Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 58

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Petrus en die ryk inwoner van Kapernaum

58 Tydens die maaltyd is daar min gepraat, maar na die maaltyd des te meer; want daar het alreeds gou baie gaste uit die stad gekom, deels om na die woeste see te kyk, maar deels ook om `n goeie visontbyt daar te nuttig; want ons herbergier het naamlik in hierdie opsig `n goeie naam in die hele stad gehad. Dit was nie maklik om te vermy dat hierdie gaste met ons in aanraking gekom het nie, waarby baie na My gevra het; want hulle het sommige van My studente, wat hulle goed geken het, gesien en het daaruit die gevolgtrekking gemaak dat ook Ek nie so ver weg van hulle sou wees nie.

[2] `n Vername man uit Kapernaum, wat Simon Petrus baie goed geken het, het hom nader geroep en gesê: “Liewe vriend! Jy weet dat ek altyd vis van jou gekoop het en jou huis soveel moontlik ondersteun het; maar dit duur nou alreeds meer as een jaar dat jy en `n aantal opregte en deugdelike mense heeltemal vir niks met die Nasareense profeet rondtrek en julle vir julleself daardeur `n menigte vyande by die Judeërs op die hals gehaal het. Terselfdertyd verwaarloos julle julle huise en julle families, en dit kan God volgens die wette van Moses nie welgevallig wees nie! Dit is wel waar dat die Nasarener af en toe baie buitengewone tekens doen en mens byna in die verleiding sou kom om Hom vir `n profeet, wat deur God gesalf is, aan te sien; maar hoor mens Hom daarna spreek, dan weet mens nie of daar iets in so `n brein in orde is nie en of Hy opsetlik soveel onsin praat dat `n normale mens dit nie kan aanhoor nie, soos byvoorbeeld gister in die skool. Almal was gespanne oor wat Hy daar sou sê, omdat mens alreeds soveel oor Sy werklik buitengewone vaardighede self meegemaak het en heelwat van baie geloofwaardige ooggetuies gehoor het; maar Sy toespraak van gister was tog so dom, dat elkeen hom wel terdeë daaroor moes vererg! Waarlik, as julle van Hom niks beter leer nie, dan is julle terwille van julleself en nog meer terwille van julle brawe gesinne, baie te bejammer! - Het ek gelyk of nie?”

[3] Petrus het ietwat geprikkeld geantwoord: “Vriend, as jy oor ons Heer `n geldige oordeel wil vel, dan moet jy Hom net soos ek beter leer ken! Ek is nou meer as een jaar voortdurend by Hom en weet daarom ook beduidend meer as wat jy ook maar kan weet. Ek het ook nie op my kop geval nie, ek ken die Skrif en kan daardeur ook heelwat baie grondig beoordeel; maar ek het uit Sy mond nog nooit `n woord gehoor waaruit nie die diepste, Goddelike Wysheid sonhelder betuig is nie. Selfs die toespraak van gister was vol innerlike lewe en Goddelike Gees. Dat dit net deur baie min verstaan is, is werklik nie Sy skuld nie! Wanneer Hy Hom duidelik openbaar en eindelik verklaar wie Hy nou presies is, en niemand Hom glo nie, hoe kan sulke verstarde ongeloof dan Sy toespraak van gister begryp?!

[4] Kyk eers na buite! Sien eers hoe ongelooflik die see raas en woed! En let dan ook eers op dat `n groot stuk langs die oewer waar dit spieëlglad is en waar geeneen van die golwe wat so geweldig daarteen slaan, in staat is om ook maar die rus daarvan te rimpel nie! En kyk, dat dit so gebeur, kom maar net deur die wil van die Nasarener! Nouliks `n halfuur gelede was die rasende golwe ook hier aan die oewer net so magtig soos daar in die vol see; maar Hy het rus op hierdie gedeelte gebied en dit was oombliklik rustig, soos wat dit nou nog is. Wie moet dan wel die Een wees, aan Wie ook die stomme elemente oombliklik gehoorsaam is?!

