Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 33

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Hemel en hel

33 Toe sê Philopold: “Heer, ek en sekerlik ons almal dank U uit die grond van ons harte vir hierdie besondere grootse, voortreflike, en vir my nou volkome duidelik geworde uitleg van die geskrifte van die ou wyses! Ja, nou vind ek alles oortuigend, helder en begryplik, terwyl dit vroeër vir my beslis soos klinkklare onsin moes voorkom! Natuurlik sal ek dit alles eers heeltemal duidelik kan insien en begryp wanneer ek geen stoflike elemente meer sal bevat nie.

[2] Nou is dit egter voldoende dat ek insien dat `n mens, alhoewel `n mens in tyd en ruimte is, jou nogtans baie goed en in wese geheel na waarheid, volkome buite tyd en ruimte kan bevind. Net een ding sou ek nog baie kortliks van U wou weet, en dit is op watter plek dan die hemel en ook die ellendige hel, waaroor ek ook alreeds baie gehoor en gelees het, hulself bevind. Mense sê: Hy sal opvaar na die hemel, en hy sal neergewerp word in die hel. Waar en hoe is die ‘op’, en waar en hoe is die uiters betreurenswaardige ‘neer’?”

[3] EK sê: “Sien, hier op die stoel waarop jy nou sit, kan, aards gesien, hemel en hel heeltemal langs mekaar wees; in die ryk van die gees word hulle egter geskei deur `n kloof wat nie te oorbrug is nie! - Kyk verder:

[4] Hier, waar Ek nou met julle is, is die hoogste hemel, en dit heet ‘bo’, en juis hier is ook die diepste en ergste hel, en dit heet ‘onder’.

[5] Die materiële ruimtelikheid maak geen verskil nie, maar net die geestelike ruimtelikheid, wat met die stoflike, soos wat jy gesien het, beslis niks in gemeen het nie; want in die ryk van die geeste veroorsaak die manier waarop mens leef die egte en werklike afstand. Die aardse-ruimtelikheid kan nooit van belang wees daar nie. Om dit nog meer begryplik en duidelik aan julle te maak, sal Ek aan julle `n paar voorbeelde gee. 

[6] Sien, gestel dat hier op een en dieselfde bank twee mense langs mekaar sou sit! Die een is `n vrome wysgeer, wie se heldere, verligte gees in baie geheime betreffende die werking van die Goddelike kragte in die natuurwêreld ingewy is; die ander is egter `n verstokte booswig, wat maar net op die bank sit om uit te rus, en homself soos `n eerlike mens ook brood en wyn laat gee, om hom te sterk ten einde buite dan weer makliker iets kwaads te kan doen. Hoe naby is die twee mense volgens aardse, ruimtelike begrippe aan mekaar en hoe oneindig ver is hulle geestelik van mekaar verwyder!

[7] Maar gestel dat ons wysgeer hier by ons op hierdie bank sit en dat daar op dieselfde wyse so `n duisend dagreise hiervandaan `n ander wysgeer sit, dan sou beide hierdie gelyke wysgere volgens aardse ruimtelike begrippe tog beslis baie ver van mekaar verwyderd wees; maar in die ryk van die gees sou hulle digby mekaar wees, soos wat dit ook letterlik in My Ryk die geval is.

[8] Hieruit kom weer eens baie duidelik na vore dat die hemel vir elke goeie mens presies daar sal wees waar hy hom bevind, en alle goeie en rein mense soos hy sal hulle onmiddellik in sy naaste omgewing bevind. Want jy kan nie sê: “Sien, hier of daar, byvoorbeeld bo alle sterre is die hemel en byvoorbeeld êrens diep onder die aarde is die hel nie!” Dit alles hang nie af van hierdie tyd en hierdie ruimte nie en daar is geen uiterlike vertoon soos by `n betekenislose tempelseremonie nie, maar dit bevind homself baie diep in die mens self.

[9] Soos wat die innerlike van die mens dus daar uitsien, sal ook in die hiernamaals die wêreld daar uitsien wat hy uit homself sal skep en waarin en waarop hy dan sal lewe, - goed of sleg. 

[10] Die wêreld van almal wat deur hul lewende geloof en die toepassing daarvan in hul lewe, sal in die waarheid wees en dus in die ware lig van My Woord, sal in My Ryk volkome gelyksoortig wees aan hierdie aarde, en verder ook in steeds toenemende mate lig en waarheid wees; maar die wêreld vir hulle wat uit eie wil in die onware en daardeur in die bose sal wees, sal dan ook in toenemende mate ooreenkom met hul innerlike. Want soos wat `n werklike goeie mens steeds beter word, so word `n slegte mens steeds slegter, en daardeur verwyder hy homself deur die manier waarop hy leef, steeds meer van die goeie, soos wat dit alreeds op hierdie wêreld baie duidelik te sien is. 

