Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 1

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230.

Die Heer op die Olyfberg (vervolg).

`n Sonsopkoms en die betekenis daarvan

Evangelie van Johannes hoofstuk 8

1 Almal rig hulle blik op die sonsopkoms en bewonder die pragtige môrerooi. Bokant die horison verskyn uiters lieflike wolkpartye wat steeds ligter en ligter word en elkeen sê dat hy in `n lang tyd nie so ‘n skitterende daeraad gesien het nie.

[2] Ek sê nou aan die vele omstanders: “Kyk, so `n sonsopkoms het veel ooreenkoms met die oggend van die geestelike lewe van die mens en met die opgang van die geestelike son aan die hemel in sy siel!

[3] As die mens die woord van God hoor, begin die oggend in sy siel te glorie. As hy die gehoorde glo en daarop vertrou, word dit reeds ligter in hom. Hy begin dan steeds meer vreugde in die leer te skep en handel dan ook daarvolgens. Sy dade word dan netsoos die lieflike oggendwolkies, rooi getint deur die liefde, waardeur dit steeds ligter en ligter word in die mens. Deur die vreugde van die mens in die goeie en ware uit God, kom hy tot `n steeds duideliker kennis van God en sy hart ontvlam in volle liefde tot God, en dit lyk presies soos die môrerooi wat nou al stralend helder is. Die insig oor God en daardeur ook oor homself en sy grote roeping brei homself op gelyke wyse uit soos die môrerooi, wat nou al so helder geword het dat daardeur alle mooi gebiede van die aarde om ons heen duidelik sigbaar word.

[4] Maar dit word al meer ligter en ligter. Die wolkies wat die naaste aan die opgaande son staan - netsoos die dade uit suiwer liefde tot God - word helder stralend goud. Ten slotte begin dit in die ooste te gloei en kyk, die son self styg in die volle glorie van haar lig en majesteit bo die horison, en netsoos die nuwe dag deur die lig van die son opnuut uit die nag gebore word, so word ook die mens opnuut gebore deur die krag van God se woord en deur die steeds stygende liefde tot God en die naaste. Want die geestelike wedergeboorte in die mens bestaan daaruit, dat hy God steeds meer leer ken en daardeur ook steeds meer liefhet.

[5] As hy dan sy hart tot `n ware gloed gebring het, dan word dit ligter en ligter in hom, die gloed word `n helder vlam van lig en God se gees gaan as die môreson op, en in die mens het dit dan volledig dag geword. Maar dit is geen dag netsoos `n dag op hierdie aarde, wie se aand weer eindig nie, maar dit is dan `n ewige lewensdag en die volledige nuwe- of wedergeboorte van God se Gees in die siel van die mens.

[6] Waarlik, Ek sê vir julle: As by iemand die dag in sy siel aanbreek, sal hy tot in ewigheid geen dood meer sien, voel of smaak nie, en by die verlaat van sy liggaam sal hy lyk soos `n gevangene in `n kerker wat begenadig is en wie se sipier met `n vriendelike gesig die kerkerdeur kom open en aan hom sê: “Staan op, want jy is begenadig en vry! Hier, trek die erekleed aan, verlaat hierdie kerker en wees voortaan `n vry mens voor die aangesig van Hom wat jou hierdie barmhartigheid bewys het!”

[7] Netsoos wat `n gevangene homself uitermate sal verheug oor so `n barmhartigheid, so en nog veel meer sal `n geestelik wedergebore mens homself verheug, as My engel by hom sal kom en sê: “Onsterflike broer, staan op uit jou kerker, trek die verligte kleed van God se eer aan, kom saam en wees voortaan vry en selfstandig in die oorvloedige, ewige lewe voor die aangesig van God, wie se grote liefde jou hierdie grote barmhartigheid bewys. Want van nou af aan sal jy nooit meer so `n swaar, sterflike liggaam hoef te dra nie!”

[8] Dink julle dalk dat `n siel droefheid sal voel as My engel so na haar toe sal kom?”

