Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 108

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230.

Die verlange van die towenaars na die ware God

108 Ons eet en drink ook baie gemoedelik; alleen word daar hierdie keer tydens die ete weinig gespreek. Slegs die Romeine spreek in Latyn oor verskillende sake; verder was dit aan alle tafels baie stil.

[2] Toe ons klaar was met die ete, staan die towenaar weer op en sê aan Lasarus: “Vriend, ons drie het nou baie uitsonderlik lekker geëet en gedrink, en dit moet nou ook betaal word! Noem nou die bedrag, dan sal ek dit sonder meer betaal!”

[3] Lasarus sê: “Het julle dan geen sout by die brood gekry nie?”

[4] Die towenaar sê: “O ja, daar in `n goue vaatjie is nog wat oor is!

[5] Lasarus sê: “Wel, dan is alles ook al betaal; want dit is by ons gebruiklik, dat `n vreemde gas vir wie ons self sout neersit, nie hoef te betaal nie. Prys daarom die enigste, ware God; want Hy betaal my vir alles tot in ewigheid!”

[6] Die towenaar sê: “Ja, vriend, daarin het jy gelyk! As ons Hom ook maar gevind het, netsoos julle Hom waarskynlik almal al gevind het, dan sou ons Hom nog meer prys as wat ons nou kan doen! Maar ons is ook al meer as tevrede dat ons hier die volle sekerheid, dat daar `n enige, ewige ware God bestaan, gekry het; want sonder so `n God sou dit vir die lieftallige jong man immers nooit moontlik gewees het om vir ons enkele tekens te laat sien wat slegs `n God kan doen nie, en woorde te spreek wat ons selfs nog nooit uit die mond van die grootste wyse gehoor het nie.

[7] Ja, hierdie buitengewoon vriendelike God, wat julle beter ken as ons, word uit al ons lewenskrag uiters geloof en geprys; want Hy het ons sekerlik met Sy heilige wil die weg hierheen gewys, en het Hom deur julle nader en duideliker aan ons, blinde soekers, geopenbaar, as ooit tydens ons jare lange soeke na Sy moontlike bestaan.

[8] Ja kyk, vriend, jou huis hier sien daar in alles ook so goed versorg uit, dat jy daaruit kan opmaak - ook al sou mens jou nie ken nie, - dat jy `n baie vermoënde en baie wyse huisvader moet wees! Maar as mens jou huisgenote na jou sou vra en hulle dan met die beste wil van die wêreld heeltemal niks sou kan vertel oor jou bestaan nie, dan sou dit seker iets baie onbehaaglik wees, wat die hart droewig sou stem. Want wanneer `n huis sonder twyfel behoort aan `n wyse huisvader en op so `n manier ingerig is, dat elke verstandige mens hom uiters daaroor moet verbaas en wat hy baie moet bewonder, dan is dit immers ook goed te begryp en nie kwalik te neem dat mens moeite doen om so `n wyse huisvader beter te leer ken. Maar dit word vir iemand, wat daar moeite voor doen, wel steeds beklemmender, as hy na `n lang soek en vra, maar net baie onmiskenbare en duidelik aanwysbare spoor van die bestaan van die wyse huisvader ontdek, maar hom self nooit of te nimmer vind nie.

[9] Na verloop van tyd kry jy dan die gevoel van `n seun wat sy vader bo alles liefhet, maar wie se vader vertrek het na sy vele landerye en baie lank wegbly. Die seun word van dag tot dag banger. Hy probeer met die wêreldse geselskap wat hom omring so goed en so kwaad as maar kan sy verdriet verdryf; maar die een droewige nag volg op die ander en die dae verstryk, maar die vader kom nóg op `n nag nóg op die mooiste dag weer na sy seun toe terug. Dan word die seun ten slotte so ondraaglik bang om die hart, dat hy hom opmaak om die vader, wat hy so innig liefhet, te gaan soek. Hy besoek alle besittings van sy vader en vind `n onmiskenbare spoor, waaraan hy duidelik kan sien dat sy vader daar was. Kortom hy vind letterlik alles, - behalwe sy vader! Hy daal af in die dieptes van die aarde en klim op die toppe van die hoogste berge en roep hardop: “O liewe vader, waar is u? Waarom, waarom mag u seun u nie vind nie? Het hy teen u selde gehoorde gebod gesondig, vergeef hom dan, die arme, die swakke, die blinde, en laat u heilige vaderstem hoor!”

[10] En sien, so soek die seun die vader, en so roep hy hom. Alles vind hy, en hy hoor hoe die wind deur die bosse ruis, hoe die storm oor lande en seë raas, ja hy verneem die veelstemmige harmonie van die vrolike sangers in die lug en hy sien bliksems uit die wolke skiet; net die gesig van sy vader duik nêrens op nie, en sy stem laat geen eggo weerklink nie.

[11] En sien, so gaan dit al baie lank met ons seuns van die groot Indië, en niemand van ons weet nog wie ons boek van die boeke “Ja seam skrit” aan die mense gegee het nie! Maar één ding van die boek bly altyd waar, naamlik dat die een groot huisvader van alle mense van ons ryk altyd maar verborge bly en ook sal bly; want as die soekers hom nie kan vind nie, hoe sal hulle wat hom nie soek nie, hom dan vind!

[12] Maar ons was hier so gelukkig gewees om die naaste aan die spoor van Sy bestaan te kom en net daaroor is ons al oorgelukkig; hoe gelukkig sou ons egter gewees het as ons Hom sou vind, sien en in alle liefde en deemoed sou kon spreek! Maar as ons die barmhartigheid nie waardig is nie - wat ons nou self goed kan insien en begryp, - dan vra ons julle almal, beste vriende, om ons nie te vergeet as julle voor Sy heilige aangesig staan nie!

[13] En hiermee is nog één keer op hierdie aand Hom en ook julle, Sy vriende, ons lof en prysinge gebring uit die diepte van ons hart!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205