Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 85

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Die kuns om te lewe

85 Na hierdie reëling is ons na die maaltyd uitgenooi en het in `n eetsaal gekom wat nie sy weerga in Jerusalem gehad het nie. In die middel van die saal het `n groot sederhouttafel gestaan, belaai met allerlei spyse en die edelste wyne. Ons het daaraan plaasgeneem en geëet en gedrink, want die vroeër gekoopte brode was nie goed en ook nie groot nie, net so-ook die paar armsalig voorbereide visse, - daarom het ons ook maar baie min daarvan geëet. 

[2] Tydens die ete is daar nie baie gepraat nie; maar toe die tonge van die gaste losser geword het deur die goeie wyn, het dit weldra baie lewendig om die tafel geword. Ek het egter nie gepraat nie, want Ek het tussen die tot lewe gewekte seun en sy vader gesit; en hulle het `n te groot eerbied vir My gehad en het dit nie durf waag om My te steur terwyl Ek Self geëet en gedrink het nie.

[3] Eers toe Ek gesê het dat Ek nou voldoende geëet en gedrink het, het die tollenaar My gevra hoe dit vir My moontlik was om selfs aan `n dooie die lewe terug te gee; want van so-iets het mense op aarde nog nooit gehoor nie.

[4] EK sê egter aan hom: “Vriend, as die menslike gees eenmaal volgens die orde opgewek is, kom hy agter allerhande geheime, en as hy heeltemal in die volle lig ontwaak het, kom hy ook agter die groot geheim van die lewe, en besef hy dat hy die skepper van alle lewe is. Die grootste kuns van die lewe is nou juis om jouself as sodanig te vind en te erken!

[5] Ook jy leef en dink, wil en doen volgens jou denke en wil; maar jy weet nie wat die lewe is nie, hoe die denke en wil, en hoe dit vervolgens alle ledemate in `n ooreenkomstige aktiewe beweging bring. Maar wie dit in homself gevind het en goed onderskei het, het vanaf daardie oomblik `n ware meester van sy lewe, soos ook die lewe van sy medemens, geword en hy kan dan ook doen wat Ek vir jou seun gedoen het. Ja, hy kan nog meer doen: Sien, hy kan homself heeltemal onsterflik maak!

[6] As mens My in die huidige blindheid, selfsug, hebsug, nyd, jaloesie en heerssug van die mense sal gevange neem en selfs sal dood, sal dit die slegte mense niks baat nie; want voordat daar drie dae sal verbygaan, sal Ek Myself weer opwek uit die dood, vervolgens ewig verder lewe en nog groter dinge doen as nou. - Dit, wat Ek nou aan jou gesê het, is so waar en so seker, as dat dit waar is dat jou seun Jorabe dood was en nou weer volkome leef. Glo jy dit?”

[7] Die tollenaar sê: “Dat U my geen onwaarheid vertel nie, daarvan is ek volkome oortuig; want ten eerste leef my seun net deur die mag van U geheime lewenskuns, wat `n gevolg van U kennis sal wees, en ten tweede het die ou, wyse Grieke ook reeds sulke leerstellinge opgestel. Of hulle egter ooit soos U met hul gees agter die groot geheim van die lewe gekom het, weet ek nie en ek herinner my ook nie daaraan dat ek verder ooit iets daaroor gelees of gehoor het nie. 

[8] Die fabels van ons gode en halfgode vertel weliswaar oor baie klein wonderwerkies wat hulle verrig het; maar watter mens met `n bietjie verstand kan so-iets glo?! Ook in die mistieke skrifte vertel mense dikwels heelwat oor `n almagtige God, wat omgewe is deur ontelbare magtige geeste, wat steeds baie presies Sy bevele in die hele universum uiters noukeurig oorbring en uitvoer. Vir mense is hulle egter nie sigbaar nie, en die God ewemin, maar hulle moet wel `n volmaakte verstand en `n almagtige wil hê. Talle honderde jare gelede moes hulle hulleself op dieselfde wyse aan die vrome mense laat toon het soos die gode en veral die halfgode hulle hulleself aan die Grieke getoon het. 

[9] As mens rustig en onbevange daaroor nadink, sien jy daaraan dat die gode- en lewenslere van die Grieke en Judeërs uiteindelik op een en dieselfde neerkom. Alles is in `n ondeurdringbare duister gehul, en hoeveel moeite en inspanning die grootste wyses te alle tye en volke hulle ook getroos het, hulle was nogtans nooit in staat gewees om die noodlottige sluier van Isis op te lig nie, en ons sterflinge staan daarom nog voor dieselfde onontrafelde knoop soos ons voorouers talle duisende jare gelede.

[10] U is nou waarskynlik die enigste wat hierdie knoop waarlik ontafel het, en daarom sou ek U, as ware Lewensmeester, wou vra, om aan my en eintlik ons almal die groot kuns te toon hoe mens heeltemal seker agter die geheim van die lewe kan kom en dit erken en om uiteindelik self lewensmeester te word. U het dit duidelik sover gebring, en moet dan ook die middele en weë daartoe goed ken. Omdat U dit egter moet ken, sou dit wel `n groot barmhartigheid van U vir ons wees, as U dit van naderby aan ons sou wou beskryf.

[11] My vraag aan `n so groot kunstenaar soos U is wel buitengewoon vermetel, omdat elke ware kunstenaar sy kuns as sy waardevolste besitting beskou en ook moet beskou, en ek ook baie goed weet dat ook die grootste kuns beduidend van sy waarde inboet as dit onder die mense baie gewoon word; maar omdat U kuns, seker vir die beste deel van die mensdom, die eerste lewensvraag sou wees, en deur sy korrekte oplossing die mensdom die grootste en onskatbaarste lewensgeluk beskore sou wees, sou ek net vir `n paar aanwysings, waardeur mens verseker agter hierdie geheim kan kom, vir die welsyn van die mense die beste driekwart van my grootste skatte aan U wou gee. U sou daardeur beslis niks verloor nie, en ons sou daardeur iets oneindigs wen! - Wat sê U, groot Heer, oor hierdie voorstel van my?”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205