[9] `n Romein wat naby My staan, sê: “Heer, wie sal dan in hierdie geval nog droefheid kan voel? Dit sal jy beslis maar net by die wêreldse mense aantref, wat in eieliefde en selfsug lewe en in die grootste onwetendheid van God en van hulle siele. Want hulle weet niks van `n lewe van die siel na die dood van hulle liggame nie, en ook al het hulle al ooit iets daaroor gehoor, dan glo hulle dit nie, net soos wat baie sulke mense maar al te goed aan my bekend is. Ek was tot nou toe slegs `n heiden, en uiterlik gesien is ek nog steeds een, maar aan die onsterflikheid van die menslike siel het ek reeds vanaf my jeug geglo, en nadat ek verskynings gehad het, het die lewe van die siel na die dood van die liggaam vir my volkome vas gestaan. Maar as jy dit aan ander, wêreldse mense vertel, lag hulle daaroor, haal hulle skouers op en beskou uiteindelik alles as die werk van `n lewendige fantasie en verbeeldingskrag.

[10] Wel, vir dergelike mense, wat bowendien nog hulle lewens baie liefhet, kan die liggaamlike dood op sy beste iets heel verskriklik wees; maar ons - en veral vanaf nou, noudat ons deur U, as die Heer van al die lewe, die grootste vertroue het met betrekking tot die siel en haar ewige voortbestaan na die dood van die liggaam - kan die dood geen angs meer aanjaag nie, veral as geen te groot liggaamlike pyn dit voorafgaan nie, waardeur die liggaam ten dode gemartel en gekwel word. Maar ook dan moet die koms van die sipier, wat die deur van die harde gevangenis open, beslis baie welkom wees! - Dit is my mening en ook my vaste geloof; `n ander kan dink en glo wat hy wil!”

[11] Almal sê: “Ja, dit glo ons ook, want wie sou hulle nog kon verheug in die lewe op hierdie wêreld, wat eintlik die hel in optima forma is?!”

[12] Ek sê: “Ja, so is dit! Daarom sê Ek julle dan ook: Wie die lewe van hierdie wêreld liefhet, sal die ware lewe van die siel verloor; wie dit egter nie liefhet en hom van die eintlike hoedanigheid daarvan afwend, sal dit verwerf, dit wil sê, die ware, ewige lewe van die siel.

[13] Laat julle nie verblind deur die wêreld en luister nie na haar verlokkinge nie, want al haar goedere is ydel en verganklik! As julle egter in hierdie wêreld al vir julleself skatte wil versamel, versamel dan veral die wat nie roes nie en nie deur die motte verteer word nie! Dit is skatte vir die gees tot die ewige lewe, waarvoor julle alles moet doen om soveel moontlik in julle besit te kry. Iemand wat egter ook aardse skatte verkry het, moet dit netsoos ons broer Lasarus gebruik, dan sal hy daarvoor hemelse skatte oes. Want wie veel het, moet veel te gee, en wie weinig het, laat die weinig gee!

[14] Wie aan iemand wat dors het, uit ware naasteliefde ook maar een sluk verfrissende water uit sy bron sal gee, sal daarvoor aan die anderkant beloon word. Want wie hier aan sy naaste liefde bewys, sal ook daar anderkant liefde vind. Dit kom hier werklik nie daarop neer hoeveel iemand gee nie, maar hoofsaaklik wat iemand sy arm naaste gee. Iemand wat uit ware liefde vriendelik gee, gee dubbeld en so sal sy beloning ook aan die anderkant wees.

[15] As jy baie het, kan jy, netsoos gesê, ook baie gee. Het jy dit met vreugde en baie vriendelikheid gegee, dan het jy die arme dubbeld gegee. As jy self egter nie veel het nie, maar tog jou nog armer naaste ook van die weinige met vreugde en vriendelikheid een deel gegee het, dan het jy tienvoudig gegee, en dit sal jou ook aan die anderkant vergoed word. Want wat jy in My Naam sal doen vir die armes, is netso goed as wanneer jy dit vir My self gedoen het.

[16] As jy egter by elke geskenk en edele daad wil weet of en hoe Ek self `n welgevalle daaraan sal hê, kyk dan net na die gesig van die een wat jy in My Naam, netsoos wat Ek dit nou uitgelê het, iets goeds bewys het, want daaraan sal jy die ware graad van My waardering helder en duidelik sien.

[17] Slegs diegene wat die ware liefde doen, is vir God welgedaan; wat slegs volgens die maat van die verstand gedoen word, het weinig waarde vir die ontvanger nie en nog minder vir die gewer. Ek sê vir julle: Dit is saliger om te gee as om te ontvang.

[18] Maar nou gaan Ons `n endjie verder om iets van die omgewing van Betánië te bekyk! Daarheen sal Ons allerlei handelsliede sien toestroom, omdat die groot mark vandag begin, wat vyf agtereenvolgende dae sal duur.”


 
 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205