Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 72

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Invloed van geeste by natuurlike gebeurtenisse as toelatings van die Voorsienigheid

72 Die herbergier vervolg: “Maar het ruwe, bose geeste wel soveel krag om so `n aanmerklike stuk grond, wat daarby nog baie vas is, so diep na benede te druk?”

[2] EK sê: “Hulle het eintlik net so min krag as `n slapende held; maar so nou en dan word daar iets vir hul eie ontwaking toegelaat, wat sulke slegte geeste in hul totaal kragtelose droomfantasie wil uitvoer, en waartoe hulle steeds nuttelose pogings onderneem, sodat dit werklik gebeur, volgens die wil van `n hoëre, volledig wakker, geestelike mag. As so-iets dan werklik gebeur, skrik hulle plotseling wakker en sien hulle hul ellende in. Daardeur kom sommiges dan deur hul eie wil uit hul bose droomlewe in `n meer wakende bestaan in, en dan is hulle daarna alreeds meer versigtig om nie weer in sulke bose fantasieë te verval nie, sodat daar nie weer iets bo hulle instort en hulle toetakel in hul veronderstelde vrye bestaan nie. 

[3] Hier gaan dit egter oor `n sameloop van omstandighede, wat sedert `n lang tyd presies bereken was vir die bereiking van `n goeie doel. Hier, onder hierdie stuk grond, bevind hom reeds sedert vir julle onvoorstelbare aardse oertye `n groot gat, wat `n onderaardse voortsetting van die see was. Maar met die verloop van tyd het die opgehoopte seeklei steeds die verbinding verskuif en verstop, wat reeds vanaf die begin af nou was, tussen die oop see en die daarmee verbonde onderaardse see, wat sy watertoevloei daaruit getrek het. Toe die toevoer van die water met die verloop van `n lang tydperk heeltemal opgehou het, het die onderaardse water steeds verder gesak en daardeur het `n groot hol ruimte ontstaan. Deur herhaalde aardbewings het die een loshangende deel na die ander onder hierdie stuk grond los geword en in die diepte van die hol ruimte geval. Daardeur het die ingestorte stuk grond natuurlik steeds dunner geword en het dit steeds minder houvas gehad.  

[4] Toe die ruwe aardgeeste gedurende die afgelope tyd `n klein aardbewing veroorsaak het, na aanleiding van `n stille opwinding van die bose siele, wat as gevolg van hulle materiële aard hul bestaansruimte meestal in die onderste aardholtes het, het die hele stuk grond dan ook vanweë die swak binding ingeval en in die diepte ingestort. Dit was eintlik die volkome natuurlike rede; maar dit is nogtans nie heeltemal suiwer natuurlik nie, maar ook geestelik, omdat dit reeds sedert onvoorstelbare lang tye ten behoewe van die ontwaking van die slegte slaapgeeste deur God voorsien en toegelaat was. 

[5] En so gebeur daar op aarde heeltemal niks eintlik suiwer natuurlik in sigself nie, maar altyd in volle verbinding (met die geestelike), terwille van `n geestelike doel; want orals staan die geestelike deurlopend streng in verbinding met die natuurlike en beide werk voortdurend op mekaar in, wat julle egter eers heeltemal duidelik sal insien as julle, deur volgens My leer te handel, in julle gees weergebore sal wees. - Maar nou kan ons na hierdie gedane arbeid wel weer huiswaarts keer; want ons sal daar ook iets nuuts aantref.”

[6] Toe sê die herbergier: “Heer, sal ek nie eers my knegte en diensmaagde hierheen roep, sodat hulle ook kan sien wat se ongelooflike wonderwerk hier plaasgevind het nie?”

[7] EK sê: “Doen dit nie vandag nie, want môre is daar ook nog genoeg tyd daarvoor! Dat jou dienspersoneel hulle baie daaroor sal verwonder, is verseker; maar die verbasing sal weinig nut hê vir hul siele wat nog baie sinlik is, want dit is meestal Grieke en daarom nog werklik duistere en baie bygelowige mense, en hulle sal die gebeure dadelik aan die een of ander sogenaamde halfgod toeskryf. Hulle sal jou nog verder gaan beleër oor die oorsaak van die verskynsel as jy aan hulle gaan sê dat Ek, die timmerman uit Nasaret, dit gedoen het, dan sal hulle jou uitlag of sê dat Ek Self met `n halfgod in verbinding staan en daarom maklik so-iets kan bewerkstellig. 

[8] Sulke mense is nog lank nie tot die opname van die Ryk van God in staat nie; hulle moet eers op `n geskikte manier voorberei word, en in staat gestel word om helderder oor alle verskynsels in die natuurlike wêreld na te dink en te oordeel. Maar hierdie mense bring alles terug tot die wil van die onsigbare gode, waarvan hulle van mening is dat hulle hulle aanwesigheid presies kan bedink en aanvoel, en dan is daar met die volle waarheid uit God se hemele nog lank niks aan te vang nie; daarom laat ons hulle met rus en gaan nou weer na die huis!” 

[9] Daarop het ons die plek verlaat en na die huis, na ons herberg, gegaan.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205