Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 42

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Die studente vaar oor die See na Kapernaum. Die geestelike betekenis van die vermeerdering van die brode en visse

(Evangelie van Johannes 6: 16-21)

42 Johannes het goed daarvan kennis geneem; maar omdat hy hom die meeste besig gehou het met geestelike ooreenkomste en orals oorsaak, gevolg en doel wou sien, het hy My nog na die rede van hierdie teken gevra.

[2] En EK sê aan hom: “Jy moet veral die geheim van die Ryk van God ten volle begryp, luister dus vinnig: Hierdie mense is die wêreld wat al sy geestelike voedselvoorraad opgebruik het. Net één eenvoudige jong seun het nog `n suiwer, onbedorwe hart en ietwat kinderlike geloof gehad; daarom het hy ook `n voorraad van vyf garsbrode en twee visse gehad.

[3] Die vyf garsbrode beteken, dat sy vyf sintuie nog suiwer en onbedorwe is en dus ook sy hart en siel, wat ook dadelik te sien was aan die groot vreugde waarmee hy in My wens ingewillig het. Die twee visse staan vir die goeie van die liefde en die waarheid van die geloof, of vir die lewenswarmte van die liefdeslewe, of vir `n vuur en `n lig van lewenswysheid, toon sy kinderlike geloof, sy vertroue en sy liefde. Terselfdertyd stel die feit dat hy hier as eenling is en sy geringe persoonlikheid ook aan hoe swak en hoe gering die goeie en ware uit die hemele nou in die wêreld by die wêreldse mense verteenwoordig is. 

[4] Bowendien dui die vyf brode op My leer vir die mense. Dit skyn veels te min te wees vir alle mense van die aarde; maar dit sal hom vermenigvuldig soos hierdie brode en dan sal daaruit selfs vir die grootste wysgere, wat in die gees deur My onderrig en versadig sal word, tog vir die hele ewigheid steeds nuwe en dieper wyshede te ontdek wees en nog eindeloos baie kennis te leer wees. Want die twaalf mandjies stem ooreen met die twaalf stamme van Israel, wat weer vir die geheel van die Goddelike volmaaktheid in alles staan, wat nooit geëwenaar kan word nie.

[5] Daarmee, My liewe Johannes, kom hierdie teken ooreen, en die gedagte van hierdie mense om My `n wêreldse koning te maak, is afkomstig van hul duistere verdorwe wêreldse aard, omdat hulle `n magtige en gevreesde wêreldse volk wil wees en al hul vermeende vyande wil neerslaan, wat regstreeks sou ingaan teen die strekking van My leer. En daarom sal Ek nou ook gou weggaan. Doen julle egter wat Ek aan julle gesê het!”

[6] Toe het Ek My agter die studente in `n struikgewas verskuil en het gou daardeur tot bo-op die berg deurgedring; want vir My open daar `n gebaande weg, - net vir My en nie vir hulle wat agter My wou aangaan nie. Daarop het die volk hulle na die studente gewend en wou hulle behoorlik tot verantwoording roep omdat hulle My laat weggaan het.

[7] Maar Johannes het na vore gestap en gesê: “Julle is tog baie meer mense as ons! Waarom kon julle Hom dan nie teëhou nie? Beveel die storm en die weerlig om op te hou! Gebied die golwe van die see, wanneer hulle woedend dreig om julle te oorweldig! En ek wat net `n student is, kan aan julle sê: Makliker en met meer sukses sou julle die woedende elemente tot rus kon bring as om die wil van hierdie Elohimmens te buig! Luister dus en koester nie sulke dwase planne nie! Hoe kan julle Hom dan `n ydele wêreldse koning oor die Judeërs wil maak, wie se Gees ewig Heer is oor alles in die hemel en op aarde! Dit het julle immers tog duidelik kon aflei uit die talle tekens wat Hy julle laat sien het. Hy hoef maar net te wil, en dit is daar en daar gebeur wat Hy wil. Maar Sy alsiendheid en Sy wil reik nie net tot hier nie, maar ook eindeloos baie verder; wees daarom nie dwaas nie, en gaan rus sodat iets onaangenaams julle nie sal oorkom nie!”

[8] Na hierdie woorde van Johannes het baie mense gaan rus; maar enkeles het gemor en wou My tot elke prys op die berg gaan soek. Maar hulle het alreeds gou teen sulke onoorkomlike hindernisse gestuit, wat onmoontlik oorwin kon word, dat hulle weldra heeltemal uitgeput van hul vergeefse moeite teruggekom het en maar nie kon begryp hoe Ek langs die verskriklikste rotswande na bo geklim het nie. Na benede sou Ek egter nêrens kon ontkom het nie, omdat die moontlike weë na benede vanaf hierdie rusplek almal deur hulle beset was en hulle My êrens sou moes gesien het. Kortom, hulle het gesien dat hulle niks kon uitrig nie, en begin toe te beraadslaag of daar iets daaraan te doen was. Sommiges het aan die studente gevra wat hulle nou sonder die Heer gaan doen, en of Hy weer sou terugkom.

