Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 237

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Hemel en hel

237 Daarop kom die Romein na My toe en sê: 'Heer en leraar, dat alles in die hele oneindigheid van die grootste tot die kleinste aan U bekend is, daarvan is ek volkome oortuig, en niemand kan my hierdie salige oortuiging meer ontneem nie! Maar nou is daar al verskeie kere sprake gewees van die hel, en ek moet eerlik beken dat ek nog steeds nie in die minste weet wat ek eintlik daarvan moet dink nie. Is dit `n bepaalde baie duister en treurige oord, waar die kwaaddoeners vir ewig vir hulle sonde gepynig, of sonder onderbreking gemartel word, of is al die groot martelinge uiteindelik, te oordeel aan U ewige liefde en goedheid, tog slegs die uiterste middele om uiteindelik selfs die mees slegte geeste na `n ondenkbare lang tyd weer terug te bring tot die korrekte besef? Waar is die onsalige oord, en hoe sien dit daar uit?'

[2] Ek sê: 'My baie gewaardeerde vriend, daaroor kan jy by My eerste leerlinge baie presies uitsluitsel kry - want Ek het hulle alles laat sien, - maar daarnaas bevat die ewige Liefde en Wysheid van God tog nog baie wat jy, ook al sou Ek dit jou vertel, nou nog nie sou kon verstaan nie. Origens is die hel op sigself net so min `n bepaalde plek as die hemel self, maar die hel, net soos die hemel, is heeltemal net na gelang van die innerlike toestand van die mens.

[3] So kan `n engel en die ergste duiwel vlak langs mekaar wees, staan of sit, terwyl hulle geestelik tog eindeloos ver van mekaar verwyderd is, en die engel bevind hom onbeïnvloed deur die duiwel, wat uiteraard naby aan hom is, en die duiwel bevind homself op gelyke wyse in die hel en weet nie die minste van die engel wat so naby aan hom is nie. Maar dit kan jy nou nie so maklik verstaan nie, want geestelike verhoudinge is baie anders as die van hierdie aarde.

[4] Maar vir die opmerksame waarnemer is daar ook hier genoeg dergelike verskynsels te vinde, wat baie presies met die in die hiernamaals korrespondeer. So kan jy byvoorbeeld fisies naby `n mens staan, wat innerlik jou grootste vyand is en dag en nag daarop uit is hoe hy jou op die gevoeligste manier skade kan berokken, en tog geestelik ver van hom verwyder wees. Hy kan jou nie vat vanweë jou hoë posisie nie, omdat hy dit eerder self wou gehad het; hy is egter slim en weet hoe om sy innerlike toegevoegde gesindheid vir jou so te verberg, dat jy dit op geen enkele manier ook maar sal vermoed nie. As jy dus by hom kom, sal hy jou met die grootste vriendelikheid ontvang en jou alle eer gee, terwyl hy in werklikheid, as daar nie sulke streng strafwette sou gewees het nie, jou dadelik sou wou vernietig. Maar hy dink by homself: 'Jy is nou hoog bo en ek nog diep benede! Jy moet my eers nog omhoog help, en as ek eenmaal hoog bo is, sal daar wel voor gesorg word dat jy in die afgrond stort!' Kyk, dit is reeds `n volmaakte duiwel, en hy bevind hom al met liggaam en siel in die hel, terwyl jy as man wat altyd opreg en eersaam is, jou dus in die hemel bevind.

[5] En kyk, as jy en jou slegte buurman bymekaar is, dan is hemel en hel, fisies gesien, vlak langs mekaar; maar tog kan die hel jou niks doen nie, omdat die wet `n steil en onneembare afskeiding tussen julle twee vorm. Maar hoe hemelsbreed verskillend is julle morele toestande en hoe ver van mekaar verwyderd is julle nie!

[6] Kyk, hieraan kan jy sien hoe ver hemel en hel van mekaar af staan! En nou sal Ek jou nog `n voorbeeld gee van die aard van die hel op sigself; let dus goed op!

[7] Stel jou twee mense voor, byvoorbeeld twee naburige, trotse en heerssugtige konings! Uiterlike is hulle baie vriendskaplik. As die een die ander besoek, oorbie hulle mekaar in voorkoms en hulle omarm en kus mekaar soos die beste en intiemste vriende; maar heimlik dink en wens elkeen vir homself: 'O, as ek jou maar so gou moontlik onder my voete in die stof vertrap sien lê!' Elkeen loer slegs op `n geskikte en gunstige geleentheid om sy buurman, wat hy bo alles haat, heeltemal te kan vernietig. Wie egter daarop uit is om met sy buurman `n oorlog te begin, vind ook baie gou `n rede daarvoor. Kortom, beide raak gou met mekaar in oorlog gewikkel, en die sterkere oorwin die ietwat swakkere, en daar bly niks anders oor as om dan te vlug nie.

[8] As hy sy vel so gered het, gaan hy so vinnig moontlik na `n derde nog magtiger buurman, vertel hom oor sy ongeluk, verraai alles oor sy vroeëre vriend, gee die derde advies hoe hy hom maklik kan oorwin en bied homself as aanvoerder aan. Daarop word krygsknegte te perd vinnig vir goeie soldy gewerf en onverwags word die voormalige oorwinnaar, voordat hy baie daarvan te wete kan kom, oorval en beroof van al sy goedere en grond. As die tweede, wat nou oorwin is, homself nog deur te vlug kan red, sal hy gou `n vierde vind wat teen die derde wil optrek en hom moontlikerwys oorwin, en dan breek daar `n skynbare periode van rus aan. Maar die oorwonnes rus innerlik gladnie, maar elkeen soek vir homself die geleentheid om hom op alle oorwinnaars op ongeëwenaarde wyse te wreek. En kyk, so word `n heeltemal helse gemoed steeds verder en verder gedryf deur sy innerlike wurm, wat nie sterf nie!

[9] En wat jy nou in hierdie voorbeeld van beide konings gesien het, dit vind jy in die algehele hel. Hoe dink jy kan die swart gemoed van hierdie wesens verbeter word?! - Hoe beval hierdie saak jou?'


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205