Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 44

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Die doel van die Heer se menswording op aarde volgens die wil van JaHWeH. Die vlees en bloed van die Heer.

(Evangelie van Johannes 6: 36-58)

44 Daarna het EK My weer na die mense gewend en sê: “Maar wat praat julle?! Het Ek dan ooit gesê, dat julle My nie gesien het nie?! Ek Self weet, en Ek sê nou en het ook vroeër aan julle gesê, dat julle My en My tekens gesien het, en nogtans glo julle nie (Johannes 6:36) dat alles wat My Vader in die hemel aan My gee, na My kom, en dat Ek hulle wat na My kom, beslis nie sal verstoot nie. (Johannes 6:36-37; Matthéüs 11:28)

[2] Onthou dan wat Ek aan julle sê: Ek is nie soos julle van hierdie wêreld nie, maar Ek het uit die hemel neergedaal, - maar nie om net soos julle My eie wil te doen nie, maar net om die wil te doen van Die EEN wat My hierheen in hierdie wêreld gestuur het.” (Johannes 6:38)

[3] Toe vra hulle: “Wat is dan wel die wil van Die EEN wat U uit die hemel na ons in hierdie wêreld gestuur het?”

[4] EK sê: “Vir dowe ore kan mens moeilik preek en vir blindes moeilik skryf. Dit is egter die wil van die Vader wat My gestuur het, dat Ek niks verloor van alles wat Hy aan My gegee het nie, maar dat Ek alles terugbring en op die Laaste Oordeelsdag opwek tot die lewe.” (Johannes 6:39; Johannes 10:28; Johannes 10:29; Johannes 17:12)

[5] Daarop het sommiges gesê: “Die man sê merkwaardige dinge; volgens ons is Hy verward.”

[6] Maar ander sê: “Praat duidelik en verklaar wat U sê, duidelik! Wat beteken die Laaste Oordeelsdag?”

[7] EK sê: “As julle My sal erken en in My sal glo, sal daar `n jongste, ware dag in julle siel ontstaan, waarop Ek julle deur die mag van die waarheid van My leer sal opwek. Maar as julle nie in My glo nie en My nie erken nie, dan sal dit wel nooit in julle siel `n jongste dag word nie.”

[8] Weer sê die mense: “Sê ons dan tog duidelik, wat die wil van die Vader is!”

[9] EK sê: “Luister dan! Die wil van die Vader, wat My gestuur het, is, dat hulle wat die Seun sien, in Hom sal glo en Hom sal aanneem as die ware Messias van die wêreld, die ewige lewe sal hê, - en Ek sal hom op die jongste dag opwek! Wat die jongste dag is, het Ek julle alreeds vertel.” (Johannes 6:40; Johannes 5:29; Johannes 11:24)

[10] Daarop het die Judeërs veral daaroor gemor dat Ek gesê het: “Ek is die brood van die lewe wat uit die hemel neergedaal het.” (Johannes 6:41)

[11] En hulle sê: “Is dit nie Jesus, die timmerman, die seun van die timmerman Josef nie?! Ons ken Hom, sy vader en sy moeder tog maar al te goed! Hoe kan Hy dan vervolgens sê dat Hy uit die hemel gekom het?! Sy verstand en Sy ander seldsame gawes kon Hom ongetwyfeld deur die hemel gegee wees, omdat daar nog nooit `n groot en beroemde man sonder Goddelike inspirasie bestaan het nie; maar Hy kan van Homself tog nie vas beweer dat Hy Self as egte brood, as voedsel vir die ewige lewe uit die hemel na ons gekom het nie!” (Johannes 6:42)

[12] Ek sê vir julle nog één keer: Daar kan niemand na My toe kom (My erken) nie, tensy die Vader (die liefde uit God en vir God) wat My gestuur het, hom nie trek nie en net Ek (My woord en My leer) sal hom op die jongste dag opwek! (Johannes 6:44)

[13] Daar staan selfs in die profete geskryf: “In die tyd, wat sal kom - en wat nou daar is, - sal almal onderrig word deur God!” En Ek sê vir julle nou juis daarom: Wie dit nou leer van die Vader (God se liefde), kom na My (hy sal My ook sekerlik erken) (Johannes 6:45)

[14a] Ek sê dit nou egter aan julle nie in die veronderstelling dat iemand van julle ooit die Vader sou gesien het nie, - maar net Ek, wat uitgegaan het van die Vader, het die Vader altyd gesien. (Johannes 6:46-47)

[14b] Daarom sê Ek aan julle ondanks julle gemor: Waarlik, waarlik, wie in My glo, het reeds die ewige lewe in hom (dus My volledige opwekking op die jongste dag)! (Johannes 6:48)

