Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 95

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

By die maaltyd in die huis van Jored, die tollenaar. Die lewensleer van die Heer

95 Jored, die tollenaar het die vyf priesters natuurlik ook uitgenooi na die middagete, wat hulle dadelik baie vriendelik aangeneem het, en hulle het by ons aan tafel kom sit. Tydens die maaltyd is volgens Griekse gebruik weinig of niks gepraat nie; maar na die maaltyd, toe die wyn eenmaal die tonge losgemaak het, het die gesprekke begin en baie gou het dit baie lewendig aan tafel geword.

[2] Maar die vyf priesters het maar net geluister en het weinig gepraat, want hulle wou so uit die gesprekke van die studente en die ander gaste heimlik te wete kom wie Ek nou eintlik was en waar Ek vandaan gekom het. Maar uit die verskillende gesprekke van die gaste het dit vir hulle nie duidelik geword nie.

[3] Na verloop van tyd was die geduld van die vyf op en het hulle begin vra of hulle eers iets mag sê, en wel oor hoe hulle hulle nou voortaan as priesters moes gedra om met die volk tot ooreenstemming te kom.

[4] Toe sê EK aan hulle: “Spreek net die waarheid, vertel hoe dit was en hoe dit gebeur het, en beroep julle op die getuies, van wie julle hier `n behoorlike aantal het, dan sal aan julle geen haar gekrom word nie! Neem daarna egter My nuwe leer op en verkondig dit aan julle mense, dan sal hulle hulle almal baie daaroor verheug dat hulle eindelik eers baie ander mense en leraars te sien kry as wat tot op hede ooit die geval was! Dink julle dan dat die mense wat vir julle tempel aanspreeklik is, ooit iets van julle verhale geglo het? Ek sê vir julle: Geen twee uit die paar honderd nie! Oudergewoonte het hulle na julle toe gekom en hulle met julle spektakelstuk vermaak; maar alreeds lankal het byna geen mens meer `n woord van julle geglo nie! Julle het hiermee dus niks verloor nie, maar net baie gewen.

[5] Wat My leer inhou, sal My studente julle voor vanaand maklik bybring en hulle sal ook aan julle vertel hoe julle dit moet benader om dit aan die volk by te bring. Maar bo alles moet julle ook doen wat die leer vereis; want daardeur kan julle eers tot vervolmaking van julle lewe kom en daarin dan ook dit doen wat Ek nou doen, en as julle heeltemal volmaak word, ook nog groter dinge en baie meer.

[6] Want die ware, groot, enigste God het die mens nie geskape om, net soos die diere, maar net besig te wees vir die bevrediging van sy natuurlike behoeftes nie, maar veeleer vir sy innerlike, geestelike behoeftes. En wie geestelik aktief word en sy geestelike kragte oefen deur kennis, geloof en dade, sal geestelik ook sterk en magtig word.

[7] Wie veral die kragte van die gees oefen, bou in homself die Ryk van God, en dit is in die mens dan die ware, ewige lewe, verwant aan God die Skepper, en aan Hom in al Sy hoedanighede gelyksoortig.

[8] As die mens egter hierdie saligste lewenstoestand in homself bereik het en sy wil verenig het met die erkende wil van God, dan kan hy ook alles doen wat God doen, en op hierdie wyse is hy in homself `n lewensmeester en `n magtige gebieder oor alle kragte van die natuur. Dat julle dit nou nog nie heeltemal sal verstaan nie, sien Ek; as My studente julle egter verder sal inwy, sal julle ook dit wat Ek nou aan julle gesê het, beter begryp as nou.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205