Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 239

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Die tweede skepping van God

239 (Die Heer:) 'Alle helse geeste kan hulle baie goed anders voordoen as wat hulle is. Hulle verskyn dikwels uiterlik as engele, terwyl hulle innerlik net verskeurende diere is en bly. Hulle vermommingskuns gaan so ver, dat hulle selfs engele sal kan verlei, en Ek het vernaamlik daarom liggaamlik op hierdie aarde gekom, om vir ewig teen die hel `n dam op te werp, wat hulle in alle ewigheid nooit sal kan oormeester nie.

[2] Ek, as God van die ewigheid, sou natuurlik wel met My wil die hel kon vernietig, maar met haar dan ook die hele skepping. Maar wat dan? Dalk met `n nuwe skepping begin? Ja, ja, dit sou wel kon gebeur; maar `n nuwe skepping van stoflike wêrelde is in geen ander orde denkbaar as die van die teenswoordige nie, omdat die materie die vasgelegde en noodsaaklikerwys geoordeelde medium is waarin `n wese, wat in alle opsigte aan My gelyk moet word, heeltemal los van My, die proef van die vryheid van wil moet deurstaan om tot die ware lewenselfstandigheid te kom.

[3] Daarom is dit beter om alles te laat bestaan, maar in goeie orde van mekaar geskei. Dit kon egter maar net deur My verwesenlik word deurdat Ek Self mens geword het, Self alle materie deurdring het, en daarmee al haar oudste, geoordeelde geestelike inhoud geskik gemaak het om salig te word.

[4] En dit is nou die tweede skepping, wat Ek reeds van ewigheid af voorsien het, waarsonder `n mens van hierdie, of `n ander aarde, nooit volmaak salig sal kan word nie; want vir hierdie koms van My op aarde was Ek ewig `n onsigbare God, soos wat dit ook in Moses staan dat niemand God kan sien en in die lewe bly nie. Van nou af aan is Ek vir elkeen `n sigbare God, en elkeen wat My sien, leef en sal ewig lewe.

[5] Die verlossing bestaan egter in die eerste plek uit My leer, en in die tweede plek uit My menswording, waardeur die oorheersende mag van die ou hel heeltemal gebreek en oorwin is.

[6] Dit het die profeet JeshaJaH reeds aangekondig toe hy in die 63e hoofdstuk vers 1-9 sê: 'Wie is Hy wat van Edom kom, die kleed uit Bosra bespat, reggeskape gekleed, voortskrydend deur die grootheid van Sy krag? -

[7] Ek, wat praat in geregtigheid, magtig om te red!

[8] Waarom het U gewaad `n rooi kleur en lyk U gewaad soos die van `n druiwetrapper?

[9] Slegs Ek trap die druiwepers, en uit die volk niemand met My nie! Daarom vertrap Ek die (die hel) in My toorn (geregtigheid) en verpletter hulle in My woede (die hoogste orde van die goddelike wysheid). Daarom is die oorwinning op My gewaad gespat (die ware van die leer en die geloof); want die dag van die wraak is in My hart, en die jaar van My verlossing het gekom. My arm bring My heil (die menslike van die Heer); na die aarde afdalend oorwin Ek haar (die hel). Hy praat: Kyk, die kinders is My volk (deur die hel verlei), daarom word Ek hulle verlosser, weens My liefde en My mildheid het Ek hulle verlos.'

[10] En verder vind julle ook by hom in sy 59e hoofstuk: 'Hy sê dat daar niemand was (dit wil sê geen liefde en geen waarheid) en verbaas Hom dat daar geen verteenwoordiger was nie; daarom bring Sy arm (die menslike van die Heer) Hom heil, en die geregtigheid rig Hom op (die goddelike orde in die menslike van die Heer). Daarom trek Hy geregtigheid aan soos `n pantser en die helm helaas op Sy hoof en trek die gewaad van die wraak (die waarheid) aan en bedek Hom met ywer soos met `n mantel. Toe kom vir Sion `n verlosser!'

[11] In Jeremia lees julle (hfst.46): 'Hy het die moed verloor, want hulle (van die hel) helde is verslaan. Hulle slaan op die vlug en kyk nie om nie. Die dag (tot eer en prys) is vir die Heer JaHWeH Van die Skeppingsleërmag `n dag van wraak, waarop Hy wraak sal neem op Sy vyande en Sy swaard sal vreet en sat sal word.'

[12] En in die 45ste psalm, vers 4-8, lees julle iets heel voortreflik, wat lui: 'Gord die swaard (ook die menslike van die Heer) om die lendene, Magtige! U pyle (die waarheid) is gepunt. Volke (van die hel), wat in hulle hart vyande van die koning (die goeie en ware) is, sal onder U val. Vestig U troon (die gemeente van JaHWeH) vir die tyd wat kom en die ewigheid! U hou van geregtigheid; daarom het God U gesalf.'

[13] Daar is nog baie dergelike plekke waarin duidelik gemaak word dat Ek vernaamlik in die liggaam in hierdie wêreld gekom het om al die groot intense inmenging van die hel vir ewig `n halt toe te roep.'


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205