Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 145

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230.

Die man uit Opper-Egipte onthul die gedagtes van die Fariseërs

145 Die man uit Opper-Egipte sê: “Kyk, ek is nog in die hoogste mate `n volmaakte natuurmens en besit nog die gawe wat God ons gegee het, waardeur die mens as die sluitstuk en volmaakste deel van die hele skepping die eintlike meester word van die hele natuur, van haar geeste en elemente, en ek is tot veel in staat. Ek ken alles wat menslik, dierlik, plantaardig en mineraal is op die hele aarde, van die ontstaan daarvan tot aan die toekomstige algehele vernietiging, en ek ken selfs al julle morele, godsdienstige en staatkundige omstandighede en ek verstaan ook alle tale, selfs die van die diere, sonder dat ek dit ooit uit enige geskrif geleer het; want dit alles het my gees, wat reeds in my negentiende jaar aan my deur God gegee was, geleer.

[2] Sodoende kan ek julle sê, dat julle self julle Moses al lankal volkome eenkant gesit het, en omdat julle so graag oor julle medemens wil heers en `n sterk neiging het tot traagheid, luukse, hoereerdery, egbreek, en om vir julle self wette te maak waarmee julle jul medemens kan kwel en pynig. Julle lê ondraaglike laste op vir hulle, wat julle self vir geen goud in die wêreld met `n vinger aanraak nie, omdat julle self nie meer in `n God glo nie. Want as julle nog in `n God sou geglo het, netsoos eens julle stamvader Abraham geglo het, dan sou julle die wette wat God aan Moses gegee het, beslis nie vernietig en verdraai het nie. Dan sou julle die profete wat God onder julle opgewek het, om julle steeds te laat weet hoe ver julle van Sy weë afgewyk het, nie met klippe gedood het nie.

[3] Nou het waarlik die grootste en vir julle ook die laaste profeet presies in die tyd opgestaan wat deur julle profete voorspel was. Hy leer die waarheid en laat julle sien dat julle, as gevolg van julle groot en growwe sonde teen die wil van God, geen kinders van God meer is nie, maar kinders van die duiwel. Dit vervul julle baie begryplik met toorn en woede teen Hom en julle probeer Hom daarom te vang en te dood.

[4] Ek, as wyse wat nie van hier afkomstig is nie, sê vir julle dat julle daardie plan, deurdat Hy dit toelaat, ook nog tot uitvoering kan bring en dit ook sal doen, omdat julle wil deur en deur boosaardig is. Maar julle sal slegs Sy liggaam vir drie dae vernietig; Sy ewige, almagtige Gees kan julle nie saam met die liggaam vernietig nie en hierdie Gees sal Hom binne drie dae opwek. Diegene wat in Hom glo, die is te beny; maar duisendvoudig te bekla is julle, boosaardige huigelaars, bedrieërs en onderdrukkers van die mense! Met julle sal gebeur wat eergister nag aan die uitspansel getoon was! - Het julle my begryp?”

[5] Met `n bose gesig sê die fariseër: “Hoe durf jy, `n vreemdeling, ons so-iets in die gesig sê?! Ken jy ons mag? Weet jy ondanks jou alwetendheid niks oor ons mag nie?”

[6] Die man uit Opper-Egipte sê: “Ek sê dit korrek aan julle, omdat ek die volslae nietigheid van julle mag en die volledige waarheid van myne, wat vir duisend maal duisend soldate nie sou beef nie, maar al te duidelik en te goed ken! Ek sê julle maar net die waarheid. Waarom wil julle dit nie tot julle heil, waar nog steeds `n moontlikheid voor bestaan, hoor nie? Omdat julle geen kinders van God meer is nie, maar kinders van julle hoogs eie duiwel! Daarom vererg julle julle nou vir dit wat ek aan julle gesê het, en daarom wil julle God se heilige Man ook dood! Glo maar, maar dat ek werklik nie bang is vir julle van kwaadheid gloeiende gesigte nie; `n teken wat ek sal doen sal julle dadelik die rede daarvan duidelik maak! Sien julle die reuse adelaars wat daar hoog in die lug rondswewe?”

[7] Die fariseërs en ook die Leviete kyk omhoog en sien daar twaalf van die gevreesde reuse adelaars, en `n fariseër sê: “En wat beteken hierdie diere?”

[8] Die Egiptenaar sê: “Hierdie diere het ek juis hierheen geroep om julle te laat sien dat `n volmaakte mens meester is oor die hele natuur. Ek roep hulle nou ook dadelik na benede, sodat julle hulle beter van naderby sal kan bekyk!”

