Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 128

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230.

Die plek van die hemel

128 Toe tree daar `n algemene, slegs kortstondige rus in. Maar by soveel mense kan `n langer pouse nie maklik verwesenlik word nie, veral nie in `n nag waarin daar van alles te sien is nie, en daar ontstaan onder die bekende Judese Grieke baie gou `n woordestryd en elkeen wil My die beste verstaan het.

[2] Een van hulle sê aan die redetwistendes: “Luister! Wie sê dat hy die woorde en lesse van die Heer die beste begryp het, het Hom die minste begryp; want in Sy woorde kom ook na vore, dat die één hom nie bo die ander moet verhef nie, maar in alles deemoedig en beskeie moet wees. Wie egter aan sy broer sê: “Kyk, dit begryp jy nie!” of dit het jy verkeerd begryp!”, hy verhef hom immers bo sy broer, en dit is teen die leer van die Heer en laat sien dat juis hy die leer sleg of gladnie begryp het.

[3] Iets baie anders is dit as iemand aan sy broer sê: “Luister eens, die en die woorde het ek nie so goed begryp nie! Hoe het jy dit opgeneem?” As hy dan in alle liefde en beskeidenheid aan sy broer sê hoe hy dit begryp het, dan is dit beslis geen verheffing van die eie, beter verstand bo die van sy broer nie, maar `n werk van ware naasteliefde. Maar ek kan nie met julle twisgesprekke eens wees nie.”

[4] Na hierdie goeie teregwysing word die rus weer herstel, en die Judese Grieke sien in dat die spreker heeltemal gelyk het, en daarna het hulle veel makliker eensgesind geword.

[5] Die drie towenaars het ook nog iets gehad wat hulle nie van My leer kon verstaan nie, en dit was die plek van die hemel; want hulle sê: “Dat die volledige ken van God, Sy wil en Sy liefde en Wysheid, en die lewe en handel volgens die wil van God, God se ryk op sigself uitmaak, is volgens die leer van die Heer nou goed duidelik, en ook is dit duidelik dat wanneer iemand dit alles in homself tot stand gebring het, hy homself, wat betref sy siel, volledig in God se ryk bevind en die ewige lewe het en dus `n volmaakte mens is; maar waar is die plek waar sy siel haarself sal bevind as sy haar liggaam later verloor?”

[6] Die hooftowenaar wou hom daarom met hierdie vraag na My toe wend.

[7] Ek was hom egter voor en sê: “Ek weet wel wat julle beswaar en wat julle sou wil weet! Dit sou julle nou nog nie begryp nie, omdat julle siel nog nie vry genoeg is van die materie van julle liggaam nie; as sy egter meer één sal word met die gees van My liefde in jou, sal jou eie gees jou wel die plek aangee van daardie ryk, waarin jou siel dan ewig in haar hoogste vryheid sal lewe, en as heer en meester kan optree. Maar jou liggaam kan dit nou nog nie verstaan nie.

[8] Waar is Ek nou Self? Wel, in die uit Myself geskape wêreld! Sodra jy egter die ware innerlike lewensvolmaaktheid sal bereik het en die liggaam, synde My oordeel, of die vorm wat aan jou gegee is waarin jy jou innerlike lewe moes ontwikkel, word jou afgeneem, dan sal jy netsoos Ek alles uit jouself kan skep en dan sal jy netsoos Ek lewe en bestaan in die wêreld en op die plek wat jy vir jouself en uit jouself sal skep.

[9] Dat selfs in jou nog baie stoflike siel skeppende krag aanwesig is, kan jy baie maklik uit jou droom aflei. Want waar is die wêreld eintlik wat jy in jou lewendige droom bewoon? Dit bestaan maar net in die intelligensie en die wil van jou siel, wat ook in die droom `n wil het, hoewel jy dit oordag in jou liggaam meer as iets toevallig beskou. Dink daaroor na, dan sal dit ook in die opsig iets ligter in jou word! - Maar vir hierdie dag is My werk nou ten einde, en om goed uit te rus tot môre, gaan Ons nou nie in huistoe nie, maar na die goed ingerigte tente. Eers môre sal daar dan groter onthullings volg.”

[10] Nadat Ek dit gesê het, staan Ek op en ook My leerlinge. Ons soek slaapplek in `n groot tent, en elkeen begeef hom ter ruste.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205