Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 45

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Die oordeel van die volk oor die toespraak van die Heer. Die studente van Jesus se getrouheid word op die proef gestel.

(Evangelie van Johannes 6: 59-65)

45 Omdat Ek dit in `n skool te Kapernaum gesê het, was daar natuurlik, behalwe die talle studente wat Ek nou gehad het en die groot aantal mense wat My uit Jerusalem gevolg het, ook nog baie Judeërs aanwesig, en daarom het hierdie leer, wat My eerste studente ook nie verstaan het nie, baie opsien gebaar en het dit aanleiding gegee tot talle twisgesprekke. (Johannes 6:59) 

[2] Sommiges sê: “Hy kan tog nie die vlees en bloed van Sy liggaam bedoel nie.”

[3] Ander het weer gesê: “Ja, wat moet ons dan anders daaronder verstaan? As Hy `n wyse is en die volk wil leer - bowendien nog in `n openbare skool, dan moet Hy tog so met die mense praat dat hulle Hom kan verstaan; want ons mense is nou eenmaal mense en geen geeste nie, en iemand wat egter wys is, moet goed weet en duidelik insien met watter toehoorders hy te make het. Maar dit was sulke onsinnige harde woorde dat geen enkele mens met menslike verstandigheid werklik daarna kon luister nie. Dit het ons maar net verwonder dat daar soveel is wat Hom so lank kan aanhoor. As Hy hierdie les in die Indiese taal voorgedra het, dan sou ons ewe veel nut daarvan gehad het!” (Johannes 6:60)

[4] Toe het die meer gematigdes weer gesê: “Dit is voorlopig wel waar, maar ons is tog van mening dat iets anders daaragter steek en dat Hy waarskynlik maar net bewustelik so gespreek het om ons siele aan te spoor tot aktiewer en dieper nadenke, - en miskien gee Hy wel `n nadere uitleg aan ons as ons Hom daaroor sou vra?!”

[5] Die ander sê: “Het ons dit dalk nie gedoen nie?! Toe Hy ons nader sou uitlê wat dit beteken dat Hy as `n egte brood uit die hemel gekom het, het Hy selfs oor Sy eie vlees en bloed begin praat wat mens moet eet en drink om die ewige lewe te verkry! Die raaisels is met opset op die manier gegee dat geen mens dit ooit sal kan verstaan nie, of die goeie man het Hom met ons eers `n grap veroorloof. Maar wat dit ookal is, nòg die een nòg die ander kan vir ons waarde hê! Wie egter eweveel gesonde verstand het soos ons, volg ons en gaan op sy weg!”

[6] Daarop het baie die skool verlaat, en net nog die talle studente het gebly, soos natuurlik ook die twaalf verkose apostels; want hulle het nog op `n nadere uitleg gewag. Maar onder mekaar het hulle ook gemor en gesê: “Dit is tog merkwaardig van Hom! Vandag kon Hy deur `n duidelike en by die menslike verstand gepaste les duisende tot vaste aanhangers van Sy leer gemaak het; maar op hierdie manier het Hy Homself vir `n lang tyd geskaad! Want wie sal Hom van nou af aan verder nog kan aanhoor en verdra?!”

[7] Ook die Judese Grieke het onder mekaar gesê: “Daar is `n geweldige afstand en `n groot verskil tussen die lesse in Bethanië en hierdie een hier! Die Judeërs wat nou weggegaan het, het die huidige stand van sake heeltemal korrek beoordeel. Maar miskien sal Hy Hom daaroor later tog nog duideliker uitspreek, - nou is hulle almal weg wat Hom op die berg koning wou gemaak het, en daarom sal daar nou minder in Sy weg staan om openlik met ons te spreek.”

[8a] Omdat Ek by Myself goed geweet het dat ook baie studente hulle daaroor vererg en onder mekaar gemor het, sê EK aan hulle: “Hoe kon julle julleself nou daaroor vererg? Het Ek dan nie aan een van My studente gesê dat hierdie mense nog lank nie ryp is vir die innerlike opname van die Ryk van God nie?! Ek het hulle nou egter almal behoorlik geskok, wat hulle nog baie besig sal hou en ryper sal maak vir die toekoms. Want Ek moet die mense tog eers vir My voorberei, sodat hulle daarna die dieper geheime van die Ryk van God makliker sal kan begryp. (Johannes 6:61)

[8b] Ek vra julle nou net wat julle wel sou sê as julle My, as die Menseseun wat Ek nou voor julle is, weer sou sien opvaar na waar Hy vroeër van ewigheid was?” (Johannes 6:62)

[9] Toe sê die studente: “Ja, ja, dit glo ons goed en dit sal ook beslis so wees; want U tekens is wonderbaarlik genoeg daarvoor. Maar dat mens vir die verkryging van die ewige lewe, Majesteit en Heer, U vlees moet eet en U bloed moet drink, dit is tog, op die manier waarop U dit voorgedra het, vanselfsprekend volkome onuitvoerbaar! Ons almal vind dit sekerlik baie belangrik om aan die dood te ontkom - ook al betref dit maar net die huidige sielelewe, omdat die liggaam tog in elk geval aarde en stof is wat moeilik ooit weer lewend gemaak kan word, - maar as dit maar net moontlik is ten koste van die vlees en bloed van U liggaam, dat dit tog maar vir baie weinig mense voldoende sou wees, sien ons ook af van die ewige lewe van die siel en dan wil ons as eerlike mense ons lewe vir ewig hier op aarde afsluit. As U egter daarmee iets anders bedoel, dan sou U waarlik goed daaraan doen as U dit aan ons ietwat meer sou verduidelik. As U binnekort weer opvaar na die plek waarvandaan U, volgens wat U sê, gekom het, waar en hoe sal mense dan oor U vlees en bloed kan beskik? Dus, aan hierdie huidige les het ons sonder nadere beligting absoluut niks nie!” 

[10] EK sê: “Het Ek dan nie gesê dat dit moeilik is om vir dowes te preek en moeilik is om vir blindes te skryf nie?! Is dit dan nie net die Gees wat lewend maak, terwyl die vlees nêrens iets dien nie?! Die woorde wat Ek tot julle gespreek het, is Gees en lewe en geen aardse vlees en bloed nie. (Johannes 6:63)

[11] Maar Ek sê julle nou ook heeltemal openlik, dat daar sommiges onder julle is wat, hetsy geen, of net `n baie geringe geloof het, en daar bevind hom onder My oudste studente selfs enkeles van wie Ek vanaf die begin alreeds geweet het dat hulle weinig geloof het, en één daarvan is selfs `n gierigaard, `n dief en `n verraaier!” (Johannes 6:64)


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205