Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 93

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Die besoek aan die heilige bos. Die vernietiging van die afgodsbeelde

93 Toe ons egter deur die strate van die stad gewandel het, was daar natuurlik allerlei nuuskieriges wat ons van alle kante aangegaap het en ywerig gevra het wie ons tog sou wees. Die arts, die tollenaar, sy kinders wat saamgegaan het, en veral die seun Jorab* wat uit die dood opgewek is, moes hulle baie van die vraestellers laat welgeval, omdat die mense nie kon begryp hoe hierdie jong man, wat sewe jaar lank siek was en gister volgens berigte gesterf het, nou volkome gesond kon loop nie. Die vraestellers is egter vriendelik geantwoord met die mededeling dat hulle dit alles wel in die komende dae sou hoor, en daarmee was hulle tevrede. *(‘Jorab’ is moontlik `n verkorte weergawe van ‘Jorabe’)

[2] Maar aan die einde van `n lang straat het drie priesters van Apollo ons teëgekom, met `n Zeus- en `n Minervapriester agter hulle in hul priestergewade wat avontuurlik en baie magies daar uitgesien het.

[3] Hulle het voor ons bly staan, en `n Apollopriester het ons gevra of ons as vreemdelinge miskien die heilige bos wou besoek, waarin vir die drie belangrikste en hoogste gode `n gesamentlike tempel gebou was. In die geval sou hulle ons daarheen begelei en ons, in ruil vir `n klein offer om die drie gode gunstig te stem, laat sien wat daarin is wat besienswaardig en wonderbaarlik is.

[4] Toe het die tollenaar Jored, wat aan hierdie vyf priesters maar al te goed bekend was, gesê: “Hierdie is my gaste; hulle sal ek wel vryhou, laat ons dus die tempel en julle merkwaardighede dinge sien!”

[5] Daarmee was die priesters tevrede en hulle het ons vriendelik na die bos gelei, waar in die middel op `n klein heuwel `n aansienlik uitgestrekte, ronde tempel gestaan het. Die een helfte van die tempel was oop en sy dak het op tien pilare gerus; die ander helfte het uit `n digte muur bestaan, wat `n soliede halfsirkel gevorm het. Voor hierdie muur was marmerbeelde van die bogenoemde drie afgode geplaas. In die middel het Zeus op `n troon gesit, met regs van hom Minerva in haar oorlogsuitrusting, en links van hom Apollo, net met sy lier, want `n Apollo met `n sonwa en perde sou vir hierdie klein stad te duur gewees het.

[6] Toe ons by die tempel kom, sê die Zeuspriester: “As die menere dalk verlang dat een van die drie gode iets moet sê, dan vra ek u vriendelik en beleefd om aan my `n vraag toe te vertrou!”

[7] EK sê: “Vriend, daaraan het ons geen behoefte nie, want as baie ervare mense ken ons alreeds hierdie voorsorgmaatreëls, en ons weet maar al te goed op watter manier hierdie beelde praat. Daarom laat ons dit dus daar, bespaar jou hierdie moeite! Maar omdat daar vandag niemand meer hierheen sal kom om hierdie gode om raad te vra nie, kan jy die drie sprekers agter die afgodsbeelde wel laat gaan, en laat hulle, omdat dit verder baie eerlike mense is, hier na ons toe kom!” 

[8] Dit het die priester verbaas en hy het met `n sekere magies-priesterlike patos gesê: “Vriend, U is `n vreemdeling, daarom raai ek U vriendelik aan om Uself nie ten opsigte van ernstige gode te wangedra nie, omdat U daardeur maklik iets ergs sou kon oorkom! Want ek sê vir U, dat daar agter die gode geen sterfling verborge is om vrae vir die gode te beantwoord nie.”

[9] EK sê: “Omdat jy My nie ken nie, vergeef Ek jou die leuen; maar Ek is tog daarvan oortuig dat net Ek, en nie jy nie, alle reg op die volle waarheid het! Sien, Ek wil nou dat hierdie drie afgodsbeelde oombliklik vernietig word en die drie arme sprekers bevry word en na ons toe kom!”

[10] Toe sê die priester: “As u daartoe in staat is, val ons voor U neer en sal U as die God van alle gode en mense aanbid!”

[11] EK sê: “Dit het Ek nie nodig nie, maar tog sal julle so `n ander heerlikheid van die mag van die ware God leer ken, verbonde met die mag van die menslike gees, en Ek sê nou: Ek wil dit, en laat dit so wees!”