[14c] En Ek Self is volkome waarlik die brood van die lewe!” (Johannes 6:48)

[15a] Julle vaders het wel manna in die woestyn (die sinlike liggaamlike lewe) geëet, maar hulle het gesterf, en baie van hulle ook in hul siele. (Johannes 6:49)

[15b] Maar die brood, wat Ek self in Wese is, en wat waarlik uit die hemel van alle bestaan en lewe gekom het, maak dat elkeen wat daarvan eet (die leer gelowig aanneem en daarvolgens handel), nooit sal sterf nie. (Johannes 6:50)

[16] Waarlik! Ek het as die lewende brood uit die hemel gekom! Wie van hierdie brood sal eet (die leer in dade sal omsit), sal verder leef in ewigheid! En sien, die brood wat Ek sal gee, is My vlees, wat Ek sal gee vir die menslike lewe van hierdie wêreld!” (Daaronder is te verstaan die uiterlike, stoflike omhulsel van My woord, waarin hom die lewende, geestelike woord bevind soos wat die lewende kiem in sy dooie omhulsel is.) (Johannes 6:51)

[17] Dit was vir die Judeërs, wat nie die minste begrip gehad het van `n geestelike betekenis nie, te veel en hulle het behoorlik rusie onder mekaar begin maak. (Johannes 6:52)

[18] `n Deel sê: “Laat hom tog praat, aan die einde sal ons wel sien waarop dit alles sal uitloop!”

[19] Die minder gematigdes sê egter: “Ag wat, mens sien en merk immers met die eerste oogopslag op dat die man uitsinnig (mal) is! Eers was Hy nog `n brood uit die hemele wat ons moes eet om die ewige lewe te verkry; nou verlang Hy selfs dat ons Sy vlees sal eet! Dwaasheid! Hoe kan Hy aan ons sy vlees te ete gee?! En hoeveel sou daar genoeg hê aan sy vlees om in die ewige lewe te kom?! As dit die voorwaarde is om die ewige sielelewe te verkry, dan sal min maar sover kom!” (Johannes 6:52)

[20] EK sê: “Julle kan stry en rusie maak soveel as wat julle maar wil, maar dit is nogtans soos wat Ek aan julle gesê het. En Ek sê nou aan julle nog baie meer: As julle die vlees van die Menseseun nie sal eet en Sy bloed nie sal drink nie, dan sal julle geen lewe in julleself hê nie. (Wat die vlees beteken, is reeds verklaar; die bloed, wat die eintlike fisieke lewensvloeistof is, wat aan die liggaam lewe gee, in stand hou, voed en daaraan die voortplantende lewenskiem gee, is die eintlike, innerlike, geestelik lewende in die uiterlike letterlike woord.) (Johannes 6:53)

[21] Toe het dit vir sommige Judeërs heeltemal te veel geword.

[22] `n Paar het begin lag, die meer gematigdes het egter gesê: “Laat Hom tog klaar praat! Wie weet wat daar uiteindelik nog alles tevoorskyn sal kom! Ons weet immers dat Hy ander kere dikwels baie wys gespreek het.” En hulle het hulle na My gewend en gesê: “Liewe Heer, ons versoek U om verstandig te praat!”

[23a] EK sê: 'Hoe kan Ek dit dan doen?! Ek praat nou soos Hy wat julle op die berg in My gesien het; Ek spreek nou voor julle soos `n groot profeet! Wys My egter `n profeet wat ooit op `n ander wyse tot die volk gespreek het!

[23b] En Ek sê vir julle daarom nog `n keer: Wie My vlees eet en My bloed drink, het die ewige lewe, en Ek sal hom op die laaste dag opwek. (Johannes 6:54; Matthéüs 26:26-28)

[23c] Want My vlees is die ware voedsel en My bloed is die ware, lewegewende drank. (Johannes 6:55)

[24a] Ook sê Ek bowendien nog aan julle: Wie My vlees eet en My bloed drink, bly in My en Ek in hom. (Johannes 6:56)

[24b] Soos wat die ewig lewende Vader My egter waarlik gestuur het en Ek tans hier leef deur die Vader, so-ook sal hulle wat My eet, lewe om My ontwil. (Johannes 6:57)

[24c] En juis dit is dan die brood wat, soos wat alreeds gesê is, uit die hemel gekom het, wat nie die eienskap het van die manna in die woestyn wat julle vaders geëet het en gesterf het, soos wat Ek alreeds vroeër aangetoon het nie, maar wie hierdie brood sal eet, sal leef tot in ewigheid.” (Johannes 6:58)


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205