Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 101

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230.

Oor die Indiese godsdienste

101 Daarop sê die towenaar: “Ja, lieftallige en onbegryplike, wyse jonge vriend! Jy is nog maar nouliks sestien jaar oud, hoe het jy op hierdie jeugdige leeftyd al `n wysheid bereik, wat ek nog nooit by mense van `n ryper leeftyd gesien het nie? Watter skool het jy besoek en wie was jou meester?”

[2] RafaEl sê: “Dit word deur geen enkele leraar in watter skool ter wêreld dan ook geleer nie, maar dit leer God se Gees aan diegene wat Hom bo alles liefhet en sy naaste soos homself. Julle sê ook wel, dat julle jul volk uit liefde belieg en bedrieg en hulle daardeur `n groot weldaad bewys, omdat hulle andersins na julle mening sou wanhoop; maar ek sê vir julle, dat dit `n groot vergissing is. Daar is by julle volk al vele deur God verligte mense wat, in hulle hart net so weinig waardering vir julle het as ek. Maar hulle is baie bang vir julle straf- en boete-oplegging, en doen daarom uiterlik nog voor asof hulle julle baie hoog ag; maar van binne verag hulle julle meer as die dood self, en daarvoor het hulle ook alle rede. As julle egter so spoedig moontlik sou begin om julle vele domhede en onnodige wreedhede één vir één na te laat en dit wat ek vir julle gesê het in die plek daarvan stel, dan sou die volk julle meer prys en eer as nou.”

[3] Die towenaar sê: “Ja, ja, jy het heeltemal gelyk as dit maar slegs van ons sou afgehang het; want ons, volgelinge van die Zientu-Viesta (Suiwer Visioene) en die San-skrit is eintlik gladnie so wreed nie en het baie medelye met die mense. Maar eintlik is dit die volgelinge van die baie erbarmlike Sou Rou Az To* (Waarom woel jy?), (Afr vertaler: SorroAstor – Babiloniese geloof van Astarte), wat die godheid in die vuur plaas, wat in hulle leer, sedes en gebruike alle moontlike wreedhede ten opsigte van hulle volk begaan. Ons het hulle wel tot aan die kuste van die groot see verdryf, maar ons kon hulle nie heeltemal vernietig nie. En omdat hulle ons opper priesterskap tog ook ten dele aangehang het en hulle aan ons onderwerp het, word hulle deur ons geduld, maar nooit as regverdig beskou nie. Wat ons Opper-Indiese volkere dus aanbetref, die sou langsaam maar sekerlik wel tot iets beter gebring kan word, maar die kusbewoners en aanhangers van die Woeler nouliks, omdat hulle te sterk in waanidees gaan glo.

[4] Ons, wat hier van jou die suiwer waarheid gehoor het, sal wel alles in werking stel om hierdie waarheid ook geleidelik aan die ander mense te bring; maar natuurlik moet ons die volle waarheid van die leer wat jy ons gegee het eers aan onsself toets. Blyk dit alles waar te wees, dan sal dit ons nie ontbreek aan ywer nie; as jou leer egter, teen ons verwagting in, nie daadwerklik waar blyk te wees nie, dan sal ons jou weliswaar altyd hoog in ere hou en bedink dat ons die verwesenliking van dit, wat jy ons in sekere sin belowe het, nog lank nie waardig is nie; maar aan die tot nou toe nog altyd rustige volksgeloof, sal ons dan nie gaan torring nie.

[5] As ons egter `n ook maar enigsins houdbare spoor van die ware God gevind het, dan sal ons onsself so ywerig moontlik uitsit om dit ook op `n gepaste wyse, voorlopig in elk geval aan die beter en meer verligte deel van die volk, mee te deel. Hiermee het ons hierdie saak nou vinnig en so goed moontlik gereël. En jy, jonge, allerliefste wyse vriend, dank ons ten seerste vir jou ernstige moeite en laat ons die heilige herinnering aan jou en aan die uur getrou in ons hart bewaar! Dit sal ons voortdurend tot troos wees op al ons verre en moeisame lewenspaaie!

[6] Jy, wat die onuitspreeklike geluk het om reeds op so `n jong leeftyd die enigste ware God en die onsterflikheid leer ken het, gedenk dan ook ons geestelike armoede wanneer jy voor jou heilige en ewige Skepper sal staan. Vra Hom of Hy ons arme Indiërs ook die ware lig van die lewe van ons siele sou wil skenk, en ook Sy heilige wil aan ons bekend sal maak!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205