Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 79

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Die Heer in die noorde van Galilea.

Die afskeid van die herbergier te Kapernaum. Die innerlike woord as Godsgeheim in die hart van die mens.

(Evangelie van Johannes 7:1)

79 Op hierdie oggend het Judas Iskáriot ook na ons toe teruggekom, en wou begin vertel wat hy alles in My Naam gedoen en gespreek het.

[2] Maar EK sê aan hom: “Laat dit, want aan My is niks onbekend nie! Pas op dat jy nie leuens vertel nie! Om dit te voorkom, moet jy nie praat nie; want as jy iets sê, is ruim die helfte daarvan onwaar!”

[3] Daarop het hy stil geword en rondgekyk om iets te ete te kry.

[4] EK sê egter nou aan die herbergier: “Luister vriend, daar is nou verder niks meer hier te doen nie, en Ek vertrek na middagete! Want vandag teen die aand kom hier `n aantal vreemdelinge, waaronder talle uit Jerusalem, en Ek wil hulle om baie wyse redes nie ontmoet nie. Laat dus `n goeie middagete opdis; daarna staan dit jou vry om die rekening vir ons op te maak, as dit dan nie vir My en My ou studente is nie, dan tog wel vir die twintig nuwe studente wat ryklik mate goud en silwer by hulle het!” 

[5] Die herbergier sê: “Nee, Majesteit en Heer, al sou daar nog soveel studente van U tientalle jare hier in my herberg wees, dan hoef niemand my tog ook net `n stater* te betaal nie! Want ek staan immers, o Heer, so diep by U in die skuld, dat ek U selfs met goudklonte so groot soos `n berg nooit sou kon betaal wat ek aan U verskuldig is nie. Dink eers aan die visvangs, dan die wonderbare verstopping van die groot holte en uiteindelik selfs die opnuut lewendmaking van my liefste kind! Met watter skatte ter wêreld sou so-iets nou na behore betaal kon word?!” *(klein muntstukkie =gelykstaande aan `n kwart pennie)

[6] EK sê: “Wel, gaan dan en laat `n goeie middagete vir ons voorberei!”

[7] En die herbergier het gegaan en alles gereël.

[8] Toe het die studente egter na My gekom en gesê: “Heer, waarheen wil U nou gaan? Galilea het ons al van plek na plek en van huis tot huis deurgegaan. Alleen Judéa, Samaria en Klein-Mesopotamië, net so Sírië en die gebied in die rigting van Damaskus is nog min of glad nie deur ons betree nie. Hoe sou U dit vind indien ons daarheen sou trek?”

[9] EK sê: “Dat die lande wat deur julle genoem is, lig nodig het, en veral Judéa, wat die meeste ontaard het, dit weet Ek; maar Ek gaan nogtans nie nou daarheen nie, omdat mense My daar die meeste na die lewe staan.- Weliswaar kan niemand My voor My vasgestelde tyd gryp nie, waarvan Ek julle alreeds `n aantal bewyse gelewer het, - maar Ek wil nie deur My aanwesigheid die volk van Judea ook nog boser maak as wat hulle alreeds is nie. Die ander lande is egter nog te min ryp vir My, en daarom sal ons tog in Galiléa bly en hier die lig nog meer aansteek.” (Johannes 4:43; Johannes 7:1) 

[10] Dit was vir die studente dan ook reg; want ook hulle wil juis nie so baie met die eintlike Judeërs te doen hê nie. Want die Judeërs het byna alles verag wat uit Galilea afkomstig was. Die nuwe studente het toe gedink dat Klein-Mesopotamië, Sírië en Coles-Sírië miskien nog wel die geskiktste streke sou wees waar mens die lig van die hemele met veel nut sou kon uitbrei. 

[11] EK sê: “Leer My nie daardie lande ken nie! Daar kom vir een - sê maar - slegte Judeër minstens tien Grieke en Romeine voor as suiwer heidene met `n egte, ontsettende duister bygeloof! Hoe sou hulle die ware, geestelike lewenslig kan opvat?! In Samaria het ons die lig reeds versprei en dit groei aansienlik daar. Damaskus is `n groot handelstad. Die mense daar dink maar net aan hoe en waar hulle hul produkte die beste sou kon verkoop, en met die lig is daar voorlopig maar baie min te bereik; later sal die lig egter ook wel daar kom, en daarom bly ons nou in Galilea, besoek ons ligvriende en versterk hulle nog meer!

[12] As `n heerser oor `n volk wil heers, dan moet hy eers `n versterkte kasteel vir homself bou wat nie deur sy vyande verower kan word nie. En as die volk dan sien dat die heerser nie oorwin kan word nie, onderwerp hulle hulle aan hom en hou hulle aan sy voorskrifte. En so moet Galilea ook vir ons `n versterkte kasteel word wat nie maklik deur die vyand van die lig verower kan word nie. Ek is Self as Galileër die fondamentsteen, en julle geloof is die rots waarop Ek die kasteel van God bou. - Nou kom die herbergier ook alreeds om ons na die maaltyd te roep. Laat ons dus gaan!”  

[13] Die herbergier het gekom en ons aan tafel genooi, hoewel dit nog nie die middel van die dag was nie, en ons het gegaan en die goed voorbereide maaltyd genuttig, terwyl daar ondertussen nog heelwat oor ons aanstaande reis gepraat is.

[14] Na die maaltyd het ons vinnig opgestaan en op ons weg gegaan. Die herbergier het My gevra of hy ons nie tot die volgende plek mag begelei nie.

[15] Maar EK sê aan hom: “Jy het nou ook een van My studente geword, want jy het goed erken wie Ek is. Bly jy nou maar tuis, daar sal jy vir My meer van nut wees as wanneer jy sou saamgaan! Daar sal vandag nog baie gaste na jou herberg kom en jy sal geleentheid kry om My te verteenwoordig, en dit sal hom nou in hierdie tyd baie dikwels herhaal. Binne `n paar weke sal Ek egter weer na jou toe kom en nogmaals etlike dae by jou deurbring; dan sal jy wel weer geleentheid kry om nog meer oor My leer te hoor. Maar as jy van nou af aan in My Naam sal spreek, hoef jy nie te dink wat jy sal sê nie, maar Ek sal jou die woorde in jou mond lê wat jy moet sê!” 

[16] Die herbergier sê: “Heer, hoe sal ek dit voel en gewaar word?'

[17] EK sê: “Jy sal in jou hart gedagtes waarneem wat so helder is asof dit suiwer gespreek word, en dit sal jy dan met jou mond sonder moeite kan uitspreek. Daarin lê die geheim van God in die mensehart. – Ten slotte wil Ek jou nog iets sê: 

[18] As jy êrens `n sieke sal vind, lê hom dan in My Naam die hande op, dan sal hy beter word! As jy egter iemand op hierdie wyse genees het, laat jou dan nie vir die genesing betaal nie, maar sê aan die geneesde: “Dank God, die Almagtige, in Sy Seun Jesus! Gaan heen en sondig nie meer nie! Hou die gebooie en doen die goeie!' Daardeur sal jy vir My baie gelowiges opwek.”

[19] Daarop het Ek hom die hande opgelê en hom daardeur die krag gegee om in My Naam te handel.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205