[5] Hy het egter gister eenmaal openlik en onomwonde aan julle gesê wie Hy is. Waarom het julle Hom dan nie geglo en julle knieë en hart voor Hom gebuig nie?! Was dit wel verstandiger van julle om Hom as dwaas te verklaar, as om na Hom toe te gaan en te sê: “O Heer, U, wat as die lewe en alle mag uit God Self aan ons lewenswoorde verkondig, betuig aan ons arme blinde sondaars medelye en wees ons barmhartig!” Sien, ek weet en sien wie Hy is en bly daarom by Hom, en net deur Hom sal ek daarvoor die ewige lewe oes, waarvan ek nou alreeds baie sekerder is as van die feit dat ek nou leef en spreek! En as dit nie so sou gewees het nie, glo my, dan sou ek alreeds lankal nie meer Sy student gewees het nie; want soveel verstand as menige burger van hierdie stad het ek ook wel!

[6] Maar ek het in ooreenstemming met alle profete van die Skrif beken dat net Hy die beloofde Messias, die groot Gesalfde van God, van ewigheid kan wees en ook is, en dus bly ek by Hom en beskou dit as die hoogste eer van die wêreld om deur Hom self as student geroep te wees. Gaan maar na my huisgenote en vra aan hulle of hulle sedert my afwesigheid iets te kort gekom het! Wie behalwe Hy sorg daar vir hulle?! En hulle het voldoende brood en wyn! Hy gaan nie self hul akkers bebou en vang ook geen vis vir hulle nie; dit alles doen Sy almagtige wil, wat ook net daarvoor sorg dat die hele aardbodem verbou word! En dan sê jy dat dit nie mooi is om terwille van hierdie Nasarener die huis en gesin te verlaat nie! O vriend, hoekom is jy tog so blind!

[7] Kyk, ek het werklik nie van jou en van niemand `n les nodig nie; want ek het vir ewig genoeg aan die lesse van die Een! Was jy maar ietwat verstandiger as wat jy in werklikheid is, dan sou jy ons vra wat jou Nasarener leer en doen, en dan sou jy baie wyser handel as nou met jou wêreldse selfsugtige praatjies! Ek weet wat ek weet, en die ander studente weet dit ook, en hulle sal tesame met my getuig van die groot liefde en waarheid van God die Vader, wat nou in ons Heer Jesus, die deur God Gesalfde, na ons in hierdie wêreld gekom het tot heil van almal wat in Hom glo, en tot oordeel vir hulle wat Hom nie wil aanneem nie en altyd met raad en daad teen Hom is en hul uiterste bes doen om teen Hom te getuig.

[8] Tog matig ons onsself nie aan om iemand van julle as dom en blind en ligsinnig te verklaar nie, maar julle doen dit wel aan ons en julle beskou ons as werksku leeglopers en ligsinnige avonturiers, sonder dat ons julle ook maar die minste aanleiding daartoe gegee het! Sê eers eerlik of dit wel reg is voor God en voor elke opregte mens!”

[9] Toe het die ryk burger gesê: “Wel, wel, my liewe Simon Juda, ek het dit immers heeltemal nie so erg bedoel dat dit vir jou aanleiding sou wees om jou so oor my op te wen nie! As jy die wonderlike Nasarener beter ken as ek, dan is dit tog nie my skuld nie; want ek was nie in die geleentheid om, soos jy, voortdurend by Hom te wees en al Sy werke te sien en al Sy woorde te hoor nie. Ek beoordeel Hom maar net volgens wat ek self gesien het en wat ek oor Hom van ander mense gehoor het. As louter mens kan ek oor `n mens ook met die beste wil nie anders as om maar net menslike oordele te vel nie; en omdat ek my dit nou as jou ou vriend teenoor jou veroorloof, sou dit jou, as wyse man met baie meer ervaring as ek, miskien tog nie sleg gepas het as jy my in ietwat gematigder woorde op my vergissing gewys het nie! Maar omdat ek jou altyd liefgehad het, is ek nie vir jou kwaad nie.

[10] Maar selfs die Goddelikste wysheid sal openlik aan my met reg moet toegee dat niemand meer van `n mens kan verlang as waartoe hy in staat is nie. Ek sou die God wel eers wil leer ken wat gebiedend en dadelik met straf dreigend aan my sou sê: “Jou ellendige aardse wurm daar, tel hierdie berg op en dra hom van hier na die einde van die wêreld, anders vervloek Ek jou tot ewige ellende!” Sou jy so `n soort Goddelike eis wys vind?! Sou `n wyse God, wat my kragte moet ken, so `n daad van my kan verlang?! Ek vra jou of dit so besonder wys van jou was om van my meer kennis, begrip en geloof te verlang as wat my geestelike kragte strek, en my dan dadelik vanweë my wankelende geloof en kennis ook van `n oordeel te verseker.