[12] Sodra Ek dit gesê het, was daar van die drie afgodsbeelde geen spoor meer te herken nie, en die drie sprekers wat in die nou nisse gehurk het, het sigbaar geword, hulle het baie verskrik en verbluf uit hul duistere skuilplekke in die heldere daglig te voorskyn gekruip.

[13] Toe die vyf priesters dit gesien het, het hulle baie bedroef geword en een van hulle, wat die moedigste was, het aan die ander gesê: “Broers, teen die almagtige wil van `n Elohimmens help geen swaard nie, dit is maar die beste om jou volgens Sy wil te skik! Natuurlik is ons nou onmiddellik sonder werk en dus ook broodloos, maar wat kan ons daaraan doen? Ons het hierdie amp egter altyd baie waardig beoefen, en met die geringe, vrome bedrog van ons het ons nooit iemand skade berokken nie, ook het ons nooit van iemand `n oormatig groot offer geëis nie; ons het die mense altyd heelwat geleer en het altyd `n goeie voorbeeld vir hulle gestel. En daarom vertrou en hoop ek dat hierdie waarlik almagtige Elohimmens ons, as ons Hom daarom vra, nie heeltemal sal verstoot nie.”

[14] Die ander sê: “Dit sou wel alles goed wees, maar wat sal die volk, wat vir die merendeel nog baie van ons drie gode gedink het, wel sê as hulle hierheen kom en die ou, troue gode nie meer vind nie? Wat sal ons dan aan die volk sê?”

[15] Die een sê: “Ook dit sal ons aan hierdie almagtige Elohimmens oorlaat, dan sal daarvoor ook nog wel `n goeie verontskuldiging gevind word, en dit sal makliker gaan omdat ons bestuurder Jored by die buitengewone voorval aanwesig was. Nou gaan dit in die eerste plek alleenlik maar net daarom, wat ons op hierdie oomblik moet doen.” 

[16] EK sê: “Trek veral julle belaglike kleding uit en trek julle soos fatsoenlike mense aan! Kom daarna weer terug, dan sal ons nog wel verder oor hierdie punt praat!” 

[17] Toe het die vyf mans vinnig na hul woonhuise gegaan, wat vlak agter die tempelgebou was, ander klere aangetrek, en het weldra met hul vroue en kinders teruggekom. Die vroue en kinders het egter baie jammerlik gekla toe hulle die tempel heeltemal leeg gevind het, en hulle het na My gevra, omdat Ek so `n groot ongeluk oor hulle gebring het.

[18] Toe het EK na hulle toe gestap en gesê: “Ek is die Een wat julle soek! Wil julle dan nie liewer van die werke van die waarheid lewe nie, as van hierdie werke van bedrog en waardelose leuens nie?”

[19] Die vroue sê: “Natuurlik wil ons dit liewer doen, maar wie sal aan ons vir die werke van die waarheid iets gee?! Ons weet alreeds lankal dat ons gode niks meer met waarheid te doen het nie. Maar watter nut het ons daaraan?! Waar haal ons iets beter vandaan, wat meer met die waarheid ooreenkom? Hierdie onware het ons tog gevoed, hoe sal die ware, wat ons nog nie het nie, ons dan voed?”

[20] EK sê: “Daaroor hoef julle, as vroue, geen sorge te hê nie; dit sal julle mans wel doen as hulle, in plaas van om afgodspriesters te wees, priesters en dienaars van die lewende Woord van God word!”

[21] Die vroue sê: “En wie sal dit aan hulle gee?”

[22] EK sê: “Ook daaroor hoef julle julleself nie te bekommer nie! Maar Ek sê nou aan julle, onwyse vroue: Gaan met julle kinders nou maar netjies terug na waar julle vandaan gekom het, andersins sou Ek genoodsaak wees om julle daartoe te dwing; want julle het nog genoeg te ete en te drinke! As julle niks meer sal hê nie, sal daar wel voor gesorg word dat julle nie met julle kinders sal verhonger nie! Gaan eers na buite op julle akkers en weiding, en doen ook daar ietwat werk! Dit sal nuttiger vir julle wees as die was van julle gode en die maak van gode uit leem en was.” 

[23] Toe het die vyf priesters hul vroue en kinders teruggestuur na hul huise; maar self het hulle gou met vriendelike gesigte na ons toe teruggekom.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205