Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 51

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Oor vas en boete doen. Die geheim van die Fariseër en die tollenaar.

51 Die visse het goed gesmaak en die wyn nie minder nie. Ek self het heel flink geëet en gedrink, sodat dit `n paar Judese Grieke opgeval het dat Ek as mens, wat heeltemal met die Gees van God deurdring was, net soveel kon eet en drink soos elke ander mens.

[2] Omdat Ek dit wel gemerk het, sê EK: “Die liggaam het syne nodig - en die gees ook syne; ons is nou egter aan ons ledemate verskuldig om hulle goed te versterk, en daarna sal ons die gees nie vergeet nie.

[3] Laat niemand dink dat hy aan God `n welgevallige diens bewys deur te vas en vir sy sondes wat hy begaan het, in harige kleding voor die oog van die hele wêreld boete te doen nie, - maar net hy is aan God welgevallig, wat dankbaar eet en drink wat God hom skenk om daardeur sy aardse kragte te versterk vir nuttige werk waardeur hy homself en sy naaste heelwat nuttig kan help, en, as hy enige sonde begaan het, dit as sodanig erken, berou, verafsku, nie meer begaan nie en hom so waarlik verbeter.

[4] Daar is ewenwel ongelukkig baie wat tydens hul lewe maar net eet en drink. Hulle sorg net vir hul buik en vir hul huid. Naasteliefde is vir hulle vreemd, en vir `n arm mens spoeg hulle op die grond en laat hom nie by hul huisdeur se drumpel kom nie. Hul buik wat altyd gevul is, laat hulle nooit die pyn van honger of dors voel nie. Dit is egte swelgers, smulpape en dronklappe, wat daardeur met hul liggaam altyd gereed is vir allerlei geilheid, ontug, hoerery en egbreuk. Dit is dan vraatsug en swelgery waarmee niemand ooit die Ryk van God sal binnegaan nie.

[5] So staan dit ook met al die huigelaars wat vas en in harige klere boete doen en vir hul sondes aansienlike offers aan die tempel gee om deur die volk as geregverdig aangesien en geprys te word, maar dan self vir elke mens oor die skouer loer, as `n vermeende sondaar verag en alreeds van ver af vermy, omdat hy nie kan sien dat hy gevas, in harige klere boete gedoen en aan die tempel geoffer het nie.

[6] Ek sê egter aan julle: Sulke mense is ewe-eens `n gruwel voor God; want hul hart is verhard, net so hul gees en hul verstand. Hulle veroordeel hul naaste sonder enige bedagsaamheid en toegeeflikheid, hulle vee voor die deur van hul buurman en sien nie die groot hoop vuilis voor hul eie voorportaal nie. O waarlik, Ek sê vir julle: Soos wat hierdie tempelheiliges en -regverdiges nou meet, so sal hulle in die hiernamaals op hulle beurt ook gemeet word! (Matthéüs 6:16; Jesaja 58:5-6)

[7] Ek sê vir julle: Wie hier oordeel, sal ook in die hiernamaals geoordeel word; wie egter niemand oordeel behalwe homself nie, sal ook in die hiernamaals nie geoordeel word nie, maar dadelik opgeneem word in My Ryk! (Lukas 18:9)

[8] Ek sal hier egter aan julle in `n beeld die enigste manier toon waarop menslike selfregverdiging suiwer en deugdelik is voor God. Luister dus! (Lukas18:10)

[9a] Daar het twee mense na die tempel opgegaan, die een `n ryk Judeër, maar wat andersins streng volgens die wet gelewe het, en die ander `n tollenaar. (Lukas 18:11)