[11] Geestelike krag is egter duidelik van `n hoër orde as elke natuurlike krag. As jy geen geestelike krag het nie, het jy dit nou eenmaal nie, en sonder om in die besit te wees van die groter en hoër geestelike krag kan jy dan ook ewemin diepere en meer geheime waarhede verstaan en dit as sodanig gelowig erken, as wat mens met te min natuurlike krag `n berg kan optel en wegdra. Ek dink egter dat mens orals met liefde en geduld by die mense meer uitrig as met hierdie erns wat jy nou sonder noodsaak teenoor my ontwikkel het. Het ek gelyk of nie?”

[12] Toe het Petrus ietwat verleë gesê: “Ja, ja, jy kan op jou manier ook wel gelyk hê, en ek kan nie juis iets teen jou mening inbring nie; maar jy moet tog ook insien dat dit van jou kant beslis nie mooi was om my dadelik in `n sekere sin as `n ligsinnige mens uit te maak nie, omdat ek my huis, ambag en gesin verlaat het en die Heilige van God uit Nasaret nagevolg het!

[13] Ek weet wel dat dit jou hier, net soos nou talle ander, aan geestelike krag ontbreek om die diepe geheime van God dadelik te verstaan; maar daar is nog `n baie goeie middeweg, en dit lui volgens my ongeveer so: As ek buitengewone dinge hoor of dit selfs sien, bly ek beskeie en wag solank met my oordeel totdat ek moontlik van `n ander kant `n beter uitleg daaroor kry; en is dit vir my dan nog nie so heeltemal duidelik nie, dan soek ek verder, en eers as ek geen hoëre en betere uitleg kry nie, is ek geregtig om te sê: “Dit verstaan ek nie en ek laat dit aan ander oor wat kundiger is as ek om `n oordeel daaroor te vel!” Maar om dadelik die staf te breek oor iets wat jy nie verstaan nie, is tog beslis nog minder wys as wat my voortvarende reaksie teenoor jou was!

[14] Jy het sekerlik die Hooglied van Salomo gelees en ook, net soos ek, beslis geen woord daarvan verstaan nie! Sou dit verstandig wees om dit te verwerp omdat jy dit nie verstaan nie?! Nogtans het ons `n groot eerbied vir die lied, hoewel ons dit nie verstaan en waarskynlik in hierdie wêreld ook nooit volkome sal verstaan nie. As ons met ons huidige baie beperkte verstand tydens die lewe van hierdie koning, wat met so `n groot wysheid begaafd was, geleef het, dan sou ons waarskynlik oor die Hooglied geen beter oordeel gehad het as wat julle gister gehad het oor die toespraak van die Majesteit en Heer nie; maar omdat die lied van die koning alreeds baie oud is, waardeer mens dit vanweë sy ouderdom, ook al verstaan mens dit glad nie.

[15] Ons Majesteit en Heer verrig dade, waarvan Salomo nooit kon gedroom het nie, en Sy wysheid en respektiewelik volkome alwetendheid is in verhouding tot die wysheid van Salomo soos die oneindigheid tot die kleinste puntjie daarin; omdat dit egter nie byna duisend jaar oud is en hier voor julle oë en ore werksaam is en verlig, is dit vir julle `n dwaasheid. Dink self eers goed daaroor na en sê my dan of dit wys is van manne met enige verstand!

[16] Ek wen my wel teenoor jou op, maar tereg, omdat ek tog vir jou moes aantoon dat ek en ook die ander broers, deur alles te verlaat en Hom te volg, geen arbeidsku dwase is nie, maar dat julle die dwase is, omdat julle dit nie insien en erken en dieselfde doen wat ons doen nie. Want nou het die tyd sigbaar aangebreek waarin elkeen wat dit wil, direk deur God onderrig en opgevoed kan word; want waarlik, ek sê aan jou as jou ou vriend: In hierdie Mens, wat julle `n profeet uit Nasaret noem, woon nie net die gewekte gees van `n profeet nie, maar in Sy liggaam woon die volledige Godheid en des te meer in Sy Gees! Maar julle is almal blind en wil, tot groot skade vir julleself, dit nooit erken en nog minder glo nie, en daarom is dit moeilik om met julle te praat.”

