Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 114

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230.

Die aarde as organisme

114 (RafaEl): “Kyk, die struktuur van hierdie en nog ander soortgelyke mere is deur die Skepper netso wys georden as al die ander wat ek jou op die gebied laat sien en meegedeel het.

[2] Jy het `n liggaam, wat deur spys en drank en deur die reëlmatige inaseming van suiwer lug gevoed, onderhou en op natuurlike wyse in die lewe gehou word. Die voedende bestanddele is in die spyse en drank in dieselfde geringe mate aanwesig as in die ingeasemde lug. Jy asem lug in, maar jy moet byna ewe veel uitasem as wat jy eers ingeasem het; slegs `n klein, nouliks weegbare deel word in jou longe aan die bloed afgegee, en dit is die mees belangrike deel, waardeur jou lewe gevoed word, die ander deel word weer uitgeasem. Jy eet verskillende spyse en drink eweneens verskillende drank. Wat jy eet en drink bestaan egter nie alleen uit pure voedingsstof vir jou liggaam nie, maar is vernaamlik `n draer daarvan; slegs `n eteriese minimum bly as voeding in jou agter, al die ander moet langs die bekende weg weer uit jou liggaam verwyder word.

[3] Wel, netsoos wat dit by mense, diere en selfs by plante noodsaaklik is, omdat hulle nie anders in die lewe sou bly nie, is dit ook by `n hemelliggaam die geval! `n Hemelliggaam moet organe hê om inwendige oortollige vuil na buite op haar huidoppervlakte te kan uitstoot. En nou kyk ons nog `n keer na ons gevaarlike meer en dan ontdek ons dat dit `n netso noodsaaklike orgaan van die aarde is om die inwendige, nie meer bruikbare afval na buite te bring, as `n aantal vergelykbare organe van die menslike liggaam, wat vir jou wel nie onbekend sal wees nie.

[4] Die aarde is netso goed `n organiese lewende wese en het selfs ook `n sielelewe, netsoos jy en elke ander skepsel, en sy adem en werk en leef in die oneindige skeppingsruimte.

[5] Die ervaring sal jou egter geleer het dat die afval van mense, diere en plante as bemesting op die velde, netsoos akkers, weiding en wingerde baie goed gebruik kan word; ek sê egter vir jou: Wat die dierlike afval in die kleine is, is die afval van die aarde in groter en algemener verband.

[6] Die vrugbare bodem van die aarde, ook die berge en die seë is eintlik afval van die aarde; want dit alles ontstaan deur die inwendige lewensvuur van die aarde, maar natuurlik al `n onvoorstelbaar lang tyd gelede. En alles wat na die oppervlakte van die aarde gebring word, netsoos swawel, pik, sout, water en allerlei minerale en metale, dien tot die vorm van die vrugbare aarde, waarsonder geen plant, geen boom en dus nog minder `n dier of selfs `n mens sou kon bestaan nie.

[7] As die aarde dus deur haar eie organe en porieë nog hede tot op dae doen wat sy volgens die baie wyse reëling van die ewige groot Skepper al `n ondenkbaar lang tyd gelede gedoen het en moes doen, dan kan mens dit nie sleg noem nie, maar dan is alles goed.

[8] As `n stuk grond of so `n meer nie geskik is vir die natuurlike lewe van plante, diere en mense nie, dan is dit nie daaroor sleg nie. Die mens het harsings en verstand en kan dergelike plekke, wat nog nie geskik is vir bewoning nie, vermy. Die aarde het gebiede in oorvloed wat ryp is om bewoon te word en die mense kan volkome tevrede wees daarmee. Die see beslaan as geheel nog `n veel groter oppervlak as die droë land. Wie sal daar sê: “Kyk, hoe onwys het God daar gehandel deur nie liewer die grootste deel van die aarde tot vrugbare land in plaas van tot soveel onbruikbare water te maak! Ons mense, en sekerlik ook die meeste landdiere en ook die meeste plante, sou aan die mere, strome, riviere, stroompies, bronne en die reën en sneeu meer as genoeg hê!”

[9] Ja, sê ek, dit sou wel kan as alle mere, strome, riviere, stroompies, bronne en die reën en die sneeu êrens anders vandaan sou kom as nou juis uit die groot wêreldsee. As dit nie so gaan netsoos dit nou gaan nie, sou daar ook geen soetwater op die vasteland gewees het nie.

[10] Ek glo dat ek jou twyfels nou wel op `n baie natuurlike manier gekorrigeer het. As jy daarop ag slaan, sal die bestaan van `n ware God, Sy liefde, goedheid, wysheid en mag volkome duidelik vir jou wees en geen enkele verskynsel ter wêreld sal jou meer afbring van jou ware geloof en die juiste ken van `n ware God nie.

[11] As iemand jou egter met `n sekere welsprekendheid `n ander leer wil opdring, lê hom dan alles so uit, soos wat ek dit vir jou uitgelê het. Neem hy aan wat jy sê, beskou hom dan as `n mens wat die waarheid soek, en behandel hom as `n broer; neem hy die oorduidelike waarheid egter nie aan nie, beskou hom dan as `n onverligte mens, wat `n heiden en `n ketter is omdat hy die ligtende waarheid nie wil aanneem nie, en vermy hom en sy geselskap!

[12] Daar moet egter ook onderskeid gemaak word tussen diegene wat die waarheid nie wil aanneem nie, en diegene wat die waarheid nie kan begryp en aanneem nie, as gevolg van hulle geestelike armoede. Die eerste verdien nie dat mens nog langer geduld met hom het nie, omdat hy uit hoogmoed en eiedunk die waarheid nie wil aanneem nie, en maar net wil dat hy alles volgens homself rig. Maar jy moet met die tweede geduld hê; want hy mis nie die wil nie, maar die verstand! As hy deur jou geduld en liefde verstandiger word, sal hy die waarheid wel aanneem.

[13] Ek het jou nou veel uitgelê. As jy dit sal oordink, sal jy die groter dinge vanself in jou vind. Jou gees uit God sal jou die dieptes en hoogtes van die waarheid laat sien. Vra nou egter jouself in jou hart af, of jy alles wat ek gesê het, ook goed begryp het!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205