Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 238

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Die gevegte in die hel

238 Die Romein sê: 'Ja, Heer, as dit so in die hel daar uitsien, is daar aan `n einde van hierdie wedersydse buitengewone vyandelikhede natuurlik in ewigheid nie te dink nie, en dan sien dit baie anders daaruit as wat ek my ooit voorgestel het! Sulke geeste is dus vanweë hulle innerlike bose toestand uit hulleself nooit in staat om egte bewoners van die hemel te word nie?'

[2] Ek sê: 'Baie seker; as hulle vir `n duisend ewighede so gelaat word, word hulle uit hulself in plaas van ooit beter, ewig steeds maar slegter! Dink jou maar eers ontelbaar baie van sulke geeste in, wat van niks anders as die mees grenslose selfsug en onbeperkte hoogmoed vervul is nie, hoe hulle dan onder mekaar moet huishou! Bedink daarby nog dat hulle aan die ander kant heeltemal vry is, dat geen enkele wet hulle op watter manier dan ook bind nie, en elkeen kan doen wat hy wil! As jy dit eers goed vir jou kan indink, sal jy daar `n anargie sien waarvan op aarde geen voorbeeld te vinde is nie.

[3] Elkeen wil dadelik die hoogste heerser wees; slegs diegene wat op gelyke wyse kwaad en sleg is, gaan saam teen die ander wat op `n ander manier kwaad en sleg is, en so is daar ewige rusie, getwis, oorlog en wedersydse verminkings van die gruwelikste aard. En versamel die verminktes hulle weer, dan is hulle éérs heeltemal wraakgierig en probeer met hulle voorstellings en goëltoertjies as towenaars en kunstenaars die aandag te trek. As hulle daardeur langsaam maar seker `n groot aanhang gekry het, wee dan hulle wat hulle vermink het!

[4] En so is daar vir elke soort kwaad en bedrog baie groot gemeenskappe, wat slegs kortliks in `n skynharmonie met mekaar lewe. As sy `n ander bepaalde gemeenskap bestorm, uitmekaar slaan en buit gemaak het, dan wil elkeen wat aanvoerder was, by die verdeling dus ook die grootste deel van die buit opeis. Daardeur ontstaan daar dan stryd binne die oorwinnende gemeenskap. Eers word lootjies getrek. As iemand deur die lot die grootste deel toegewys word, dan vra mense hom of hy dink dat hy nog allerlei proewe van `n egte helse aard sal wil deurstaan. Daarby word aan hom die mees skitterende dinge uitgebeeld, selfs die kroning tot koning en god van alle gemeenskappe. As hy nie op die proef gestel wil word nie, kry hy die kleinste deel van die buit, wat hom natuurlik al heimlik woedend maak; as hy die voorstel daarenteen aanvaar, word hy vreeslik gemartel en moet hy alle moontlike bespottings ondergaan en selfs die grootste pyn standvastig verdra.

[5] Dan geld julle Romeine se spreekwoord: Aut Caesar, aut nihil (alles of niks). As hy toegestem het en die proewe deurstaan het, dan word hy weliswaar `n skynkoning, - maar die eer duur nie lank nie. Baie gou kom daar opstand en die gemartelde koning word afgesit, en `n diktator neem sy plek in en gee dekreet na dekreet, waarby elkeen dan goed vir sy eie sak sorg. Dan is daar weer hulle wat nie daarmee saamstem nie, en dit kweek dan ook weer sameswerings, waaruit `n muitery van `n baie gruwelike aard baie gou te voorskyn kom. En so kan daar nooit orde ontstaan nie.

[6] Van tyd tot tyd word daar ook beter leraars na sulke baie ontredderde gemeenskappe gestuur; maar dit gaan met hulle nie baie beter as wat met die engele in Sodom en Gomorra gegaan het nie. Die slegte geeste sou hulle graag as sterk wesens gebruik om al hulle vyande te vernietig. Hieraan kan jy goed sien hoe dit met die verbetering van hierdie geeste staan.'


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205