Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 234

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Uitvindings en hulle doel

234 (Die Heer:) 'Kyk, die ou Egiptenare was in staat om sekere spieëls te maak waarmee hulle die sonstrale opgevang het. Alle strale wat op `n groot wiskundig presiese uitholling van so `n spieël neerkom, word deur hierdie hol spieël oor `n afstand van 50-100 manslengtes op `n punt, die grootte van `n kop saamgebundel, wat soveel lig uitstraal dat jy nie daarna kan kyk nie, en die strale ontwikkel daar so `n groot hitte, dat witgloeiende yster daarby vergeleke nog maar koel water is. Die natuurlike gevolg daarvan was dat `n voorwerp waarop die gloeiende punt gerig word, oombliklik aan die brand geslaan en vernietig is, soos wat julle, maar veral die Grieke en die Romeine al wel dikwels gehoor het.

[2] Wel, hoe was dit dan moontlik? - So `n spieël neem `n groot hoeveelheid strale op en gee dit weer baie gekonsentreerd terug, terwyl `n vlak spieël dit maar net weer dieselfde terugkaats wanneer dit op sy oppervlak kom!

[3] As iemand voor `n vlak spieël gaan staan, verskyn hy daarin slegs so groot as wat hy is; sou hy egter voor so `n genoemde hol spieël gaan staan dan sou hy reusagtig groot sigbaar word.'

[4] `n Romein sê: 'Ja, dit weet ek uit eie ervaring; want ek het so `n spieël in Memphis gesien. Hy was gemaak van `n baie harde soort swart marmer en was in mate ongeveer twee manslengtes in deursnee. Die vlak was gedeeltelik al wel ietwat mat, maar oor die geheel het dit nog goed weerkaats, en as mens voor die spieël gaan staan, het `n mens homself as `n kolossale reus daarin gesien. Enkele van ons het dit gesien.

[5] Ook is daar in Rome `n paar mense wat glas maak en dit daarna in allerlei vorme giet, waaronder ook sulkes wat aan beide sye ietwat afgerond is, waarmee `n mens dan `n tontel (droë brandbare materiaal), soos wat dit in Illirië voorkom, of ook droë strooi, goed kan aansteek. Ook die Vestaalse maagde steek hulle lampe, as dit eers gedoof is, met die vuur uit die son aan. As `n mens egter deur so `n glas die een of ander voorwerp, wat natuurlik nie te groot moet wees nie, bekyk, dan sien mens dit baie groter as wat dit in werklikheid is.'

[6] Ek sê: 'Wel, daar het ons dan al die geval met die kykwapens! So `n spieël of so `n glas, natuurlik matematies so suiwer moontlik, is al ten dele `n kykwapen.

[7] Later wanneer, deur die instroming van My Gees, die mense in staat sal wees om sulke spieëls en ook sulke glase van verskillende grootte en brandpuntafstande te maak, sal hulle ook vinnig die vroeër genoemde kykwapens saamstel waardeur hulle die sterrehemel sal bekyk, en sal baie daar ontdek wat tot nou toe, by name vir die meeste Judeërs, verborge gebly het.

[8] En Ek sal dit en nog baie meer in die later tyd deur die mense laat uitvind, omdat dit moet dien en ook sal dien vir die onderdrukking en vir die algehele verdwyn van die valse profete, wat met groot krag en wêreldse glorie sal uitroep: 'Kyk, hier is die Messias(Christus)!' of 'Daar is Hy!'; maar luister dan nie na hulle nie, en ontwyk hulle soos `n pesvlaag! Want alles wat hulle in die skole en tempels sal leer en predik, sal niks anders as bedrog wees nie, wat onder die mense die grootste ellende sal veroorsaak wat ooit in die wêreld was. Want baie mense sal hulle aanhang vanweë die valse tekens en wonderwerke wat hulle sal verrig soos die Essene en die Indiese towenaars.

[9] Daarom sal Ek eers die Gees van Ware Wetenskap en allerlei Vaardighede by die mense opwek en vervolgens ook eers die baie rein Gees van die Waarhede uit die hemele, en alle valse profete, tesame met hulle leier, sal dan kerm en weeklaag, en al diegene na die hel vervloek en op alle moontlike maniere beleër, wat hulle vir ewig die rug sal toekeer. Maar dit sal hulle almal nie help nie; want die ewige ondergang van die leuen bestaan altyd daaruit, dat hy in die gesig van die waarheid tot skande word, soos wat die ys, wat hom so hard as klip sou wil voordoen, maar deur die son in water verander word, waarna dit met sy hardheid en vastheid verby is.

[10] In die hoë noorde van hierdie aarde, waar dit baie koud is, bou die Skithiërs in die winter woonhutte van ys. Maar wat gebeur daar met hierdie hutte wanneer daar, wat weliswaar korter duur, `n baie warm somer kom? Binne enkele dae het al hierdie woonhutte weggesmelt! En net so sal dit in die tyd met die groot, pragtige hutte van die valse profete gaan: Nog voor hulle behoorlik baie daarin sal hê, sal hulle pragtige woonplekke ook al weg wees! - Verstaan julle dit nou goed?'


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205