[9] Daarop maak die Egiptenaar met sy regterhand slegs één beweging en die reuse adelaars skiet pylsnel na benede en omring die tempeldienaars. Hulle skrik geweldig en vra die Egiptenaar dan ook om die diere, wat hulle baie wild en woes gedra het, te beveel om hulle geen kwaad te doen nie!”

[10] Die Egiptenaar sê: “Is julle al so geweldig bang vir hierdie diere? Hoe kom dit dan dat julle nie bang is vir Hom wat julle soek en wat oneindig veel meer kan doen as ek nie?

[11] Kyk net hoe ontsettend blind, dom en onnosel julle is en daardeur ook uiters boos en wraaksugtig! `n Egte wyse man is dit nooit; hy sal die dwase hulle slegte streke wel ten strengste verbied en hulle eers deur `n oordeel tugtig, wanneer hulle al so verstok, boos en kwaadaardig geword het dat daar geen kans op verbetering bestaan nie, netsoos by julle, dienare van die tempel, volledig die geval is. Wat sou met my kan gebeur as ek julle deur hierdie diere, wat my volkome gehoorsaam is, laat verskeur? Ek sê jou: nie die geringste nie!

[12] Julle dink weliswaar dat ek wel vinnig met julle vier sou klaar wees - maar wat sou daar gebeur as `n gewapende leër my sou omring en met skerp pyle op my sou skiet? Dan sou ek met daardie hele leër doen wat ek nou, om julle `n bewys te lewer, slegs deur my wil in enkele oomblikke met julle sal doen en nou al gedoen het! Probeer nou net om weg te gaan, of om julle hande te gebruik! Slegs julle tong laat ek volledig vry, maar verder lyk julle soos die soutpilaar, waarin Lot se vrou deur haar ongehoorsaamheid verander het”.

[13] Toe probeer die vier manne hulle voete van die grond te kry en hulle hande te beweeg, wat egter onmoontlik was. Daarom smeek hulle die Egiptenaar om hulle uit hierdie benarde toestand te bevry; want hulle was van plan om hulle ingesteldheid te verander.

[14] Die Egiptenaar sê: “Dit sal julle tog nie doen nie; maar nogtans laat ek julle vry!”

[15] Toe kon hulle hulle voete en hande weer vry beweeg, en die een fariseër sê: “As jy so `n onbegryplike mag besit kon jy tog al lankal één van die magtigste heersers oor die hele wêreld gewees het. Wie sou jou kon weerstaan?”

[16] Die Egiptenaar sê: “Ek is geen blinde wêreldse dwaas, netsoos julle nie; vir my is alles geleë aan die ware erkenning van die enigste ware God, aan Sy lewende barmhartigheid en liefde, en aan die regte erkenning van die heilige wil van die ewige Vader en ek wil my streng daaraan hou, - en sien, dit is oneindig veel meer as alle skatte op aarde!

[17] As julle, sogenaamde priesters, ook dieselfde sal doen, dan sou julle meer daaraan gehad het as aan al julle baie goud en silwer en al julle edelstene.

[18] Solank as wat julle vroeëre koning Salomo nie op `n goue troon gesit en in `n goue vertrek gewoon het nie, was hy wys, en deur sy wil het hy `n groot mag besit; maar toe hy later met die glans van die goud omgeef was, verloor hy sy wysheid en mag en God se groot barmhartigheid. Wat het die swakkeling dan aan sy onmeetlike wêreldse skatte gehad, toe hy ten slotte selfs aan die bestaan van God begin te twyfel het?!

[19] Maar Salomo was tydens sy laaste tye, met al sy twyfel tog nog veel beter as wat julle nou is. Sy begeerte na prag en ook sy groot sug na vroue het Salomo die misnoeë van die Heer besorg, omdat Salomo Hom negeer het, hoewel Hy tweemaal aan hom verskyn het, met hom gespreek het en hom waarsku het om nooit van Sy weë af te dwaal nie. Die gevolg daarvan was dat sy groot ryk verdeel was en slegs die klein gebied rondom Jerusalem aan sy seun toebedeel was; en selfs hierdie barmhartigheid het Salomo maar net ten dele geval vanweë sy vader Dawid. Maar aan julle sal heeltemal geen barmhartigheid meer ten deel val nie, julle sal ondergaan in die poel van julle ontelbaar vele sondes en julle totale onverbeterlikheid!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205