[9b] Toe die Judeër in die tempel gekom het, het hy vlak voor die altaar gaan staan en sê hardop gesê: “O God, ek dank U hier voor U altaar dat ek nie is soos wat talle ander is nie! Want U, o Heer God, het aan my die goeie en vaste wil gegee en ook alle ander aardse goedere daarby, en alleenlik daardeur is dit vir my moontlik om al U gebooie volledig na te kom; en hoe goed doen dit my siel nou om, noudat my dae ten einde loop, geheel regverdig voor U te staan!” (Lukas 18:12) Nadat hy nog `n aantal van sy regverdige, en dus volgens die wet, goeie handelinge so aan God voorgedra het, het hy `n groot offer op die altaar geplaas en het vervolgens uiters tevrede met homself, en met die beste gewete van die wêreld, die tempel uitgegaan en na sy huis gegaan, waar sy streng huistug gemaak het dat niemand van sy huismense baie verheug was oor hom nie, omdat sy rein gewete, sy streng sin vir orde en sy wettiese regverdigheid niks anders as louter sondes en foute by hulle ontdek het nie. (Lukas  18:13)

[10] Ons sondige tollenaar het hom egter in die tempel berouvol in homself teruggetrek, heeltemal agter bly staan, en het nie sy oë durf opslaan na die altaar nie, terwyl hy by homself gesê het: “O Heer, volkome regverdige, heilige en almagtige God, ek is `n te groot sondaar en daarom heeltemal nie waardig om my oë na U heiligdom op te hef nie; sien U my egter nogtans met medelye en barmhartigheid aan!” (Lukas l8:13) 

[11] Wel, wat dink julle, wie van die twee mense het daar geregverdig uit die tempel huis toe gegaan?”

[12] Die Judese Grieke het mekaar aangekyk en nie werklik geweet wat hulle aan My vir `n antwoord moes gee nie;- want niemand kon in hul oë tog regverdiger wees as juis die Judeër wat die wet tot in die kleinste puntjies vervul het nie. Die sondige tollenaar kon na hul mening seker nie meer geregverdig die tempel verlaat het as die genoemde Judeër nie!

[13] Maar EK sê aan hulle: “Julle vergis julle in jul oordeel! Die Judeër het heeltemal nie geregverdig uit die tempel gegaan nie; want hy het homself luid voor die hele volk geprys, het alle oë, ore, lof en bewondering na hom toe getrek en homself op hierdie wyse beloon. Is so `n gevoel van eiewaarde egter ook nie `n baie erge soort van hoogmoed nie?! Die vrugte daarvan is uiteindelik haat en veragting en `n voortdurende vervolging van almal wat hy nie as gelykwaardig erken en beoordeel nie. Is so `n mens dan wel `n geregverdigde voor God? O, geensins nie! Hy is nog baie ver daarvan af! (Lukas 18:14)

[14] Maar die tollenaar is `n geregverdigde voor God; want hy is vol nederigheid en vind homself baie slegter as die ander mense. Hy haat en verag niemand nie en is bly dat die mense hom nie nog meer verag en ontwyk as wat tog alreeds die geval is nie. - Wel, wat sê julle? Het Ek reg geoordeel?” (Lukas18:14)

[15] Toe het almal gesê: “O Heer, net U het in alle dinge gelyk, en ons almal is duister en sondige mense. Ons oordele is daarom net soos wat ons self is. O, dit was `n volkome korrekte beeld, want dikwels het ons die geleentheid gehad om sulke mense, wat hulself regverdig, waar te neem, wat geweet het hoe om hulself so rein soos die son voor te doen, en mens kon ook nie sê dat hulle in die tempel gehuigel het nie, want hulle het besonder gewetensgetrou op alle wette ag gegee. Maar juis daarom was hulle tog baie onverteerbare mense; want hulle het die wet nie nagekom omdat hulle die wil en die orde van God daarin herken het nie, maar hulle het dit gedoen asof die wet hul werk sou gewees het, om as streng wettiese mense meer invloed te kon uitoefen op hul dienspersoneel en huisgenote en om hulle foute en ondeugde beter te kon uitwys. Omdat ons baie sulke waarnemings kon doen, het ons nou ook die groot waarheid van U gegewe beeld ingesien en ons dank U, o Heer, vir hierdie les wat volkome waarheid bevat.” 

[16] EK sê: “Nou dan, wees nie kleinmoedig nie, en eet en drink as julle nog lus het! Ek self sal nog ietwat van hierdie vis neem.”

[17] Toe het almal nog van die vis geneem en het hulle ook baie goed aan die wyn geproe.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205