Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 23

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Die Heer en Sy mense in Bethlehem. Genesing en versorging van baie siekes

23 Vroeg die oggend van die Sabbat, het ons onsself voorberei om te vertrek en na Bethlehem gegaan. Daar was `n fees en sodoende was daar `n groot aantal arme, gebrekkige mense wat aan allerlei kwale gely het, wat om en buite die poorte van die stad gelê en om `n aalmoes gevra het.

[2] LASARUS, wat met ons saamgegaan het, sê: “Heer, sien tog hierdie menigte arme mense! En hoe beklaenswaardig sien hulle tog nie daaruit nie!”

[3] Daarop sê EK: “Baie onder hulle is deur die Fariseërs in hierdie ellende en armoede gestort; daarom word toegelaat dat hulle nou bedel. Straf, verdriet, ergernis en heimlike toorn en grimmigheid het uiteindelik sulke gebrekkige mense van hulle gemaak. Ek het nou juis hierheen gekom om hulle liggaamlik te help, sodat hulle in die vervolg tog hulle brood met hulle hande kan verdien.”

[4] Sommiges het ons om `n aalmoes gevra.

[5] Maar EK sê aan hulle: “Sou julle nie liewer met eie hande julle brood wil verdien nie, as om hier so ellendig te bedel?”

[6] Toe sê ALMAL: “O Heer, wie U ook al mag wees, dit sou ons duisendmaal liewer wil doen as ons maar soos vroeër, gesond sou gewees het! Maar kyk na ons voete en hande en oordeel dan self of ons moontlik tot werk in staat is!”

[7] EK sê: “Ja, dit sien Ek goed; Ek wou daarmee egter maar net vra of julle nie liewer heeltemal gesond sou wou word nie en dan liewer sou werk, as om hier so ellendig te moet bedel!”

[8] Daarop sê ALMAL: “O mens, as dit moontlik sou gewees het, dan sou ons dadelik opgestaan en op weg gegaan het om werk en brood te soek!”

[9] EK sê: “Julle weet tog dat dit vandag Sabbat is en dat dit dan miskien nie so vanpas sal wees om julle van julle talle ou kwale te genees nie!”

[10] DIE ARME MENSE sê: “Heer, ons is goed voorgeligte Judeërs, - maar daarvan is aan ons niks bekend dat Moses of watter ander profeet dan ook ooit verbied het om op die Sabbat `n goeie daad te verrig nie! As mens op die Sabbat selfs `n siek dier mag help sonder om daardeur die Sabbat te ontheilig, waarom sou mens dan nie `n mens mag help as hy nog geholpe kan word nie?! En waarom hardloop die Fariseërs, as hulle terselfdertyd geneeshere is, ook op die Sabbat na die ryk siekes?! Hulle sou tog wel die beste moet weet of hulle daardeur die Sabbat ontheilig of nie!” 

[l1] EK sê aan hulle: “Julle antwoord is baie goed en nou wil Ek dit doen en sê: Word almal heeltemal gesond!”

[12] Toe het hulle gesien dat hulle gebrekkige ledemate weer heeltemal reg en gesond was en een van hulle, van wie die regterhand vanaf die elmboog weg was, het ook hierdie hand teruggekry. Dit was vir die geneesde mense tog wel ietwat te wonderbaarlik. Daarom het een gevra wie Ek wel was, dat My woord iets kan doen wat die kennis van geen geneesheer kan doen nie.

[13] EK sê: “Dit sal julle nog wel eendag te wete kom, - maar staan nou op en gaan heen en soek werk en brood!”

[14] Toe sê LASARUS aan hulle: “Indien julle nêrens werk vind nie, gaan dan na Bethanië; die meester van die groot landgoed het werk vir honderde!”

[15] Almal het daarna opgestaan, gedank en weggegaan.

[16] Dieselfde teken van genesimg is ook by die ander ses poorte van die stad verrig; want die ou stad van Dawid het sewe poorte gehad, waaronder drie groot en vier klein poorte. By die laaste, groot poort is ons egter deur drie verbygaande Fariseërs gestop en tereggewys, omdat dit nie paslik was om so-iets op `n Sabbat te doen nie.

[17] Maar DIE GENEESDE MENSE het gou opgestaan en met dreigende gesigsuitdrukking aan hulle gesê: “Tien jaar lank het ons ellendige mense voor die poorte gelê en nog nooit het een van julle ons gevra wat ons makeer nie en nog minder het een van julle ons ooit `n aalmoes gegee, - en wil julle nou hierdie egte wondergeneser teregwys omdat hy ons weer ons gesonde en ten dele selfs ontbrekende ledemate teruggegee het?!

[18] Het Moses dan nie gebied om ook op die Sabbat selfs `n siek bees te help nie?! Hoeveel meer sal dit dan wel gebiedend wees om op die Sabbat `n lydende mens te help?! Maak nou dat julle wegkom - andersins sal ons Moses beter vir julle leer verstaan en begryp!”

[19] Hier het die drie wel ingesien dat dit nie juis so baie raadsaam sou gewees het om `n verdere woordewisseling met die geneesde mense aan te gaan nie en hulle het gemaak dat hulle wegkom . Die geneesde mense het hulle dank uitgespreek en toe ook vinnig na Bethanië gegaan, nadat Lasarus hulle eerste `n aalmoes gegee het. En so het Lasarus, wat alreeds lankal te min arbeiders op sy uitgebreide besittings gehad het, ook ongeveer honderd-en-twintig arbeiders gekry, wat hy almal heel goed kon gebruik en met wie hy nie die gevaar geloop het dat hulle, soos wat alreeds dikwels die geval was, deur die tempelpriesters van hom weggelok kon word nie.

[20] Ons het ons ook gou verwyder en na `n ander plek gegaan, wat ongeveer twee uur van Bethlehem was en meestal deur Grieke en Romeine bewoon was. Daar het ons `n goeie herberg gevind en binnegegaan.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205