[9] Die studente sê: “Wat kan ons nou anders doen as om terug te gaan na ons woonplek by Kapernaum! Daar sal Hy wel weer na ons kom, hoe en wanneer Hy wil.” 

(Johannes 6:16-22) Jesus wandel vir die tweede keer op die water

(Opmerking deur die uitgewer: In Matthéüs 14:22-33 en Mk. 6:45-52, word `n byna identiese episode van die eerste keer toe JaHWêshua op die water geloop het, berig, wat geskilder word in die nuwe openbaringe van Jesus in Boek 2. Hfs 100-102.)

[10] Daarna het die ergstes van hulle begin weggaan; maar baie het nog gewag en wou eers sien wat die studente sou doen. Toe dit egter aand begin word het, het die studente opgestaan en gou na benede na die see gegaan (Johannes 6:16), waar `n groot skip alreeds op hulle gewag het - soos wat Ek tevore aan hulle gesê het - wat hulle vinnig kon bestyg en nog vroeër kon wegvaar as wat die talle mense vanaf die berg by die see kon kom; want die weg na benede was taamlik moeilik en kon deur ongeoefende bergbeklimmers net met baie moeite en versigtigheid afgelê word. Vandaar het hulle vervolgens na die stad Tiberias gegaan en baie het daar ook skepe na Kapernaum gehuur. Sommiges het dadelik weggevaar, ander het gewag of Ek nie dalk van die berg sou kom en dan met hulle na Kapernaum sou vaar nie. Omdat Ek egter nêrens te voorskyn gekom het nie, het hulle eers die oggend weggevaar. (Johannes 6:16)

[11] Die studente het met `n goeie wind vinnig oor die see in die rigting van Kapernaum gevaar. (Johannes 6:17) Die studente het gemeen dat Ek hulle met `n ander skip agterna sou vaar en maklik sou inhaal, want die afstand wat afgelê moes word, was egter taamlik groot, en daarom was dit alreeds heeltemal donker toe hulle nog `n redelik groot afstand na Kapernaürn moes seil en roei, omdat hulle `n tyd lank met `n teenwind te kampe gekry het. Hulle het steeds rondgekyk of en uit watter rigting Ek uiteindelik na hulle toe sou kom; maar Ek was nog nêrens te sien of waar te neem nie en Ek het dus ondanks hul groot verlange nog nie na hulle gekom nie. Toe het hulle treurig geword en aan mekaar gesê dat Ek beslis eers môre na hulle toe sou kom.

[12] Terwyl hulle dit gedink het, het daar plotseling `n harde wind opgesteek en die see het begin om hoë golwe te laat ontstaan. (Johannes 6:18)

[13] Toe het die skeepsbemanning gesê: “Trek die seile vinnig na binne, en laat elkeen met alle mag roei, want as ons nie gou in die hawe kom nie, gaan daar probleme kom!”

[14] Elkeen het na die roeispane gegryp en toe hulle so `n kilometer of drie geroei het, het hulle My op die hewig golwende see na hul skip toe sien aankom; maar ofskoon hulle dit alreeds in `n ooreenkomstige situasie van My meegemaak het, het hulle nogtans baie bang geword. (Johannes 6:19)

[15] Omdat Ek dit goed gesien het, het EK met hulle almal gepraat en gesê: “Waarom is julle dan bang? Sien julle nie dat dit Ek is nie?” (Johannes 6:20)

[16] Toe wou die studente My in die skip saamneem, omdat hulle gesien het dat dit nog ver na die land was; maar op dieselfde oomblik dat hulle dit wou doen, het die skip ook alreeds aan die land vasgemeer! (Johannes 6:21)

[17] Dit het egter baie opsien by die nuwe studente veroorsaak, omdat hulle so-iets nog nie beleef en ook nog nooit gesien het nie. Ook die skippers het heeltemal buite hulleself geraak en nog steeds geglo dat Ek êrens gesterf het en nou as gees sigbaar rondwandel, miskien verwens deur die een of ander towenaar, of dat Ek Self `n towenaar was, wat die watergeeste beveel het om My oor die see te dra. Want die skippers was Grieke, en derhalwe ook heidene, en hulle kon natuurlik nie anders oordeel nie, omdat hulle van die ware, geestelike Judese geloof net weinig of niks geweet het nie, waarom hulle dan ook tot later in hul mening gelaat is.

[18] Ons het nou gou na `n herberg gegaan, wat aan ons welbekend was, waar Ek alreeds `n jiglyer genees het toe hy met bed en al deur `n opening in die dak voor My neergelaat is. Daar is ons goed ontvang en ook dadelik goed onthaal.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205