Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 86

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Die Heer as leraar van die lewenskuns

86 EK sê: “Ek sê vir jou daarop niks anders nie, as dat Ek Self persoonlik as mens in hierdie wêreld na die mense gekom het om aan hulle hierdie allergrootste en allerbelangrikste kuns gratis te leer, en Ek sal dit vir julle ook gratis leer. Dat Ek dit doen vir mense in talle lande en plekke, en die waarheid van My leer met die korrekte tekens bevestig, daarvoor is die mense wat saam met My gekom het, deur woord en daad My getuies, omdat hulle My studente is. Hulle is reeds baie ver ingewy in hierdie geheim en kan aan julle die weg en die middele daartoe verskaf.

[2] Wie dit aanvaar, glo en vasbeslote daarvolgens leef en handel, kom onfeilbaar agter die geheim van die lewe en word na die werklike wedergeboorte van sy eie lewensgees, wat hy in homself verkry het, self `n meester van sy lewe en daardeur ook `n meester van die lewe van sy medemense, omdat hy aan hulle die weg daartoe sal kan toon en deur sy lewensmeesterskap ook die groot lewensvoordele van hierdie meesterskap kan toon. 

[3] Maar Ek het ook aan jou gesê dat niemand plotseling meester word nie, en dat `n mens heeltemal geen nut het aan die suiwere, teoretiese kennis van die middele en weë ter verkryging van hierdie groot lewenskuns, as hy dit nie volledig prakties in sy lewe opgeneem het nie. Die teorie in sigself het heeltemal geen nut nie, maar net die praktyk.

[4] En dieselfde is ook by die leer van die ander kunste die geval. As jy byvoorbeeld `n musiekinstrument op meesterlike wyse wil leer bespeel, soos byvoorbeeld die volmaakte lier van die Grieke of die nog welluidender klinkende harp van die Judeërs, dan moet jy duidelik lesse neem by `n meester van hierdie instrumente. Hy sal aan jou bo alles die reëls wat vir die bespeel van hierdie musiekinstrument absoluut noodsaaklik is, heel noukeurig onderrig, sodat jy daardeur presies sal weet wat jy moet doen en hoe jy sou moes oefen om mettertyd self `n meestermusikant te word. Sou jy net met die kennis van alle reëls, middele en weë, ook al was dit nog so noukeurig, `n harp- of lierspeler wees? O, sekerlik nie! Jy sou eers, deur jou vingers en ore baie vlytig te oefen volgens die bekende reëls, met baie inspanning die vaardigheid moet verwerf, om daardeur dan `n meester te word. En presies so gaan dit ook met die verkryging van die lewenskunstenaarskap.

[5] Eers deur oefening word mens meester, en die meer of minder volmaakte graad van die bereikte meesterskap is volkome na gelang van die meer of minder oefening volgens die bekende reëls. Hoe meer oefening, soveel te meer meesterskap! Glo daarom nie dat jy deur die kennis van die reëls vir die lewenskuns alreeds iets tot stand kan bring nie, of dat die sluier van jou Isis reeds daardeur opgelig sou word nie! Ek sê jou: deur die suiwer kennis sal jy nie eers in die verste verte die moontlikheid begryp dat deur die beoefening van sulke reëls die sluier van Isis vir jou opgelig sou kon word nie! Net deur voortdurende en vlytige oefening sal jy eers tot die steeds duideliker wordende oortuiging kom dat die reëls korrek en waar is en na die doel lei. En eers as jy deur oefening die meesterskap bereik het, sal jy die volledige opgeligte Isissluier in en voor jou hê. - Sien, dit was die eerste inleiding tot die uiteindelik navolgende reëls, wat die mens moet oefen en in praktyk moet bring om tot die ware lewensmeesterskap te kom! Wat dink jy daarvan?” 

[6] Die tollenaar sê: “Dit lyk my alles volkome korrek en in orde. Dat mens net deur die kennis van die reëls geen meester nie, maar nouliks leerling word, is `n waarheid wat in die praktyk tallose bevestiginge vind; maar daar is immers alreeds oneindig baie gewen as mens vir die bereiking van so `n doel maar eenmaal die sekere middele en weë het. Die res is dan natuurlik net ons saak. Dat die toekomstige student ook verder nog lank nie in homself tot die heldere bewussyn van `n meester kan kom nie, maar eers wanneer hy dit deur baie oefening self tot meesterskap gebring het, is vir almal sonhelder; maar dat sonder U en voor U nog niemand hierdie allerbelangrikste reëls ook maar in die verste verte kon vind nie, dit is iets wat my verstand absoluut nie wil en kan begryp nie. Nòg die ou Egipte nòg Kanaän, nòg Griekeland en Rome, nòg Persië en Indië kon buig voor `n wyse man wat vir hierdie kuns ook maar enigsins die korrekte reëls kon vind. U is dus die enigste wat hierdie kuns nie op een of ander wyse geleer het nie, maar duidelik uit Uself verkry het! - Vertel eers, hoe was dit vir U as mens moontlik?! 

[7] Want dat U die lewensmeesterskap in volle mate besit, daarvoor sit die sprekendste en waarste bewys hier by ons. U kon ook beslis maar net deur die beoefening van die reëls wat daarvoor vereis word, daartoe gekom het, wat U egter eers ook Self moes ontdek het. Wel, dit is nou juis dit, wat ek die minste kan opneem en begryp; want ek het in my jong jare ook wyd en suid deur die hele wêreld gereis en orals sorgvuldig inligting ingewin. Die bedrywighede van die Essene met hul skynwonderwerke is vir my maar al te bekend, asook alle toorkunste en waarsêery, waarvan ek die skole selfs meermale meegemaak en deurloop het; maar hier het ek geen afgespreekte werk, geen towerstaf, geen mistieke towerspreuk, geen toordrank en geen demonebeswering gevind nie, maar net die eenvoudigste waarheid sonder enige opgesmuktheid en sonder enig hulpmiddele! Sodra U spreek en wil, is die uitwerking van U woord en wil daar! Ja, dit is iets wat al my kennis ver te bowe gaan! Om te presteer is beslis iets baie maklik as mens eenmaal meester geword het; maar hoe om sonder meester en leier tot meesterskap te kom en veral om ter bereiking daarvan noodsaaklik by die reëls te kom, - dit is `n ander saak! Sê U tog eers aan my hoe U daaraan gekom het! Wie het aan U die reëls getoon en gegee?”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205