Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 69

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Die Goddelike Liefde, haar sorg en wysheid

69 Die Heer: “Waarlik, Ek sê vir jou: Wie My woord hoor, dit as waarheid aanneem en getrou daarvolgens leef en handel, sal voortaan geen dood meer voel nóg smaak nie! Maar wie My net as `n redelike goeie buit in gelyke mate langs die wêreldse wil inbring, sal tot aan sy einde in hierdie wêreld weinig geestelike lewenstroos in homself bespeur, en in die hiernamaals sal dit dan eers duidelik word wat by hom meer gewig gehad het. Want wie meer van die wêreld in hom het, sal eendag baie moeite hê om selfs maar die ewewig te bewerkstellig, en dit sal nog baie lank duur voordat Ek Self in sy huis as gas sal wees en by hom sal rus.

[2] Maar jy, wat dit nou weet, met goeie moed hê, en bedink dat mens met een slag geen volgroeide boom kan omkap nie, dan sal jy rus vind in jou hart en gemoed. Jy hoef van nou af aan net volgens My woord te handel, en die ander wat jy soek, sal dan op die korrekte tyd aan jou daarby gegee word.

[3a] Wees ook nie te veel besorg oor jou huis en wat jou gesin sal eet en drink nie; want dit doen net die wêreldse mense en die heidene, wat van God en respektiewelik van My niks af weet nie!

[3b] Soek volgens My woord alleenlik die Ryk van God en sy geregtigheid, wat vol lig is en wat veral bestaan uit die liefde vir God en die naaste, dan sal al die ander heeltemal vir niks aan jou daarby gegee word! (Matthéüs 6:25; Lukas 12:22)

[4] Kyk na die blomme op die veld wat nie werk en ook nie oes nie, maar die Vader in die hemel sorg nogtans so vir hulle dat hulle gevoed word en bowendien uiteindelik nog baie pragtiger beklee is as Salomo ooit in sy grootste koningsprag. (Matthéüs06:28-29; Lukas 12:27)

[5] As God egter al so vir die gras sorg, wat vandag groei en môre afgemaai word en volgens `n ou gebruik in bondels gedroog en in die oond tot as verbrand word, hoeveel te meer sal God dan vir daardie mense sorg wat Hom liefhet en Sy gebooie onderhou! (Matthéüs 8:26; Matthéüs16: 08; Lukas 12:28)

[6] As selfs die mense wat meestal tans gemeen en sleg is, hul kinders liefhet en so aan hulle soveel goed as moontlik doen, hoeveel te meer sal die goeie Vader in die hemel dit dan aan diegene doen wat Hy waardig bevind het om Sy kinders te wees! Of het jy ooit van iemand wat uiters baie suiwer wysheid besit, hoor sê dat hy gruwelik en onverbiddelik hard teen sy naaste of selfs teen sy kinders opgetree het?!

[7] Dit is sedert menseheugenis bekend dat `n wyse mens ook `n goeie mens is en die goeie vir alle mense wil hê. Net die Wysheid het aan die mense wette gegee wat maklik was om na te kom en waardeur almal volkome gelukkig kon word; hulle het die wette maar net bekragtig vanweë die slegte, eiesinnige, ongehoorsame mense, sodat die goeie mense `n middel in die hande sou hê om die slegte dwase met geweld na die goeie toe te dwing, as die sagte vermanings geen vrugte opgelewer het nie. So is ook die bekragtiging van die wette vir orde `n daad van Liefde en Ontferming uit die Wysheid.

[8] As volkome menslike wysheid egter alreeds net goeie dinge tot stand bring, en die onwyse mense na die ware geluk van die lewe lei, hoeveel te meer dan die allerhoogste en diepste Goddelike Wysheid van God!

[9] Dat Hy nie kan ingaan teen Sy eie orde, waarvan die bestaan van alle skepsele afhang nie, en daar ook ewig nooit teen sal ingaan nie, moet elke mens met `n bietjie wysheid baie goed kan begryp, omdat daardeur die bestaan en die geluk van alle goeie en salige wesens bedreig sou word. Maar die Hoogste Wysheid wil ook die weerspannige geeste en wesens tot die goeie en ware bring en het vir hierdie doel vir die mees gepaste middele gesorg, wat vir die verstokte sondaar weliswaar nooit soos melk en heuning sal smaak nie, - maar dit sal nogtans steeds van sy eie wil afhang om dit te verander, as hy dit wil doen.

[10] En dit is ook hier die geval. Alles hang af van die ernstige wil van die mens; as hy hom ernstig wil verbeter en in volle vertroue God, altyd in My Naam, smeek om iets regs en goeds, sal dit aan hom gegee word na die maat van sy ware verbetering en van sy geloof en vertroue. En jy kan dan nou volkome tevrede wees met hierdie uiters ware belofte van My.

[11] Wie dit alles goed oordink en daarvolgens handel, sal in alles baie gelukkig wees en vir die liggaamlike dood geen angs en vrees meer hê nie, ook al was hy ook vroeër `n groot en growwe sondaar gewees. Want God, die Vader in die hemel, het My net vir die sondaars en nie vir die regverdiges nie, na hierdie wêreld gestuur, en soos wat die Vader My gestuur het, so sal Ek ook julle na die sondaars stuur; want net die siekes het `n geneesheer nodig, en nie die gesondes nie. - Is dit vir jou nou heeltemal duidelik?”

[12] Die herbergier sê: “O, vir wie sou dit nou nog nie duidelik wees nie?! - Maar nou begin die dag ook alreeds ietwat na die aand te neig. Wat sal ons nou doen?”

[13] EK sê: “Dit hang nou van jou af; want vir vandag, môre en oormôre sal Ek heeltemal niks bepaal nie. As jy egter iets het, sê dit dan, dan sal Ek sien wat daar te doen sal wees!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205