Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 98

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Die handige verdedigingstoespraak van die heidense priester

98 Daarna het Ek aan die studente opdrag gegee om die mense die grondbeginsels van My leer mee te deel. Toe ook dit gou en maklik gedoen was, het almal My baie inniglik gedank vir die groot weldaad wat aan hulle bewys was. Dadelik het hulle egter ook aan die Zeuspriester gesê, dat hulle sy dooie en niemand van nut synde gode volkome sou afsweer en die tempel voortaan nie meer sou besoek nie.

[2] Die priester het egter gesê: “Daarmee was ek julle alreeds voor gewees! Ons sal mekaar nou egter in die vervolg in hierdie nuwe leer nog baie dikwels teëkom en mekaar wedersyds stig in die Naam van hierdie lewende God. Want ons ou klipgode bestaan lankal nie meer nie, dit wil sê, dat ons priesters, eerlik gesê, lankal geen waarde meer aan hulle geheg het nie, en hulle was vir ons ook alreeds baie lankal so goed as nie aanwesig nie; maar nou bestaan hulle ook nie meer nie, want hierdie Almagtige het hulle deur Sy wil vernietig en Hy het ook die heilige meer vir alle toekomstige tye met vaste grond opgevul. Ons het self ook nou Sy studente geword en ons sal aan julle nou in plaas van die ou leuen die nuwe, rotsvaste waarheid verkondig en julle help deur allerlei nuttige onderwys, en so sal ons ou, goeie vriende bly!”

[3] Daarop het die leier van hierdie dorpie gesê: “Dit sou nou alles goed en reg wees, maar één ding geval my nie van jou nie, veral by hierdie wonderbare geleentheid! Jy sê dat julle priesters, eerlik gesê lankal geen waarde meer geheg het aan die gode nie. Dit was baie goed en verstandig vir julle en vir julle inkomste; want juis omdat julle geen geloof meer aan die ou gode geheg het nie, kon julle ook aan hulle toedig wat julle maar wou. Julle het julle voorgedoen as bemiddelaars tussen die gode en ons armsalige, dom, blinde mense en gesê: “Dit en dat verlang die gode as soenoffer om te voorkom dat hulle ons met die een of ander bose plaag sal besoek!” Ons het dan gewillig soos dwase geoffer, - en julle, in plaas van die gode wat nooit as te nimmer ook maar bestaan het nie, het die offers wat aan julle vir die gode gebring is, en wat dikwels baie rojaal was, verslind! As julle self egter alreeds so lank al nie aan die gode geglo het nie, waarom het julle dan so van hulle misbruik gemaak, en waarom het julle ons bedrieg? - Hoe sal julle dit weer goedmaak? 

[4] Wat ek, as arm visser en leier van hierdie klein gemeente, hier sê, sê ek nie vir myself nie, maar vir die hele gemeente, en jy, wat aan my bekend is as die vernaamste van julle vyf priesters, sal goed rekenskap moet aflê waarom julle met ons gehandel het asof julle die almagtige gode self was, en waarom julle diegene wat julle as verstandige mense enige teenwoord gegee het, harde strawwe opgelê het. As julle daarvoor geen voldoende uitleg aan ons sal gee nie, sal ons toekomstige vriendskap nie van lange duur wees nie!”

[5] Die priester sê: “Liewe vriend, in die eerste plek het ons die kennis van die gode nie aan julle gegee nie, maar julle is alreeds daarin gebore en getoë, en in die tweede plek vra ek jou nou, wat jy dan met ons sou gedoen het as ons skielik opgestaan het en duidelik aan julle sou uitgelê het dat julle ou gode niks en ook niks werd was nie. Ons moes dus wat ons doen net terwille van julle doen, en indien moontlik, probeer om julle ou bygeloof in die gode in stand te hou omdat julle ons in die teenoorgestelde geval beslis nie baie vriendelik te lyf sou gegaan het. Solank die ou geloof aan die talle gode dus bestaan het, was ons genoodsaak om julle as dwase te dien en ons was sodoende, omdat ons tog wetenskaplik onderlegde mense is, ons loon dubbel werd gewees.

[6] Bowendien moes ons ook uit politieke, staatkundige oogpunt dit wat ons gedoen het, doen. Sou ons iets teenoorgesteld gedoen het, dan sou die Romeinse regbanke ons alreeds gou gevra het waarom ons die ou leer van die ou gode teëwerk en aan die volk `n ander leer gee wat nêrens deur die staat gesanksioneer word nie. Ons sou dan sekerlik ons amp kwytgeraak het, en julle sou ander priesters gekry het wat beslis nie so redelik met julle sou omgegaan het soos ons nie. En wie staan nou daarvoor in dat, as ons aftree, julle van die staat nie alreeds spoedig nuwe priesters hier sal kry wat dit vir julle dan baie, baie lastig kon maak nie?

[7] Weliswaar het ons oudstes dit nou makliker, omdat ons nou so baie getuig het vir dit wat hier deur `n waaragtige, lewende God gedoen word, en as ons van nou af aan onwrikbaar vas glo en doen wat die nuwe leer ons sal laat sien, en dan self met ons gelouterde wil tot iets besonders in staat sal wees, dan sal ons ons deur dit alles teenoor die regbanke, wat moontlikerwys op ons opmerksaam geword het, makliker kan verantwoord, en die reg kan dan sy swaard weer in die skede steek.

[8] Daarom sê ek aan jou as bestuurder van hierdie plek: As ons nou as vriende so bly soos wat ons was, dan sal ons onsself vir `n geruime tyd ongestoord in die nuwe leer kan inoefen totdat ons daarin, deur die barmhartigheid, wat ons beslis ten deel sal val van hierdie ware, nuwe God, sekerheid gekry het dit ons ook baie voorspoedig sal wees, waarvan nog geen Romeinse regter tot op hede `n begrip van het nie, en hy kan ook nie, en hy sal ons dan, soos wat ek alreeds vroeër opgemerk het, met rus laat. - Sê jy nou maar of ek gelyk het of nie!”

[9] Die bestuurder sê: “Dit het jy goed gesê, - maar diegene wat die ergste bedrieg is, is nog steeds ons; want julle het geweet dat die ou godeleer niks is nie, maar ons het dit nie geweet nie en het baie waarde daaraan geheg omdat julle goed verstaan het om ons dit deur julle verhewe praatjies in te prent. Maar nou praat ons nie meer daaroor nie, omdat ons almal deur hierdie Wêreldheiland so `n onverwagte groot heil beleef het, en sy studente is bowendien nog besig om ons te leer hoe `n mens tot sulke buitengewone lewensvaardighede, wat eintlik nog nooit voorheen bestaan het nie, kan kom! Maar nou moet ek self iets daaroor hoor.”

[10] Toe het ook die priester na die studente gegaan wat onderrig gegee het en twee uur lank met die grootste aandag na hul geesdriftige onderwys geluister en het eers uit die woorde van die studente gesien, wat hier baie openlik gespreek het, wie Ek was en wat Ek met die mense wou doen.

[11] Ekself het intussen gepraat met Jored, met die arts, met sy seun Jorab en met die man wat voorheen geen arms gehad het nie, wat Jored nou, soos wat hy beloof het, by hom geneem het, en het aan hulle heelwat duidelik en begryplik gemaak wat hulle andersins waarskynlik nooit sou begryp het nie.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205