Ek sê: 'En waaroor het julle dan nog moeilikheid?'


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205