Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 121

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230.

Die leiding van die mensdom. Kennis, verstand en vrye wil

121 Ek sê: “As jou geheue beter was as wat dit is, sou jy jou nog baie goed herinner dat dié punt al gereelder ter sprake gekom het en deur My ook altyd so uitgelê is, dat dit maklik te begryp was. Maar jou geheue het al bietjie minder geword as wat dit eens was, en daardeur het jy gegly oor wat Ek al dikwels oor sulke kwessies gesê het. Maar dit maak nie saak nie; ons het nog tyd, en daarom kan Ek julle nog `n keer iets daaroor sê. Luister dus!

[2] Wie nog nooit `n son, `n maan, `n bewoonbare aarde, plante, diere en mense geskape het nie, weet ook beslis nie hoe al hierdie skepsele gelei, in stand gehou en na hulle uiteindelike bestemming gebring moet word nie. Maar Ek weet dit alles en het `n ewige orde vasgestel, waarsonder niemand ooit iets sal kan bereik nie.

[3] Die mens, as My volledige ewebeeld, moet ook `n volmaakte vrye wil hê, waarmee hy homself wat sy geestelike deel aanbetref, moet omvorm, konsolideer en moet vrymaak van My almag, om eens as `n sterk, vry, selfstandig en eiemagtige wese salig naas My te staan, te lewe en te handel.

[4] Kyk, alle skepsele is onderwerp aan wette, wat deur My ingestel is en ook die mens, in soverre dit sy liggaam betref, - slegs die siel en die gees van die mens is nie, dit wil sê, wat betref sy wil en die vryelike leer ken en insien van alles! Die vorm en die struktuur van die siel in al haar dele is natuurlik ook onderwerp aan wette wat deur My ingestel is, maar slegs so dat sy juis deur die vrye wil in die mens of wel baie edel en solied, of te wel baie onedel en swak kan word.

[5] Maar die mens sou weinig of niks gehad het aan die vrye wil, as hy nie die moontlikheid sou gehad het om alles vryelik te leer ken en in te sien nie, en `n daaruit afgeleide verstand, wat die wil laat sien wat goed en waar, en wat verkeerd en sleg is.

[6] Eers as die mens kennis opgedoen het en sy verstand skerp en wakker gemaak het, kom die openbaring van die goddelike wil daarby, wat die mens die ware weg wys na die ewige lewe en na God. Die mens kan die openbaring dan aanneem of nie, omdat hy ook teenoor God `n volkome vrye wil moet hê, want anders sou hy geen mens gewees het nie, maar `n dier, wat geen eie vrye wil, maar slegs `n instink het wat hy nie kan weerstaan nie.

[7] In die begin was daar slegs één mensepaar op aarde geplaas, en die man heet “Adam” en die vrou “Eva”. Die eerste mensepaar was deur God met alle bekwaamhede toegerus. Hulle het `n diepe insig, `n helder verstand en `n baie magtige vrye wil gehad, waarvoor alle ander skepsele moes buig.

[8] By hierdie bekwaamhede kry hulle ook `n duidelike en goed begryplike openbaring uit God se mond, wat hulle vry en openlik laat sien wat hulle moes doen om die doel wat vir hulle deur God gestel was, langs die kortste en maklikste begaanbare weg te bereik. Maar daarnaas laat God ook weet dat hulle heeltemal vry was en ook kon handel in stryd met die wil wat God hulle verkondig het, deur hulle te laat lei deur die vlees en wêreldse materie; maar dan sou hulle daardeur self `n oordeel, en daarmee ook hulle dood veroorsaak.

[9] Wel, dit het `n tyd lank baie goed gegaan; maar baie gou het die wellustige begeerte geseëvier, deur Moses simbolies as `n slang voorgestel, oor die besef van die goeie en die ware uit die goddelike openbaring, en hulle oortree die gebod, om te sien waartoe dit sou lei.

[10] En kyk, wat die eerste mensepaar gedoen het, dit doen nou byna alle mense!