[17] Toe het die ryk burger gesê: “Maar - liewe ou vriend, jy sê maar steeds dieselfde! Wees tog eers nugter en bedink dat daar in die eerste plek nog nooit iemand as `n volkome wyse man uit die hemel op ons aarde gekom het nie - en glad geen mens soos ons ook nie! Hoe sou ons dan kon weet dat agter die timmermanseun, wat aan ons persoonlik maar al te goed bekend is en wat met sy vader Josef en sy broers meermale by ons gewerk het, nou skielik die algehele volheid van die Godheid in Hom moet wees?!

[18] Ja, as Hy met sy wonderdade byvoorbeeld uit Egipte of Persië na ons toe sou gekom het, dan sou Sy hele Wese vir ons kortsigtige mense duidelik belangriker gewees het en ook seker makliker `n sterker aantrekkingskrag op ons uitgeoefen het; maar ons ken Hom alreeds vanaf Sy kinderjare en Hy het vroeër, solank sy vader geleef het, nooit ook maar in die minste laat merk dat Hy iets meer was as `n baie gewone, stil, vlytige en uiters welgemanierde mens nie! Nou het Hy Hom opeens verhef tot leraar en buitengewone Heiland vir siekes en selfs skyndooie mense, wat opvallender is en moet wees omdat Hy vroeër nooit iets laat blyk het van dit alles nie, en ons baie goed weet dat Hy voorheen nooit `n skool besoek het en nooit in die buiteland was nie, waar Hy so-iets Sy eie kon gemaak het nie. 

[19] Maar skielik staan Hy met sulke buitengewone vaardighede toegerus voor ons, dat elke mens met reg uitermate verbaas daaroor moet wees! Wat kan ons met ons natuurlike verstand dan nog anders dink as: Hy is, omdat Hy `n vroom man is, op `n keer in die nag deur die Gees van God tot profeet opgewek, en ons doen dus niks onredelik as ons Hom as `n profeet uit Nasaret verklaar nie, wat die Nasareners self ook doen. Van jou hoor ek eers nou baie ander dinge, wat vir my weliswaar nog ietwat seldsaam klink. Maar ook dit maak nie saak nie, omdat `n mens immers eers iets êrens oor `n aangeleentheid moes gehoor het, alvorens hy dit kan beoordeel, beproef en ondersoek, waarna hy dit eers gelowig as volle waarheid kan aanvaar. 

[20] Ek het van jou nou vir die eerste keer iets gehoor oor wat daar eintlik agter ons Nasarener is, en sien, hoe indrukwekkend jy ookal oor Hom praat, vind ek dit nogtans nie verdoemenswaardig nie, maar selfs die moeite werd om ernstig daaroor na te dink, dit te ondersoek en ook aan te neem, as mens alle nodige voorwaardes daarvoor in ag geneem het! Ek vind niks onmoontlik daarin nie, en die omstandighede spreek nou baie daarvoor, omdat ons almal maar al te goed weet dat die Nasarener Hom die buitengewone bekwaamhede nêrens in `n geheime profeteskool Sy eie kon gemaak het nie, omdat Hy nooit `n besoek daar afgelê het nie. Volgens Sy vader het Hy selfs nooit op so `n manier leer lees en skryf dat mens sou kon sê dat Hy dit volkome beheers nie. En daarom is Sy gawes wat plotseling tevoorskyn gekom het, soveel meer opvallender, en is die onbegryplike mag van Sy wil, waarvoor selfs, volgens wat ek gehoor het, letterlik die hardste klip moet wyk, nog meer bewonderenswaardig. Ek beskou alles as waar omdat ek die vorige jaar self getuie was van so `n daad, wat Hy duidelik maar net deur Sy wil volbring het. Maar jy, my ou vriend, moet nie kwaad word vir my wanneer ek as eenvoudige en beskeie mens maar net menslik met jou praat nie!” 

[21] Petrus sê: “Van kwaad word kan by my alreeds lankal geen sprake meer wees nie; maar ek sal ook nie aarsel om aan `n ou vriend die volle waarheid te vertel nie. Maar nou wens ek jou verder nog `n genoeglike voortsetting in die Naam van my Majesteit en suiwer Goddelike Heer toe!. Ek moet nou na Hom toe gaan in die vertrek hier langsaan, want ek het Sy stem binne-in my gehoor.” 

[22] Toe het Petrus sy ou vriend verlaat en weer na ons toe in die vertrek gekom.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205