[11] Kyk eers na daardie mense wat deur hul hoogmoed steeds meer beheers word deur brandende heerssug! As hulle deur hul tirannieke mag talle miljoene mense tot ellendige slawerny gebring het, versamel hulle nog groter leërmagte, val die ryke van ander konings binne, oorwin hulle en ontneem hulle van hulle lande, volke en skatte. En as hulle op hierdie manier `n halwe wêreld verower het en ongelukkig gemaak het, waan hulle hulself reeds aan God gelyk en verhef hulself selfs bo Hom, laat hulself aanbid en bedreig met die pynlikste straf elkeen, wat dit waag om `n ander god as net so `n regeerder te aanbid en aan hom offers te bring, soos wat ons daarvan in die Babiloniese koning ‘Ne Bouch Kadne Zcar’ (“Daar is geen God buite my, die koning nie!”) `n sprekende voorbeeld het. En so `n voorbeeld het ons ook tans in die hoëpriesters, Fariseërs en Skrifgeleerdes, wat nou ook dink dat net hulle gode is, en wat My na die lewe trag sodat dit op `n sekere oomblik selfs toegelaat sal word dat hulle My liggaam sal dood, - maar weliswaar net vir drie dae; daarna sal Ek geheel uit eie krag weer opstaan, en eers dan sal hul oordeel en hul einde kom.

[12] Hieruit kan julle almal baie duidelik sien dat hulle wat kwaad doen, steeds slegter word, soos wat `n goeie mens steeds beter word, net met die verskil, dat vir die boosdoener `n grens gestel is, wat lui: “Net tot hier en geen stap verder nie!” Want daarna moet daar steeds `n groot strafoordeel volg waardeur die bose weer tot besinning gebring kan word, sodat hulle en ander moontlikerwys tog `n beter weg kan inslaan. 

[13] Op die wyse waarop dit, soos wat Ek nou aan julle gewys het, in hierdie wêreld gaan, gaan dit ook in die hel, net met die verskil dat daar - in die algemene geesteryk - diegene wat goed, nederig en geduldig is en op God vertrou, vir ewig afgesonderd is, en dus net die bose in die hel hul deurgaans boosaardige, verdorwe, ofskoon volkome nietige bedrywigheid het; nietig omdat sy lig valsheid, bedrog en `n volkome nietige, leë skyn is soos wat die droom van `n ryk drinker en swelger en verkwister is.

[14] Ek glo dat julle nou almal ook met hierdie saak in die reine is en daarom sal ons die oorblywende gedeelte van hierdie nag opgeruimd en vrolik deurbring! Het iemand nog iets op sy hart, dan het ons nou tot die Pasga die tyd; want tot dan sal Ek by My vriend Kisjonah bly. - Philopold, is dit vir jou nou duidelik?”

[15] Philopold sê: “Nou is dit goed, want U het ons die mees onbegryplike dermate duidelik en begryplik gemaak dat daar vir my nou in die opsig heeltemal geen vrae meer oorgebly het nie, en ek glo dat ook al die aanwesiges hier dit baie goed begryp het. Ja, dit is ook maar net U, o Heer, wat dit so aan ons kan uitlê, want alle wysgere sou tog wel hul verstandstande daarop stukkend gebyt het. Ons dank kan U in elk geval in ons harte lees.”

[16] Toe sê ook ons Judese Grieke: “Waarlik, dit kan net Hy alleen so uitlê, wat met Sy Gees alles deurdring en eintlik alles in alles is! Dit is vir ons nog die grootste en duidelikste bewys van U suiwer Goddelike sending. Die tekens doen weliswaar baie as hulle op U wyse uitgevoer word, maar net vir mense wat alreeds baie ervaring het; maar boei hulle nogtans nie. Die Woord maak egter lewend en dit maak die siel vry en dit is daarom meer werd as duisend tekens, wat nie lewend maak nie, maar die gemoed net in hul ban bring en dit met angs vervul. Daarom betuig ons aan U ook ons dank vir U baie wyse les!”

[17] EK sê: “Baie goed geoordeel! Môre sal daar nog baie gebeur; maar nou sê Ek: Drink en wees vrolik tot sonsopgang! Aan slaap sal ons vannag geen behoefte hê nie.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205