Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 49

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Die geduld van die Heer met Judas Iskáriot. 

49 Ons het toe wyn gedrink en brood daarby geëet, want ons was twee-en-dertig persone en het nog `n versterking nodig gehad.

[2] Terwyl ons nog so vrolik aan die tafel gesit het, sê een van die Judese Grieke: “Majesteit en Heer! Hierdie herbergier wat ons so uiters vriendelik gesind is, sou besonder geskik wees om die plek in te neem van die student wat U steeds vererg, waarby U dan die ander, as hy ook weer sou kom, die Romeinse 'consilium abeundi'* sou kon gee. Want vir sover ons dit waargeneem het, is hy nog geldgieriger as `n tempeldienaar, en die enigste wat hy wil hê, is wêreldse dinge en `n goeie lewe. Daarbenewens het hy nog `n baie bose hartstog wat bestaan uit ydele grootdoenerigheid en leuens, en met so `n student is U en die mensdom weinig gedien. Hierdie herbergier het egter beslis `n helder gees en verstaan selfs U mees geheime woorde waarlik beter as U eerste studente; daarom sou hy tog wel `n baie voortreflike plaasvervanger wees vir die afwesige.” *(Die raad om weg te gaan.)

[3] EK sê: “Ek sal vanaf nou tot by die Loofhuttefees in Galilea bly en selfs dan is dit nog maar `n groot vraag of Ek na die Fees in Jerusalem sal gaan, en daar is dus tyd in oorvloed vir ons herbergier Matthias (Mai of Moi Dias = ‘my werker’, ook wel ‘my kneg’ of ‘dienaar’) om ons orals heen te kan begelei, by watter geleentheid hy nog baie vir die oog en oor en vir die hart en siel sal ervaar. Juis vir hierdie plek sal hy dan `n uitstekende en deeglike verbreider van My leer word; want ook hierdie mense is aan My gegee om hulle op te wek tot die lewe en nie tot die dood nie.

[4] Wat die afwesige egter aanbetref, kan hy kom as hy wil, - hy kan egter ook wegbly as hy wil; want elke mens, goed of kwaad, skik hom wat betref sy gees ten opsigte van My soos wat hy sy liggaam ten opsigte van die son skik. Wil hy hom deur die strale van die son laat verlig en verwarm, dan kan hy dit doen - of hy `n goeie of `n slegte mens is, dit sal hom nie geweier word nie; - wil hy dit nie doen nie, dan sal hy ook nie deur God daartoe gedwing word nie, en daarom staan daar ook: “God laat Sy son skyn oor die goeies en die boses.” En kyk, so is dit ook by My in lewende en -geestelike opsig! Wie My wil volg kan dit doen, en Ek sal hom nie afwys nie, ook al sou hy nog so `n groot sondaar wees! Want Ek het immers maar net terwille van die verlorenes en sielsiekes in hierdie wêreld gekom; want die gesondes het geen arts nodig nie. (Matthéüs 5:45b) 

[5] En dus kan ook die afwesige met My saamgaan as hy wil, net soos wat Ek die Judeërs vandag nie weggestuur het nie; maar omdat hulle uit hulleself weggegaan het, het Ek hulle ook nie teëgehou en gesê dat hulle moes bly nie. Ook het Ek nie onbegryplik voor hulle gespreek met die bedoeling dat hulle moes weggaan nie, maar Ek het op hierdie manier gespreek omdat Ek, deur die Vader daartoe genoodsaak, so moes spreek. Hulle het hulle daaroor vererg en het weggegaan, en dit was hulle en nie My skuld nie, - en dit was daarom ook goed dat hulle weggegaan het. Hulle kan terugkom en bly, as hulle wil; wil hulle egter nie, dan sal My sending en My leer daarom nie minder waar wees nie, net soos ook die lig en die warmte van die son nie minder en swakker word omdat `n aantal dwase hulle nie daardeur wil laat beskyn en verwarm nie. – Verstaan julle dit?”

[6] Die Judese Grieke sê: “Ja, Heer, dit het ons baie goed verstaan! Wat U, o Heer, spreek en sê, bevat werklik alle waarheid, krag en lewe! O, as alle mense dit tog sou kon insien!”

[7] EK sê: “Dit sal in hierdie wêreld wel nooit heeltemal die geval wees nie; maar daar sal nogtans baie wees wat dit sal insien, daarvolgens sal handel en die ewige lewe sal oes.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205