Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 236

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Die geestelike alomteenwoordigheid van die Heer. Die eerstes sal die laastes wees Waarskuwing teen jaloersheid en hoogmoed.

236 Philippus sê: 'Ja, Heer, as U altyd, soos nou, by ons sal bly, dan sal dit natuurlik goed gaan; maar U sal, volgens wat U al meermale gesê het, maar net `n kort tydjie by ons bly, en dan sal dit nie so effektief gaan soos nou nie, noudat U sigbaar onder ons werksaam is!'

[2] Ek sê: 'Ek sal julle in wese wel verlaat, dit wil sê met die wese van My persoonlikheid, omdat dit moet gebeur om vir julle, net soos vir almal wat deur julle in My sal glo, `n ewige, geluksalige woonplek te berei; maar met My Gees, wat die oneindigheid vervul, sal Ek by julle bly tot aan die einde van die wêreld, en dit nog effektiewer as nou, en julle sal dan nog groter dinge doen as wat Ek nou Self doen.

[3] In wie My leer hom huisves, dus My Lig en daarom die ewige Waarheid, in hom huisves ook My Krag en My Mag. Wat wil julle dan nog meer hê?'

[4] Philippus sê: 'U Self, Heer, omdat ons U bo alles liefhet!'

[5] Ek sê: 'Ook dit sal julle volledig gegee word; want waarlik, Ek sê vir julle: Waar daar ooit slegs twee of drie ernstig in My Naam byeen sal wees, daar sal Ek ook by hulle wees, of wel sigbaar of waarneembaar werkend in die gees, en dit sal tog ook wel My wese wees?!

[6] Kyk, in later tye, soos die mense meer en meer in allerlei wetenskap, pen en kunste bedrewe sal word as hulle nou is, dan sal Ek maar baie selde sigbaar aan hulle verskyn, maar meer intenser werk deur My Gees. En Ek sê vir julle: Hierdie mense sal meer saliger word, omdat hulle dit wat julle nou sien, nie sal sien nie, maar tog sonder om te twyfel sal glo en daarvolgens sal lewe! Julle het My lief omdat julle My sien; die mense in die toekomende tye egter, sal My liefhê sonder om My ooit te gesien het. Hoeseer sal hulle My dan nie liefhê as hulle My in My ryk sal sien nie! Daarom het Ek julle eens `n beeld gegee waarin gesê was: En so sal maklik die eerstes die laastes word, en die laastes die eerstes! Want helaas, daar is meer voor nodig om niks te sien en tog te glo en te lewe volgens die geloof, as om alles te sien en dan eers te glo en daarvolgens te lewe! - Is julle dit nie ook almal van mening nie?'

[7] Toe sê Lasarus: 'Dit is beslis so; want om niks te sien nie en tog rotsvas te glo, is duidelik `n groter verdienste as om al die tekens te sien en al die toesprake en leringe uit die suiwer goddelike mond te hoor, wat iemand met onweerstaanbare krag tot geloof dwing, en dan te glo. En dus sal die swakste in die geloof in U, o Heer, wat tog gewetensvol daarvolgens sal handel, beslis eerder die hoogste hemel verdien, as een van ons, wat die sterkste geloof het, die laagste hemel. O, dit is vir my in elke geval baie duidelik!'

[8] Die leerling Andreas sê toe: 'Vir my nog nie! Wat kan ons dan daaraan doen dat ons juis nou in die wêreld is? Ons sal in hierdie eerste baie kritieke tyd tog las en hitte moet dra, en moet ons dan daarvoor sonder dat dit ons skuld is, die laastes wees? Dit klink egter ietwat vreemd!'

[9] Ek sê: 'Dit klink slegs vir hulle vreemd, wat My woorde nog steeds nie verstaan nie! Wat maak dit saak as mense uiteindelik geag word om voor julle eerstes te wees en julle eerstes niks meer as die laastes nie?! Of sal jy, wanneer jy eenmaal salig in My hemele sal wees, dalk ietwat minder salig wees as die laastes wat net so salig sal wees soos jy? Kyk eers, hoe blind jy nog is!

[10] Ek sê vir julle: Op aarde is daar jammer genoeg naywer, - maar in die hemel sal daarvan ewig niks meer na vore kom nie; want `n afgunstige mens sal nie daar binnekom nie.

[11] In die hemel sal slegs hy die eerste en die grootste wees, wat vind dat hy self die minste en kleinste is; want laat dit julle glorie word, dat julle almal in julle hart aan die kinders gelyk word! Wie in sy hart nie word soos die kinders nie, sal nie in die ryk van God kan binnegaan nie; want die weg na die hemel is `n baie smal paadjie, en is besaai met allerlei dorings. Die grootste doringrige hindernis is en bly egter die hoogmoed en die hele legioen wat daarvan afgelei is.

[12] Laat elkeen hom daarom behoed teen eersug, omdat dit die vader is van die nyd, die selfsug en uiteindelik, as hy voedsel gevind het, van die grootste hoogmoed, wat sy oervaderland in die hel het! - Het jy, leerling van My, dit verstaan?'

[13] Andreas sê: 'O ja, en ek dank U, o Heer, uit die diepte van my hart vir hierdie les van U, wat o, so heilsaam is!'

[14] Ek sê: 'Alles is alweer in orde. Wie daarvolgens handel, sal die ewige lewe oes.'


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205