Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 117

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230.

Wese en setel van die waarheid. Die soeke van die drie towenaars na die waarheid

117 Ek sê: “Julle staan op die drempel van die tempel waarin die waarheid woon. Want as daar `n waarheid is, dan moet sy haar in die lewe en nie in die dood openbaar nie; want vir die dood het die waarheid geen sin nie. Die juiste en ware mens is `n egte tempel van die waarheid. In sy hart is haar setel.

[2] As `n mens die waarheid soek, moet hy haar in homself soek en nie buite homself nie; want die waarheid is die lewe, en die lewe is die liefde. Wie opregte liefde het vir God en sy naaste, het ook die lewe, en die lewe is die waarheid en sy woon in die mens.

[3] Daarom het Ek so pas gesê, dat julle op die drempel van die tempel van die waarheid staan, en die mens is in homself dus die waarheid, die weg daarheen en die lewe. - Begryp julle dit?”

[4] Die towenaar sê: “Ja, ja, wyse Man, U sal wel heeltemal gelyk hê, maar slegs met betrekking tot U eie persoon. By ons is dit nog lank nie die geval nie. Ons weet uit die mond van die jong man en nou ook uit Uwe, wat ons moet doen om God te vind en met God die hele waarheid. Ons het reeds die koringkorrel en sal hierdie ook in die aarde van ons hart lê. Maar hoe hierdie sal groei en welke vrugte hy sal dra, sal ons eers later sien; want jy kan nie oes voordat jy gesaai het nie.

[5] Daarom is daar in ons nog geen lewe, geen ware liefde en dus ook geen waarheid nie. Ons troos nou alleen die gedagte dat julle as mense die ware God en dus die volle waarheid gevind het, wat die dade van die jong man ons duidelik laat sien het en sy woorde nie minder nie. Dus kan ons dit ook met die nodige vlyt bereik; maar nou het ons dit nog nie bereik nie. As U ons miskien `n nog korter weg na die doel kan wys, sal ons U ewig dankbaar wees!”

[6] Ek sê: “Julle het die skrif van die Judeërs in Babilonië gelees en die wysheid van Moses bewonder. Julle ken die wet van die Judeërs en sê: “Ja, dit is `n egte wet! Wie hom daaraan sal hou, sal salig word.” Hou dit dan ook, dan sal julle salig word!”

[7] Die towenaar sê: “Vriend, het U ons dan al eens in die ou Babilon, wat ooit die grootste stad ter wêreld gewees het, gesien en leer ken? Ons kan ons niks daarvan herinner nie!”

[8] Ek sê: “Netsoos My dienaar wis waar jy tuis jou groot diamant verberg het, soveel te meer weet Ek as sy Heer wat julle tien jaar gelede rondom hierdie tyd in Babilon gedoen het, sonder dat dit vir My nodig was om ooit in die verwoeste stad te kom.

[9] Ek sê julle dat dit vir `n mens wie se gees sy siel deurdring het, nie nodig is om oral persoonlik aanwesig te wees nie, om van dit wat daar êrens gebeur kennis te neem, maar as hy één geword het met die Gees van God, dan is hy in en deur hierdie heilige Gees oral aanwesig en sien en hoor alles en weet dan ook alles. Dit het My dienaar julle weliswaar ook al gesê; maar Ek sê julle dit nog `n keer sodat dit in julle sal bly, sodat julle daarop ag sal slaan en daarvolgens sal handel.

[10] Wat julle moet doen, weet julle en dus het Ek julle nou verder niks meer te sê nie. Het julle nog `n bepaalde vraag, sê dit dan maar!”

[11] Die towenaar sê: “Dat u `n buitengewoon wyse Man is, het nou wel heeltemal tot ons deurgedring; want so `n alwetende en alsiende eienskap het ons slegs éénmaal in Opper-Indië by `n Birmaan aangetref, wat ons egter nie wou vertel het hoe `n mens aan die gawe kom nie. Ons het hom wel baie nadruklik daarna gevra; maar hy het ons ten antwoord gegee: “Julle is nie ryp daarvoor nie en weet niks van `n innerlike lewe in die mens nie. Maar reis in die rigting waar die Orion ondergaan en die ander sterre wat hom in steeds dieselfde ewige orde begelei, daar sal julle julleself beter leer ken!” Maar dit was dan ook alles wat ons van die wyse man te wete kon kom.

[12] Ons het dan ook spoedig na die weste getrek, wat met veel moeite en gevaar gepaard gegaan het, en na `n lang soektog het ons julle gevind, wat ons die weg om die innerlike wysheid te verkry, al veel duideliker omskryf het. As ons die reis na die weste nog verder sal voortsit, kan ons deur ons inspannings die wysheid in die innerlike van die mens miskien wel heeltemal vind en ook in onsself bereik.

[13] Ons het naamlik tydens ons reis volgens die weg van die sterre opgemerk dat hoe verder ons na die weste gegaan het, ons steeds wyser en wonderbaarlik magtiger en daarby ook steeds beter mense aangetref het, en dat hulle leerboeke ook altyd `n diepere, ofskoon gereelde verborge wysheid bevat het. Dit het ons ook tien jaar gelede in Babilonië gemerk uit die boeke wat ons daar by `n man van julle stam ter insae gekry het.

[14] Dit was weliswaar in die oud-Hebreeuse taal geskryf, wat aan ons nie so bekend is as die wat julle praat nie; maar sy trek veel na ons ou taal, en dus het ons haar begryp en kon die skriftekens ook goed lees, omdat dit baie ooreenkoms toon met die van ons.

[15] Ons vind daarin ook `n voorspelling dat God se Gees julle `n Messias (Middelaar) tussen God en julle, Judeërs, belowe het. Ons vra die man baie nadruklik daarna. Maar hy kon ons nie veel daaroor sê nie; want hy sê dat die tyd en die uur baie duister en vaag aangegee staan en daar ook geskryf staan, dat by God duisend jaar nouliks `n dag was. Dus sou die Judeërs nog wel lank op hulle beloofde Middelaar moet wag. Self glo hy dat die profeet in sy beeldspraak iets baie anders bedoel het as die werklike koms van `n toekomstige, op God lykende Middelaar.

[16] Omdat ons hier nou eenmaal oor die onderwerp te prate gekom het en ons onsself daar andersyds ook in enkele ure voldoende daarvan oortuig het, dat ons hier werklik teenoor mense staan, wat `n waarlik onbegryplik diepe wysheid besit, en U al baie in die besonder, sou ek nou ook graag U mening wil hoor oor die aan U beloofde Middelaar. Wat sê dit? Hoe moet die geskrif en die voorspelling van die ou siener uitgelê word?”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205