Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 137

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230.

Die nuuskierige burgers van Emmaus

137 Toe die twee Romeine by ons kom en hulle die welbekende Agricola in die oog kry, wis hulle van pure blydskap nie wat hulle moes doen nie. Want hulle het al hulle aardse geluk aan Agricola te danke gehad, en hulle het ook na die Judese land gekom om daar die ware God en Sy wil van nader te leer ken. Hulle vertel hom natuurlik dadelik wat hulle intussen alles al te wete gekom het; maar Agricola sê dat dit alles so goed as niks beteken nie, vergeleke by dit wat hulle vandag nog sou hoor, sien en meemaak. Dit bring die twee Romeine natuurlik baie in verbasing en hulle vra hom of hy wel seker was dat die Opper-Egiptenare vandag sou kom.

[2] Maar Agricola sê verder niks anders nie as: “Beste, ou vriende, glo dit wat julle vandag gesê word rotsvas; want alles sal presies in vervulling gaan en daarvan sal julle jul maar al te gou oortuig, wanneer die wonderlike mense uit Opper-Egipte straks hier sal arriveer.”

[3] Die twee Romeine sê: “Nee, dit het ons die allerminste verwag, dat ons vandag skielik so-iets merkwaardig sou te wagte staan!”

[4] Daar word nog veel op die oop plek bespreek; maar toe begin die een groep na die ander binne te kom, sodat daar `n hele drukte ontstaan. Ten slotte kom ook ons Lasarus met RafaEl en die baie slawekinders, wat met hulle lieftallige skoonheid die bewondering van beide Romeine afdwing; RafaEl beskou hulle selfs as `n god.

[5] Maar Agricola en nou ook die ander reeds aanwesige Romeine sê: “Hulle lyk wel so, - maar dit staan tog baie anders! Doen egter geen navraag nie; want julle sal nog oor alles op die korrekte tyd ingelig word!”

[6] Die Romeine skik hulle daarmee, maar vra tog of dit nie passender sou wees om hulle nou in die een of ander herberg terug te trek nie; want so veel mense buite op `n ongewone tyd sou te veel opsien baar in `n klein plekkie. Dit sou daarom raadsamer wees om na `n groot herberg te gaan.

[7] Die voorstel was goed en Ons gaan na die groot herberg van Nikodemus.

[8] Tog merk enkele burgers dat Ons daarheen gegaan het, en daarom begewe ook hulle hulleself daarheen om te sien wat daar aan die gang was.

[9] Maar ons Nikodemus sê aan hulle: “Vriende, vandag is hier niks vir julle te doen nie; want julle sien dat die hooggeplaasde Romeine hier `n groot en belangrike vergadering wil hou, waarby sowel ek as nog `n aantal vername Judeërs aanwesig mag wees! Trek julle dus maar almal beskeie terug, anders sou julle probleme kan kry, omdat die Romeine iets opgemerk het waardeur hulle julle - vir sover ek gehoor het - sekerlik nie welgesind is nie! Trek julle dus maar so vinnig moontlik terug en laat julle verder nie meer die hele dag sien nie!”

[10] Na hierdie waarskuwing van Nikodemus gaan die nuuskieriges so vinnig moontlik weg, en Ons bly die hele dag van hulle toeloop verskoon; want sodra die mense uit Emmaus iets hoor oor die hoë Romeine, gaan hulle weg en bring selfs die hele dag buite die stad deur en kom eers laat in die nag weer tuis.

[11] Toe Nikodemus die nuuskierige burgers van Emmaus op die manier verjaag het, kom hy terug en sê: “Nou kan ons onsself hier wel vryer beweeg; want hierdie nuuskieriges sal nou die hele dag wegbly, en niemand sal hom, selfs nie op `n afstand, meer laat sien nie. Of ek egter heeltemal korrek opgetree het, deur hulle meer deur `n slimme lis as deur die suiwer waarheid vir die hele dag verwyder het, wel, dit is natuurlik `n baie ander vraag! Maar ek dink by myself: As jy deur `n middel, wat beslis nie sleg is nie, iets goeds kan bereik, dan moet jy dit maar sonder beswaar aanwend; want hoe gereeld moet verstandige en wyse ouers hulle eie kinders nie deur allerlei liste en voorwendsels leiding gee nie, as hulle ware mense van hulle wil maak! Met die volkome suiwer, naakte waarheid sou mens nie ver met die kinders kom nie!”

[12] Ek sê: “Jou middel was hier sonder meer goed en ook waar, en daarmee het jy ook `n vir hierdie dag baie goeie doel bereik! Wie tot die volle lewenslig van die waarheid wil kom, moet eers die terrein van die leuen en die misleiding deurkruis; sonder dit kom niemand tot die volle waarheid nie.

[13] Kyk, die hele wêreld, ja selfs die liggaam van die mens en al die liggaamlike is vir die siel en die gees `n misleiding en dus ook `n leuen; maar sonder die wêreld sou geen enkele siel tot die volle waarheid van die lewe kon kom nie! Maar dieper beskou is ook die liggaamlike wêreld weer geen bedrog en geen leuen nie, maar eweneens volle waarheid; hierdie lê egter nie bloot, maar is binne-in verborge en kan deur ooreenstemmende beelde (analogieë) gevind word.

[14] Daarom was jou vermeende lis dan ook geen leuen nie, maar waarheid; want dit gaan hier immers vernaamlik om die win van die heidene en nie om die win van die Judeërs nie, wat al van Moses die regte lig het. As hulle dit nie wil gebruik nie, is dit hulle eie skuld as hulle in hulle eie gewilde duisternis te gronde gaan. En kyk, daarom het jy goed gespreek toe jy aan die burgers gesê het dat dit hier gaan om `n beraadslaging met die Romeine, en wat jy doen het jy dus baie goed gedoen. Maar so pas het ook die mense uit die binneland van Opper-Egipte met hulle sewe hier aangekom; sê aan die Romeine dat hulle hulleself op hulle ontvangs moet voorberei!”

[15] Nikodemus gaan toe dadelik na die Romeine, wat aan `n tafel gaan sit het, en sê dit aan hulle. Die twee Romeine staan onmiddellik op en vra aan Nikodemus wie hom dit vertel het.

[16] En Nikodemus sê: “Die Ene, wat dit en nog eindeloos veel meer weet, en wat julle ook vandag nog beter sal leer ken! Vra nou egter nie verder nie, maar gaan na buite en ontvang diegene wat kom!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205