Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 54

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Die opstanding van die vlees

54 Die herbergier sê: “Ja, ek verstaan dit nou wel redelik, hoewel ek hier openlik moet erken dat dit alles vir my heeltemal nuwe dinge en in `n sekere sin nie te glo is nie. Dan bestaan daar dus nie die uiteindelike opstanding van die liggaam nie, waaraan alle Judeërs tog vas glo en waarvoor hulle die lyke in `n bepaalde kerkhof begrawe in die geloof dat hy op die jongste dag weer deur die engele gewek en met hul siele verenig sal word! Die Judeërs sal dit moeilik glo (wat U nou leer)! Ek glo dit wel, omdat U, o Heer, dit nou so aan ons vertel het en baie grondig uitgelê het, - maar as iemand anders dit aan my sou verduidelik het, sou ek hom baie moeilik kon glo; want dit wyk te sterk van die bestaande geloof af. En nogtans moet ek nou openlik erken dat die ervaringe my geleer het dat dit alles maar net so kan wees en nie anders nie. – Wat sê julle, ou en nuwe studente, daarvan?”

[2] Een van die Judese Grieke sê: “Wat ons betref, ons is dit heeltemal met jou eens! Ons sien wel die waarheid in van wat daar gesê is, maar ook die moeilikheid om hierdie heeltemal nuwe leer aan die mense van hierdie tyd begryplik as waarheid voor te stel.”

[3] EK sê: “Ek het hierdie leer egter ook nie gegee sodat julle dit aan die Judeërs moet beskryf nie! As julle iemand anders daarmee wil onderrig, dan kan julle dit altyd doen; maar of hy dit glo of nie, is voorlopig onbelangrik. As die tyd gekom het, sal My ware aanhangers egter in elk geval deur My Gees, wat oor hulle uitgestort sal word, in alle Waarheid en Wysheid gelei word.

[4] Dit spreek tog vanself dat die aardse liggaam, wanneer dit eenmaal ontsiel is, nooit meer sal opstaan en in al sy dele weer lewend gemaak sal kan word nie; want as dit die geval sou gewees het, dan moet op die bepaalde jongste dag ook al die afgeraakte dele wat tydens die dikwels baie lang tydelike lewe van die liggaam, soos die hare, naels, verlore tande en alle growwe huiddeeltjes wat verdwyn het, en ook die talle bittere gevalle vergote bloeddruppels, sweetdruppels en nog baie meer wat die liggaam mettertyd afgelê het, saam opgewek en saam lewend gemaak word. Stel julle dan so `n menslike gedaante voor wat op die jongste dag weer tot lewe gewek is, - hoe belaglik dit daar sou moes uitsien.

[5] Die mens het egter tydens verskillende periodes van sy lewe ook verskillende liggame; so is byvoorbeeld die liggaam van `n kind `n ander een as dié van `n groeiende seun, en `n ander as dié van `n jongeling, en `n ander as dié van `n man en `n ander een as dié van `n grysaard. Wel, by die volkome opnuut tot lewe wekking van die gestorwe menseliggame op die jongste dag sou mens jou tog noodwendig moes afvra of alle lewensvorme wat iemand vanaf sy kindertyd tot op hoë leeftyd beset het, tegelyk of na mekaar of selfs maar net één daarvan weer opnuut tot lewe gewek moet word.

[6] Dan doen hom nog `n baie belangrike vraag voor, en dit is die volgende: By die Romeine, Grieke en Egiptenare en by nog talle ander volke van hierdie aarde word die lyke tot as verbrand. Êrens anders gooi mense hulle in die see en word hulle deur die seemonsters geëet en daardeur word deel van die liggaam deel van die seemonsters, en gaan so `n monster dan dood, dan word dit weer deur ander diere van die see geëet. Wat moet daar op die jongste dag van hierdie liggame opgewek word? By die verbranding het die grootste deel van die liggaam in rook en damp opgegaan wat met die lug vermeng het, en by die liggame, wat in die see gewerp is, is vlees en al `n bybestanddeel van die seediere en het so in `n baie ander wese oorgegaan. Wie moet dan die voormalige menslike liggaamsbestanddele uit die tallose aantal diereliggame, uit die water, uit die lug, uit die minerale en uit die plante en wurms versamel en weer saamvoeg?

[7] En selfs as dit by God nie onmoontlik sou wees nie, dan is dit tog die vraag wat se nut en bate `n vrye siel daarvan sou kon hê. Waarlik, elke siel wat eenmaal verlos is van haar swaar liggaam, sou haarself sekerlik uitermate ongelukkig voel as sy weer daarin sou moes teruggaan - en dit ook nog vir ewig!

[8] Bowendien sou dit ook nooit ooreen kon stem met die ewige orde van God nie, want God self is `n suiwer Gees en die mense het uiteindelik ook uitsluitlik maar net die bestemming om vir ewig suiwer geeste te word wat aan God gelyk is. Waarvoor sou hulle dan die liggame nodig hê?!

[9] Ja, hulle sal ook daar liggame hê, maar nie hierdie aardse, grofstoflike nie, maar `n baie nuwe, geestelike, wat sal voortkom uit hul aardse goeie werke volgens My leer wat Ek nou aan julle gegee het.

[10] As dit so met die werklikheid gesteld is, hoe kan iemand dan meen dat onder die opstanding van die liggaam die in die toekoms opnuut lewendmaking van hierdie aardse liggaam verstaan moet word?! Die opstanding van die liggaam bestaan net uit die goeie werke wat die siel in die liggaam vir die naaste gedoen het en wat net aan die siel die ware, ewige lewe gee.

[11] Wie dus My leer hoor, in My glo en daarvolgens handel, sal Ek self opwek op sy jongste dag, wat dadelik na die uittrede van sy siel uit hierdie liggaam volg, en wel so dat niemand sal merk hoe gou die verandering plaasvind nie, want die verandering sal oombliklik plaasvind.

[12] En nou glo Ek, dat ook in hierdie opsig, dit alles vir julle heeltemal duidelik is. Het iemand egter nog die een of ander probleem of twyfel, laat hom dit dan laat hoor!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205