Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 135

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230.

Agricola en die herders

135 Nadat Ek dit aan hierdie arme mense gesê het, kom daar enkele herders na die hut om te kyk of die siekes dalk al gesterf het.

[2] Toe hulle Ons sien wou hulle dadelik weer weggaan; maar ons Agricola gaan vinnig na buite, spreek die herders aan en sê: “Het julle hierdie arme mense dalk te eet en drinke gebring, of wil julle hulle op `n ander manier help of troos?”

[3] Die herders sê: “Heer, nóg die een nóg die ander, ons kom as dienare van ons meester, wat `n streng man is! Hy het ons opgedra om vandag te gaan kyk of die gesin nog daar woon, en of hulle al miskien gesterf het. Hy wil hierdie ou hut in elk geval vandag nog ontruim hê, omdat hy vir die eerste dag na die Sabbat bouers bestel het wat hierdie hut moet verbou, en daarom moes die arme, naakte gespuis daar uitgesit word.”

[4] Agricola sê: “Dat julle doen wat julle werkgewer julle opdra kan ek julle nie kwalik neem nie; maar julle het tog geweet hoe hoog die nood by hierdie gesin was! Waarom het julle hierdie arme mense dan nooit gehelp nie?”

[5] Die herders sê: “Heer, ons sukkel al genoeg om die kop bo water te hou! Hoe moet ons dan ook nog vir ander armes sorg? Ons opdraggewer is so `n suinige mens, dat hy ons, sy dienare, nie soveel gee, dat ons daarvan ook nog iets aan ander armes kan afstaan nie. Ons kan self nouliks lewe, - hoe sou ons dan nog ander in die lewe kan hou?”

[6] Agricola sê: “Dit is baie jammer vir julle! Kyk, woordvoerder, die gesin is nou opeens meer as koninklik gehelp - en hulle weldoeners sou eweneens wou dat hulle vir altyd geholpe sal wees! Maar omdat julle netso hard en gevoelloos was as julle werkgewer, hoef julle ook geen beloning van ons te verwag nie. Sê origens ook aan julle werkgewer, dat ek as één van die belangrikste, rykste en magtigste Romeine uit Rome, vir hom, as hy die arme gesin beter versorg het, hier in plaas van `n nuwe hut, `n koninklike paleis sou laat bou het en hom tewens nog tienduisend morge land sou geskenk het! Laat hy nou maar in ruil vir sy barmhartigheid die loon met julle deel, wat julle nou gekry het. Skaam julle, julle Judeërs, wat julleself “kinders van God” noem, waar ons heidene julle hemelhoog in barmhartigheid oortref! Hoe heet die fraaie meester van julle eintlik, en wat is hy?”

[7] Heeltemal verbluf sê die een herder: “Ons meester is `n stinkryk burger van Jerusalem en heet Barabe; verder is hy niks.”

[8] Agricola sê: “Baie goed! Sê vir hom dat die gesin wat so arm was, nou dadelik saam met ons gaan, dan kan julle en julle mooi meester met hierdie hut doen wat julle wil; maar dat julle geen geluk daarmee sal hê nie, daarvoor sal ek instaan! En wag nou nog maar netso, totdat julle die arme gesin sien weggaan, sodat julle jul mooie werkgewer kan vertel dat die hut heeltemal ontruim is!”

[9] Agricola gaan daarop weer die hut binne en die herders kyk mekaar verbaas aan, en één van hulle sê: “Sien jy nou goed! Julle het my uitgelag vanweë my droom oor hierdie arme mense, wat ek julle vertel het, en julle het nog kritiek gehad toe ek `n paar maal my karige brood met die naakte kinders gedeel het, en later, toe hulle weer na my toe wou kom, het julle hulle bedreig en weggejaag. Dit kom nou daarvan! Ek het altyd gesê: Met hierdie mense sal nog eendag `n wonder gebeur, en dit sou goed wees om iets goeds vir hulle te doen! Maar toe lag julle; en nou lag ek, omdat julle so `n goeie loon vir julle skitterende verstand gekry het!”

[10] In hierdie trant spreek die herders nog `n rukkie tot Ons met die nou goedgeklede gesin wat hut verlaat en vertrek. Toe die herders die nou goed en ryk uitsiende gesin in die oog kry, verbaas hulle hulle baie; want dit val hulle op dat hulle volledig genees was.

[11] Die oudste jong man gaan egter na die een goedhartige herder en sê: “Wat u in die hut sal vind is van u!

[12] In die hut bly naamlik die mandjie met nog `n brood en `n kruik vol wyn agter en in die doeke, waar die klere ingesit was, is nog `n paar waardevolle goudstukke gewikkel.

[13] Toe Ons `n paar treë verder was, wil die ander herders ook saam die hut ingaan om dit wat daar agtergelaat is, met hom te deel.

[14] Agricola sien dit, gaan vinnig terug en sê aan die brutale herders: “As julle dit waag ook maar `n broodkrummel van hierdie goedhartige man af te neem, dan laat ek julle vandag nog kruisig! Onthou dit goed! `n Romein hou sy woord!”

[15] Toe die herders die vonnis hoor, slaan hulle op die vlug.

[16] Maar aan die een herder sê Agricola: “Neem wat jy sal vind en gaan woon in die stad; want jy sal voortaan geen dienskneg meer hoef te wees nie!”

[17] Toe Agricola weer by Ons terug was, gaan Ons na die stad toe. By die poort het baie mense al gestaan en wag wat ons vanaf die Olyfberg gevolg het en hulle verwelkom Ons.

[18] En Agricola sê, terwyl hy na die arm gesin wys: “Die weë van die Heer is steeds vol wonders en weldade!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205