Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 4

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Die verstoktheid van die Tempeljode

(Evangelie Johannes 5: 40-47)

4 SOMMIGE JUDEËRS sê: “Jou dade is wel baie uitsonderlik, maar jou uiterlike pas nie in die verste verte daarby nie en bowendien kan die Essene presies dieselfde doen, alhoewel hulle ons vyande is, maar tog toegee dat die Messias uit die Judeërs sal voortkom.” 

[2] EK sê: “O, Ek ken julle maar al te goed! Julle weet nie eers nou nie, maar alreeds `n hele lang tyd hoe die Essene hulle wonderwerke verrig, en daarteen het julle ook alreeds met reg in die openbaar gekom en julle het die volk ook alreeds meermale met goeie gevolg die skynvertoon van die Essene laat sien, want die kunste en kunsgrepe ken julle net so goed as die Essene; en My persoonlike uiterlike is vergeleke met julle ook nie die minste nie. Dus lê dit heeltemal nie daaraan dat julle My nie wil erken en wil aanneem vir wat Ek in waarheid is nie, - maar julle wil, heel eenvoudig gesê, nie na My kom om van My en uit My die ewige lewe te verkry nie. (Johannes 5:40)

[3] Ek neem egter - terwille van meer uiterlike aansien - geen eer van mense aan nie (Johannes 5:41), omdat julle My tog in elk geval nooit ewiglik meer eer kan gee as wat in My woon nie; maar Ek ken julle van `n heel ander kant! Vanweë julle hoogmoed, julle wêreldse liefde en julle eieliefde is die liefde van God alreeds lankal nie meer in julle nie, - en daarom neem julle My nie aan nie!” (Johannes 5:42)

[4] Weer sê SOMMIGE JUDEËRS: “Dit is wel baie fyn, skerpsinnige en slim woorde, maar dit bewys nog lank nie dat jy nou juis opeens die beloofde Messias is nie! Jy kan, wat ons desnoods kan aanneem as ons dit wil, `n profeet in Sy Naam wees, hoewel daar geskryf staan dat daar uit Galilea geen profeet sal voortkom nie; maar van `n Messias sal by jou nog wel lank geen sprake wees nie! Het ons gelyk of nie?”

[5] EK sê: “Geensins nie; maar Ek sal julle in alle waarheid vertel hoe dit met die saak gesteld is! Luister dus: Ek het nie as profeet in die naam van die komende Messias na julle gekom nie, maar Ek het as die beloofde Messias in die Naam van My Vader, met Wie Ek volledig één is, na julle gekom en die werke en dade wat Ek doen, lewer die waaragtigste getuienis daarvan en nogtans neem julle My nie aan nie! Kom daar egter `n ander een met baie prag en praal in sy eie, uiters selfsugtige naam, dan sal julle hom beslis sonder bedenking aanneem! (Johannes 5:43; Matthéüs 24:5) Maar hoe sou julle My ook kon glo, terwyl julle alle eer van elkeen aanvaar en julle julleself ook deur die hele wêreld laat eer, maar die beskeie eer wat uit God is, nooit gesoek en nou ook nie soek nie!” (Johannes 5:44)

[6] DIE JUDEËRS sê: “Wel, - jy sê onomwonde dat die almagtige God jou Vader is! As ons dan nou onreg doen deur jou nie te glo nie, kla ons dan aan by jou Vader, dan sal ons wel sien wat ons daarvoor sal wedervaar!” 

[7] EK sê: “O, moenie dink dat Ek julle by My Vader sal aankla nie! Daar is `n ander wat julle sal aankla, en dit is Moses, waarvan julle hoop dat hy vooraf nog met EliJaH sal kom. (Johannes 5:45) Hulle het ook gekom, maar is ewemin deur julle herken soos wat julle My Self nou herken het (Lorber: N.B: Moses se gees was in Sagaria en EliJaH se gees in Johannes.) (Johannes 5:45)

[8] As julle met julle wêreldse ingesteldheid ooit vir Moses sou geglo het, dan sou julle My ook geglo het; want Moses het oor My getuig. (Johannes 5:46) Maar omdat julle sy geskrifte nog nooit geglo het nie, hoe sou julle dan nou My woorde kan glo?!” (Johannes 5:47)

[9] DIE JUDEËRS sê: “Hoe kan jy sê dat ons, wat op sy stoel sit, Moses nie sou geglo het nie?”

[10] EK sê: “Wat die mens moet glo, dit moet hy eers vooraf weet, Ek sê egter aan julle, dat julle net vir geld priesters geword het en sedert julle kinderdae dit nie eers die moeite werd gevind het om die geskrifte van Moses deur te lees nie. Waarom ook; want dit het immers sonder hierdie moeite steeds baie goed gegaan! Weet julle immers wie julle Moses en julle profete te alle tye was? Ek sê vir julle: Dit was julle buik!”

[11] Toe het die Joodse priesters se gesigte ietwat verbouereerd gelyk en EEN van hulle sê: “Word die Skrif nie elke week op die vasgestelde uur van die dag voorgelees nie?! Ons besit net vyf eksemplare en die oorspronklike, wat as relikwie deur niemand anders behalwe die hoëpriester op doodstraf aangeraak mag word nie. Hoe kan jy dan sê dat ons nie sou geweet het wat Moses en die profete geskryf het nie?! Weliswaar kan ons dit self nie lees nie, maar ons hoor dit altyd as dit gelees word!”

[12] EK sê: “Julle hoor wel met julle ore as julle met julle vol buik tydens die lees nie aan die slaap raak nie; maar met julle hart het julle nog nooit geluister nie, omdat sy met haar begeerte steeds orals elders ronddwaal. Die gebooie hou julle ook maar net vir die skyn voor die oog van die wêreld, omdat julle in priesterlike gewade rondloop; maar self gee julle niks daarvoor om nie! Dit sê Ek aan julle, omdat Ek julle baie beter ken as wie dan ook in die wêreld.”

[13] Toe het baie uit die volk wat dit ook aangehoor het, geweldig begin skimp en oor hierdie Joodse priesters gemurmureer en hulle het hulle dadelik na hulle vertrek teruggetrek. Ek het egter saam met My mense ewe-eens die tempel verlaat en My, op uitnodiging van Lasarus, met die studente en die herbergier na Bethanië begeef, wat `n klein dorpie was, wat ongeveer vyftien veldweë* (ongeveer drie km of ongeveer twee myl) van Jerusalem af gelê het. Dat ons daar besondere goed ontvang was, spreek vanself.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205