Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 29

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Die mate van krag

29 Die Heer: “Nou vergelyk ons nog die grootte van `n suiwer geestelike krag met die grootste aardse krag. Wat sal dit oplewer? Sien, daar is in die oneindige heelal sulke verskriklike groot sonnewêrelde, in vergelyking waarmee onder die korrekte verhouding hierdie hele, groot aarde ten opsigte van sy grootte net so in verhouding sou wees soos die grootte van die kleinste sandkorreltjie ten opsigte van die omvang van die hele aarde! Sien, as dit hier oor die sandvlakte waai, hef die wind die sand alreeds op en voer dit met groot gemak saam en `n orkaan doen dit nog makliker met groot sandmassas! Stel jou nou eers `n betreklik harde wind voor op daardie groot sonnewêreld! Hy sou tog sekerlik met wêrelde soos hierdie aarde `n baie maklike spel hê. “Ja”, sou jy met jou wêreldse verstand sê, as daar sulke geweldige winde waai, dan moet mens tog tot op hierdie aarde iets daarvan merk! En Ek sê vir jou, dat dit selfs dikwels die geval is, en ook nog baie, baie heelwat meer!

[2] Jy sal wel alreeds vlieënde sterre gesien het. Sommige daarvan is dikwels so groot dat mens hulle `n klein aardwêreld sou kon noem. Dit is stof van wêrelde wat op velerlei wyses deur onderaardse storms, wat losgebars het, vanaf die sonnewêrelde in die groot eterruimte geblaas is, en deur die sterk aantrekkingskrag gaan so `n sonnewêreld langsaam maar seker weer terugval na vanwaar dit weggewaai het, tensy dit byvoorbeeld te naby aan `n ander hemelliggaam kom, en daardeur aangetrek word, wat egter nie so dikwels gebeur nie.

[3] Daaraan kan jy die geweldige krag van die sogenaamde natuurkragte van hierdie wêreld wat in die eindelose ruimte heers, sien. Nou kan jy hierdie en nog ander natuurkragte wat aan jou bekend is, sonder ophou duisende en miljoene jare versterk, dan sal die sterkte van die krag wat deur jou as laaste bereken is, nogtans nog steeds in so `n verhouding tot die Goddelike alvermoënde krag staan soos `n volkome niks tot iets werkliks, of soos `n leuen tot die waarheid.

[4] Soos wat die grootste natuurkrag absoluut in geen verhouding staan tot die Goddelike krag nie, so staan hy ook in geen verhouding tot die krag van elke suiwer engelgees nie.

[5] Omdat daar dus in ruimte en tyd geen enkele krag bestaan wat hom ook maar net met die krag van `n engel sou kon meet nie, moet dit as geestelike krag ook buite of bo alle ruimte en tyd staan, hoewel hy hom as `n eie eenheid selfstandig in tyd en ruimte bevind, maar van beide heeltemal vry en onafhanklik is, terwyl hy alles bestuur net deur met innerlike, lewende analogie daarmee in verbinding te staan.

[6] Om die oneindig oorheersende van die Goddelik-geestelike krag oor alle natuurkragte, hoe groot hulle ook mag wees, nog duideliker aan te toon, hoef Ek net vir jou te sê: As al die grootste kragte van hierdie aarde gesamentlik miriades en eons aardse jare lank in die groot skeppingsruimte sou woed, dan sou hulle, teen die krag van die Goddelike wil in, in die hele skepping nog geen atoom kon vernietig nie; maar een engelgees sou in staat wees om net deur dit te wil, as God dit toelaat, in een oomblik die hele eindelose ruimte van alle materiële skepsele te ontdoen, en daar sou geen son en geen aarde meer daarin bestaan nie. 

[7] Sê vir My, Philopold, of jy nou alreeds `n bietjie begin insien hoe God en al die hemelse en suiwer geestelike volledig buite tyd en ruimte staan en so in hulself bestaan, aanwesig is en moet wees, omdat andersins ewig geen stoflike skepsel sou kon ontstaan het nie!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205