[11] God, het dit nooit laat ontbreek aan groot en klein openbarings nie, maar het tog nooit `n mens gedwing om hom daarby te hou nie. Geseënd is egter diegene wat hulle daaraan hou en hulle lewe daarvolgens rig!

[12] Die eerste mensepaar het beslis die suiwerste en beste opvoeding van God gekry en kon dit ook onvervals op al hulle nakomelinge oordra; maar kyk net na die mense twee duisend jaar later, ten tye van Noag, dan sien jy dat hulle in kwaadaardige duiwels verander het!

[13] Het dit die eerste mense van die aarde dalk ooit aan die beste opvoeding ontbreek? O nee! Het hulle dit dalk ook nie aan hulle kinders gegee nie? Ja verseker, en altyd in die mees suiwere sin! Maar die mense het ook die aandrang in hulle gevoel om teen die gebooie van God in te gaan, omdat dit hulle liggame behaag het, en daardeur het hulle lewens totaal in `n verval en algehele godvergetenheid geraak. En as God manne na hulle toe gestuur en hulle vaderlik vermaan het, om hulle weer tot Hom te keer, dan was hierdie manne direk in die ban gedoen en verdryf en `n aantal was selfs op gruwelike wyse gedood.

[14] Ten slotte begin die mense wat God die rug toegekeer het, selfs die aarde te verwoes en toe was hulle maat vol. Self open hulle die sluise van die groot onderaardse waters, wat die kwaadwilliges toe oorspoel, waardeur hulle almal verdrink het.

[15] Dit was egter geen oordeel wat direk uit God se wil voortgekom het nie, maar `n oordeel wat toegelaat was, wat ten gevolge van die inwendige struktuur van die aarde so moes plaasvind; want as jy van `n hoë rotswand na benede spring, jou te pletter val en dood is, is dit ook `n oordeel wat jou oorkom, maar nie deur die wil van God nie, maar omdat die aarde sodanig ingerig is dat alles wat swaar is, wel omlaag móet val, wat die mens baie goed vanuit sy verstand kan weet.

[16] Derhalwe is daar op aarde geen mens wat so hulpeloos is dat hy homself nie sou kon help as hy dit egter wou nie; maar as hy dit dadelik vanaf sy kinderjare al nie wil doen nie, het hy dit aan homself te wyte as hy in die ellende kom. En wat Ek nou sê van één mens, geld ook vir `n hele volk.

[17] Daar is geen volk op die hele aarde wat homself nie baie goed sou kon gehelp het, as hy dit maar net wou nie. Maar waar is die wil? Ja, vir die kwade en slegte het `n volk meer as genoeg wil; maar vir die suiwer geestelik goeie en ware ontbreek dit aan goeie wil, omdat dit nie die wellustigheid van die vlees tegemoet kom nie, en die siel van iemand wat nie die goeie wil het nie, gaan netsoos die siel van `n hele volk in die oordeel en in die dood van die materie oor, en kan en wil dan niks meer hoor, in hom opneem en begryp van dit wat van die gees, van die lig en die lewe is nie. En as mens sulke in hulle vlees gevange siele uit hulle slaap wil wakker skud, word hulle dol en grimmig wild, val soos wolwe oor lammers heen oor diegene wat hulle wil wek, en wurg en verskeur hulle meedoënloos sonder enige erbarming.

[18] Is dit dan dalk die skuld van God as sulke mense om die hierbo genoemde redes in die grootste en mees goddelose siele-blindheid beland en dan duisende jare daarin bly? As God `n vermanende oordeel oor sulke mense toelaat, is dit beslis vaderlik goed en wys; want slegs groot liggaamlike nood is in staat om die siel af te wend van die materie en na die geestelike toe te keer. - Begryp jy dit?”

[19] Agricola sê: “Ja Heer, dit het vir my nou heeltemal duidelik geword; ek vra U om vergewing dat ek U so ter verantwoording durf roep het, want ek was nog baie blind.”

[20] Ek sê: “Ek hou van mense met jou karakter; hulle maak erns met die waarheid! - Maar nou kyk ons weer na die vuurgloed!”

[21] Toe val daar weer `n stilte; die drie towenaars gaan bietjie tersyde en praat oor My.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205