Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 12

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230.

Die maaltyd in die herberg

12 Toe Ons bo aankom, staan die slawe almal ordelik opgestel en hulle groet My reeds van ver af en hulle sê: “Heil aan U, beste, goeie Vader, want U het ons verlos en bevry van ons harde bande! U het ons `n nuwe, baie mooi gewaad gegee, sodat ons nou selfs lieflik daar uitsien en U het ons versadig met uitstekende spyse en versterkende en soet smakende drank! O goeie, beste Vader, kom, kom, dan kan ons U met ons liefde dank!”

[2] Toe Ek naby hulle kom, verdring hulle hulle almal om My heen en soen en liefkoos My.

[3] Maar die leerlinge gee hulle te kenne dat hulle hulle nie so opdringerig en onbeheersd moes gedra nie.

[4] Maar Ek sê aan die leerlinge: “Gee hulle die onskuldige vreugde, want waarlik, Ek sê vir julle: wie nie van My hou netsoos een van hierdie ware kinders hier nie, sal nie na My toe kom nie! Want wie nie deur die Vader (in My) getrek word nie, die kom nie tot die Seun (tot die Wysheid uit God) nie. Hulle word egter deur die Vader aangetrek en daarom verdring hulle hulle dan ook so om My. Hulle weet nog nie wie Ek is nie, maar die Vader in My het hulle al veel beter herken as julle tot nog toe. Wat dink julle daarvan?”

[5] Toe sê die leerlinge niks meer nie en voel wel dat hulle My nog nooit met so `n liefde in hulle hart opgeneem het as hierdie kinders uit die origens koue noorde nie.

[6] Toe hierdie kinders My so geliefkoos het en vir alles bedank het, trek hulle hulle weer heel ordelik terug en Ons gaan die huis binne en neem volgens die indeling van die vorige dag aan die tafels plaas, slegs die vier arme mense kom aan die tafel van die Romeine sit, omdat Agricola dit graag so wou gehad het. Die slawehandelaars met Hibram neem naas die sewe fariseërs plaas en toe alles so gereël was, word spyse, wyn en brood in sulke groot hoeveelhede opgedien dat die verwondering van die slawehandelaars oor so `n ryklike maaltyd geen grense geken het nie. RafaEl sit naas My om vinnig byderhand te wees as Ek sy dienste nodig sou hê.

[7] Die arm mense was egter, om baie begryplike redes, heel power in verslete klere gehul, sodat Lasarus, wat ook naas My gesit het, baie aan die hart gevat was.

[8] Hy sê daarom aan My (Lasarus): “Heer, ek het tuis genoeg klere! Wat sou U daarvan sê as ek iemand na Betánië stuur om vir hierdie arme mense klere te gaan haal? Miskien sou my suster Maria (Maria) ook kon saamkom, wat dit hier ook beslis na haar sin sou hê!”

[9] Ek sê: “Vriend, jou sorg vir die armes doen My altyd baie goed en daarom bly Ek in jou huis. Maar die keer sal Ek ook vir hierdie mense net so sorg soos wat Ek vroeër vir die kinders gesorg het, wat hulle nou buite vermaak! Jou twee susters het nou tuis hulle hande vol met die vele vreemdelinge en kan nie daar gemis word nie, maar as Ek weer hier sal weggaan, sal Ek in elk geval eers na Betánië gaan en daar jou susters sien en spreek. En hierdie vier arme mense sal jy so dadelik in beter, en wel Romeinse, klere sien. Maar laat Ons nou eers hulle inwendige mens versterk, daarna sal dan ook goed vir hulle buitekant gesorg word! Is jy tevrede daarmee?”

[10] Lasarus sê: “Heer, geheel en al, want alleen wat U wil en beveel, is goed en korrek! Maar nou moet daar geëet en gedrink word en as Ons almal versterk is, sal Ons weer oor baie verskillende sake kan praat.”

[11] Daarop eet en drink almal heel gemoedelik en elkeen druk hom uit in lowende woorde oor die goeie en vriendelike versorging en die smaaklike spyse, asook oor die lieflike wyn, wat die hart bly maak. Die slawehandelaars was heeltemal buite hulleself van vreugde en gee toe dat hulle selfs tydens hulle vroeëre reis na die meer suidelike lande van die aarde, nog nooit so-iets buitengewoon goed geniet het nie.

[12] Maar `n fariseër aan dieselfde tafel sê daarop: “Ja, ja, my beste verre vriende, in die huis van die Vader lewe die ontaarde kinders veel beter as êrens, ver weg van die vaderlike huis!”

[13] Hibram sê: “Hoe moet ons dit opvat?”

[14] Die fariseër, wat nou natuurlik heeltemal bekeer was, sê terwyl hy na My wys: “Sien, daar sit die ewig ware Vader te midde van ons, Sy ontaarde kinders, wat ons en alle mense van hierdie aarde is! Wat tot Hom kom, Hom herken en Hom liefhet, is Sy beter kinders en Hy sorg dan deur Sy Wysheid en deur Sy almagtige wil oral vir hulle, sodat dit met hulle reeds op hierdie aarde goed gaan, maar na die liggaamlike lewe nog beter in die ryk van die ewige geeste, wat nooit sterf nie, maar ewig voortlewe. En kyk, dit het ek bedoel ek toe ek gesê het dat dit selfs met die ontaarde kinders nêrens beter gaan as in die huis van hulle egte Vader nie! Begryp jy dit nou?”

[15] Hibram sê: “Ja, ja, dit begryp ek nou en dit het jy goed en waaragtig gesê, maar die Man is eintlik tog God en dan is Hy tog te verhewe om Vader te wees van ons, slegte mense! Ek sou dit selfs heel aanmatigend vind om Hom Vader te noem!”

[16] Die fariseër sê: “Aan die een kant het jy daarin weliswaar nie heeltemal ongelyk nie, maar Hyself leer ons dit en dreig elkeen wat dit nie in sy hart glo, met die uitsluiting van die salige, ewige lewe, en toon ons dat Hy alleen die Skepper en waaragtige Vader is van alle mense, en daarom moet ons dit ook glo, maar ook moet ons volgens Sy heilige wil, wat Hy aan ons bekend gemaak het, so op hierdie wêreld lewe, dat ons daardeur waardig word om Sy kinders te wees. As Hyself dit vir ons leer, dan moet ons dit ook wel met alle liefde en dankbaarheid aanneem en doen wat Hy ons leer. Want Hy alleen weet hoe dit met ons mense gesteld is en waarvoor Hy ons in die bestaan geroep het.”

[17] Met hierdie goeie les was ons slawehandelaars toe ook volkome tevrede en hulle eet en drink verder daarop en onderhou hulle met die fariseërs vir sover hulle hulle verstaanbaar kon maak. Maar langsamerhand begryp hulle mekaar steeds beter, omdat die een fariseër baie goed tuis was in die oer-Hebreeus, die taal waarin hierdie noordelike afstammelinge van Indië, op nog taamlike suiwer geblewe wyse, uitdrukking gee aan hulle gedagtes.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205