Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 87

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Die innerlike ontwikkeling van die geestelike mens

87 Ek sê: “Vriend, dit is voorlopig nog glad nie of van min belang! Dit is voldoende dat die reëls gevind is, waarvan jy die egtheid en volle waarheid nie kan betwyfel nie. Wie dit sal ken en navolg, sal die krag van die lewe in hom wakker roep en dan deur hierdie krag kan lewe en werk, en Ek sal hom deur die krag van die Gees van My woorde op die jongste dag van sy innerlike, geestelike wedergeboorte opwek.

[2] Waarlik, waarlik, Ek sê vir jou: Ek Self is - sowel hier as orals - die waarheid en die lewe. Wie in My glo en volgens My leer handel, sal vir homself en in homself die dood in ewigheid nie sien nie!”

[3] Die tollenaar sê: “Heer, hierdie woorde van U klink merkwaardig! Dit kom vir my net voor asof U `n soort hoër, Goddelike wese is, weliswaar van vlees en bloed vanweë die sigbaarheid, maar in wese vir Uself nogtans `n suiwer Gees, wat Hom na willekeur hoe en wanneer Hy maar wil, met materie kan omhul. - Het ek reg of verkeerd geoordeel?”

[4] EK sê: “Van albei is daar iets in! Maar wat juis nou daarin sit, begryp jy nie. Wat jy egter dink om te begryp, is nie dit nie! Want Ek kan nou net so min uit My liggaam gaan as jy; wil Ek as Gees uittree, dan moet die liggaam eers gedood word. Maar die Gees, wat nou volkome wakker in My leef en werk, kan in ewigheid nie gedood word nie, maar sal ewig voortlewe en werk.

[5] Jy het tog sekerlik meermale die skepping in sy wese en werke bestudeer, en dit kon jou nie ontgaan het dat `n sekere orde daarin bestaan, en dat die vorme in sigself in alle rigtings bestendig is, waardeur jy steeds maklik kan erken wat dit of dat vir `n ding is. So erken jy ook watter uitwerking die een of die ander veroorsaak, en waarvoor dit volgens die vasgestelde werking goed, en dus te gebruik, is.

[6] As die hele skepping egter volgens julle nuwe wêreldwysheid maar net die werk van die blinde toeval sou gewees het, sou die dinge in die natuur dan ook in alle rigtings hul huidige bestaansbestendigheid behou? O geensins nie! Sien, die wind kan jy wel tot die meer blinde kragte reken, hoewel net ten dele! Het jy ooit gesien dat hy `n bepaalde, blywende vorm geproduseer het? Hy woel die stof op en dra dit in die vorm van los wolke deur die lug, waar die vorme elke oomblik verander en nooit meer heeltemal dieselfde te voorskyn kom nie. Kan jy jou die vorm van `n wolk sodanig herinner dat jy byvoorbeeld na `n paar dae sou kon gesê het: “Sien, dit is dieselfde wolk wat ek al `n paar dae gelede gesien het!”?! Of kan jy aan die see van die een of ander golf dieselfde beweer?!

[7] Daaraan kan jy dus baie maklik sien dat `n blinde krag nooit ook maar `n mosplantjie, wat met dieselfde heel gelyke vorm gedurende talle duisende jare steeds terugkeer, te voorskyn gebring het nie.

[8] Maar kom dit in `n intelligenter menseverstand nie vanself op nie dat al die wording, wese en bestaan, waarin ten eerste by alles `n bepaalde onveranderlike vorm, hoedanigheid, eienskap, nut en einddoel duidelik goed en vasstaande te herken is, deur so `n krag voortgebring moet word waarvan insig en wysheid onbegrensd en onveranderlik maar wel alomvattend moet wees, omdat jy andersins nooit `n bepaald gevormde voorwerp te sien sou kry, of dit nou `n klip, `n metaal, `n plant of `n dier is?! So `n krag moet beslis homogeen en hom van homself baie goed bewus wees, omdat niks andersins `n bepaalde en in sigself homogene vorm sou kon aanneem nie. 

[9] En dan ten tweede: Omdat jy noodsaaklikerwys moet aanneem dat daar `n krag is wat, as oerbestaan in sigself, ten grondslag lê aan alles wat bestaan, moet hierdie fundamentele-oerkrag tog ook `n ooreenkomstige naam hê, waardeur hy in die herinnering en in die geheue van die mense, wat daarvoor daar is om hierdie krag te herken, vasgelê kan word. Wie sal ooit na meer kennis vra oor iets waarvan hy selfs nog nooit die naam gehoor het nie?! Ons wil hierdie oerkrag in die algemeen 'God' noem. Maar as ons eenmaal `n God het, sal ons verder vra en sê: “Waar is dan hierdie God, en hoe sien Hy daar uit? Hoe skep Hy die dinge, hoe bring Hy, as suiwer Gees, die growwe materie uit Homself te voorskyn?

[10] En sien, as `n mens eenmaal so begin vra, dan is hy alreeds op `n beter weg! Hy sal aan alle skepsele meer aandag gee, en ondersoek hoeveel Goddelike oerwysheid haarself in hulle bevind. En hoe langer hy so sal ondersoek, hoeveel te meer Goddelike wysheid en orde sal hy ook maklik en spoedig daarin vind.

[11] As hy dit gevind het, sal hy in sy hart ook weldra `n gevoel van liefde vir God waarneem en uit hierdie liefde steeds meer besef dat God in Homself met die grootste liefde vervul moet wees om met so `n groot begeerte en vreugde `n ontelbare aantal dinge en wesens, wat nie maar net getuig van Sy bestaan nie, maar veeleer van Sy Wysheid, Mag en Liefde, om so wonderbaarlik wys te geskep het. 

[12] As die mens in sulke beskouinge en gewaarwording groei en toeneem, neem hy duidelik ook in die liefde vir God toe en nader Hom meer en meer; hoe groter en opregter sulke toenaderinge van `n mens tot God egter word, soveel meer van die Gees van God versamel daar in sy hart, waarin sy eie gees daardeur gevoed en steeds verder gewek word tot die ware kennis van die eie innerlike lewe en sy krag, verenig met die krag van die Goddelike Gees in hom. 

[13] Het `n mens dit eenmaal sover gebring, dan besit hy alreeds die lewensmeesterskap, en in hom ontbreek nog net die volkome eenwording met die Goddelike liefde- en wilsgees. Bewerkstellig hy ook dit, dan is hy `n volmaakte lewensmeester en tot alles in staat wat Ek nou doen en ook tot ander groter dinge.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205