Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 9

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Die aanklag van EliJaH

9 EK sê: “EliJaH, My wegbereider, wat die weg vir My gebaan het! Watter klagte het jy in te bring teen hierdie dienaars van die tempel?”

[2] ELIJAH sê: “Heer, Moses het alles gesê! Met hom het die tempel opgehou om `n huis van God te wees; die tempel is nou niks anders as `n rower- en moordenaarsnes nie. Aan die Jordaan het ek dit haarfyn en sonhelder aan hierdie mense duidelik gemaak en met die korrekte bewyse gestaaf. Toe hulle egter gesien het dat hulle nie in staat was om ook maar iets tot hulle verdediging aan te voer nie en toe hulle goed besef het dat hulle onweerlegbaar voor die volk ontmasker was en beskuldig was van elke moontlike ongeregtigheid teenoor U, o Heer, en teenoor die volk, het hulle openlik gelag en my as `n vrome dwaas bestempel, na wie mens wel `n paar uur kan luister om te kan lag; maar in die geheim het hulle die volk nogtans bedreig, indien hulle my leer vir iets meer sou aansien as belaglike waansin.

[3] Heimlik het hulle egter steeds meer vol woede geword, omdat hulle gemerk het dat die volk my tog as `n profeet beskou en vereer het, boete gedoen en hulle laat doop het. Hierdie verdorwe boosdoeners in die heiligdom van God het maar al te gou gemerk dat ek by hulle die byl aan die wortel gelê het en dat die einde van hulle boosaardige heerskappy daardeur voor die deur gestaan het. Toe het hulle Herodus omring en allerlei algeheel onware argumente en bose, slinkse streke gegee dat ek die grootste gevaar vir sy gesag sou inhou. Herodus kon dit weliswaar nie insien nie, omdat hy bindende ooreenkomste met Rome gehad het, wat hy steeds punt vir punt nagekom het en daarom in ongunstige voorvalle dan ook onvoorwaardelik volgens ooreen­koms kon reken op Romeinse beskerming. Maar dit het hom alles niks gehelp nie, hulle het Herodus so lank bestorm, dat hy my gevange geneem het. 

[4] Toe ek eenmaal gevange was, maar my studente nogtans nog vrye toegang tot my gehad het, kon hulle Herodus nie meer lastig val nie; hulle het egter wel gemerk dat my leer geweldig deur my studente uitgebrei het. Hierdeur het hulle wrok en woede van uur tot uur groter geword en deur die boosaardige moeder van die mooie Herodias het hulle dit in gedagte gekry, as Herodus `n guns van hom sou vra waarby hy met sy gebruiklike eed ook sy woord as vors sou gee, niks anders as my hoof sou vra nie. Daarvoor sou die moeder in die geheim tienduisend pond goud uit die skatkis van die tempel ontvang. Die mooie Herodias het egter haar bedenkinge oor hierdie eis gehad, wat sy as te erg beskou het, omdat sy goed geweet het dat Herodus heimlik van my gehou het; maar daar het `n bose gees in die bejaarde vrou ingevaar en aan haar onthul dat ek die onsuiwer liefdesverhouding van Herodus nie goedkeur nie en hom daarvan wou afbring. Dit het dan ook vir Herodias baie teen my opgemaak, sodat sy daarna op die fees, na herhaalde aandrang van haar moeder, wat heimlik omgekoop was, my hoof geëis het, wat Herodus baie treurig gestem het, - maar omdat hy nou eenmaal die eed gesweer het, moes hy dit ook hou en ek is dan ook in die gevangenis onthoof.

[5] Toe die tempeldienaars dit gehoor het, het daar `n luide gejubel onder hulle uitgebreek en hulle het dadelik begin om die volk, wat in my geglo het, soveel moontlik te vervolg. - Dit, o Heer, is met weglating van alle bysake, wat in elk geval al te bekend is aan U, die vernaamste kenmerk van hulle algehele verdorwenheid en ek kla hulle daarom nou by U aan! Maar U alleen is die Heer van ewigheid; rig U hulle volgens U oneindige mag, wysheid en regverdigheid! Laat net U heilige wil geskied!”

[6] Daarop sê EK: “Ja, so is dit! Daar was daarby weliswaar nog `n aantal ander omstandighede, wat Ek Self per geleentheid vermeld het en waaroor ook ander oog- en oorgetuies in My teenwoordigheid gespreek het; maar dit is die eintlike, diepste kern van hulle meer as helse slegtigheid! Maar nou rig Ek My tot julle, wat My getrouste profete en nou engele in My hemel is en Ek vra aan julle, of julle hierdie groot misdadigers in My heiligdom die groot onreg wat hulle aan julle begaan het, kan vergewe.”

[7] BEIDE sê: “Ja, Heer; want net U is immers die versoening vir ons almal! Verlig hulle egter in U groot barmhartigheid, sodat hulle sal insien hoe groot hulle verdorwenheid is!” 

[8] Daarop het beide op My verborge wenk verdwyn en ons was weer alleen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205