Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 30

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Die krag van die lig

30 Philipold sê: “Heer, dit begin vir my nou wel bietjie duideliker te word; maar van U enorme wysheid word ek bepaald nou ook alreeds behoorlik duiselig! Tog vra ek U of U nog meer wil verduidelik!”

[2] EK sê: “Dit sal Ek wel doen, maar konsentreer jy, sodat jy dit ook begryp en dit goed in jou siel inprent!

[3] Laat Ons nou na die lig oorgaan! Kyk na die lig van hierdie helder skynende, suiwer naftaleenlamp! Dit verlig hierdie groot kamer dermate en voldoende sodat ons mekaar almal goed kan sien en herken. Wat dink jy: Sou honderd sulke helder brandende lampe ook nie `n honderdmaal sterker lig in hierdie kamer versprei nie? Jy sê: “Ongetwyfeld, want daarvan kan mens jouself by groot feesbeligtinge meer as voldoende oortuig! Goed, sê Ek, stel jou nou duisend maal duisend sulke lampe voor, êrens bo-op `n alleenstaande berg! Sou hulle almal saam nie binne `n behoorlike groot gebied alles helder verlig nie? Gewis en seker! Maar hoewel hulle die wye omtrek sou verlig, sou hulle nogtans nie in die minste vergelyk kan word met die lig van die vol maan nie, wat, alhoewel hy vir die oog bepaald nie so groot lyk nie, nogtans op een slag die halwe aarde baie goed verlig. Maar wat is die lig van die maan vergeleke met die lig van die son?!

[4] Stel jou nou egter eers voor dat die sonlig die hele uitspansel sou vul! Sou daar dan `n sterfling in staat wees om ook maar net `n oomblik daardie magtige lig te verdra, sonder om oombliklik soos `n druppel water op `n gloeiende plaat vernietig en opgelos te word nie? Ek sê vir jou: Die effek van daardie lig en die onbeskryflike hitte daarvan sou dan alreeds so groot wees dat dit selfs hierdie hele aarde binne enkele oomblikke sou laat vergaan, en talle honderdduisende sulke wêrelde ook!

[5] Sien jy die enorme groot verskil tussen die lig van hierdie lamp en die lig van so `n groot uitgebreide son?!

[6] Maar daar bestaan in die uitgestrekte skeppingsruimte sentrale oersonne wat miriade maal groter is as ons son, alhoewel ons son ook ruim duisend maal duisend keer groter as hierdie hele aarde is. Sulke sentrale oersonne het in verhouding ook net soveel groter en sterker lig, waarin dan sulke sonne soos ons son is, wat, as hulle in die nabyheid daarvan sou kom, ook soos `n waterdruppel op `n gloeiende plaat in `n oogwink sou verdamp.

[7] Nou kan jy hierdie aardse ligsterkte vergroot soveel jy maar wil, byna tot in die eindelose, en dan sal jy met al hierdie versterkte lig van die sonne uit ruimte en tyd dieselfde verhouding vind ten opsigte van die lig van God, soos jy gevind het by die beweging en die krag.

[8] En omdat die lig van God in ruimte en tyd ewig nooit geëwenaar kan word nie, volg daaruit duidelik, dat die suiwer geestelike lig van God, net soos die onmeetbare liefdeslewenswarmte wat uit die lig voortkom, nie binne tyd en ruimte nie, maar net buite hierdie twee aanwesig kan wees.

[9] Dat daar egter tog `n lewensegte en altyd steeds werkende analogie bestaan tussen die oerlig van God en die net gedeeltelik geskape lig van die son, kan jy maklik aflei uit die feit dat ook die lig van die son lewegewende krag het vir die skepsele op dié hemelliggame en wêrelde, waarvan elke voorjaar jou voldoende kan oortuig. - Begryp jy nou alreeds beter hoe en op watter manier al die suiwer geestelike homself noodsaaklikwys buite tyd en ruimte bevind en dat dit ook so moet wees?”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205