Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 147

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230.

Die belofte van die fariseërs

147 Die Egiptenaar vra hulle egter: “Wel, hoe geval hierdie teken julle wat ek nou byvoorbeeld gedoen het?”

[2] Geen van hulle durf hierdie wonderman meer `n antwoord te gee nie; want hulle het, bewus van hulle boosheid, `n te groot angs en vrees vir hom!

[3] Maar hy (die Egiptenaar) sê: “O, ellendige huigelaars! Vir my is julle nou wel bang, omdat julle dit van my gesien en ondervind het; maar julle probeer Hom te vang en te dood, deur wie se almagtige wil, wat ek ken, ek dit alles gedoen het! O julle ellendige, blinde dwase! Wie is dan belangriker: die Heer of die kneg, die Heer of die swak leerling? As julle vir my al so baie beef, hoe sal julle dan voor Sy aangesig bestaan?”

[4] Met benoude stem sê die fariseërs: “Ja, ja, buitengewoon magtige man, jy het volkome gelyk; maar uiteindelik kan ons tog niks daaraan doen dat die tempel hom so vyandig opstel teen die profeet uit Galilea nie! Die tempel met sy instellings is wêrelds gesien nog altyd `n magtige stroom; ons bevind ons midde in die stroom en kan onmoontlik daarteen swem! Maar as die magtige profeet nie eers die tempel kan of wil verander nie, wat sal ons as onmagtige ledemate dan daaraan kan doen?! Ja, as ons jou onbegryplike mag sou gehad het, dan sou ons die hoëpriesterraad baie gou tot ander gedagtes gebring het; maar slegs met woorde is dit onmoontlik. Ons kan onsself in die vervolg hoogstens daarvan weerhou om saam te stem teen die groot profeet, ook kan ons die tempel verlaat, dit wil sê, ons kan ons met ons middele in `n meer private lewe terugtrek, - maar verander kan ons die tempel nie, wat jy met jou werklike groot wysheid baie goed sal besef. Maar jy, en nog meer die groot Profeet, sou die tempel en sy dienare wel met hierdie teken kan verander; maar ons alleen kan dit nie.”

[5] Die Egiptenaar sê: “Wat julle nou ter verontskuldiging na vore gebring het, weet ek maar al te goed; maar ek weet ook dat juis julle diegene is en was, wat streng aan die kant van julle hoëpriester gestaan het en wat die eintlike kern vorm van die felste vyandigheid teen die grootste profeet wat hierdie aarde ooit gedra het, - en dit is boosaardig en sleg van julle.

[6] Ek sê julle egter volgens God se ewige Wysheid in My: Die groot Heer, wat vervul is van God se Gees en van al Sy Krag en Mag, wil die mense nie deur suiwer tekens nie, maar veeleer deur Sy suiwer, wyse leer op die weg van die lig en van die lewe bring, omdat tekens die mense wel dwing om aan Hom en Sy woord te glo, - maar dit skenk niemand `n innerlike vrye, lewendige oortuiging van die groot waarheid nie. Solank die mens hierdie waarheid, wat hy aan hom kan verskaf, deur nougeset volgens die leer te lewe, egter nie het nie, solank is hy, wat sy siel betref, ook nog as `n dooie te beskou. Want die suiwer, blinde en opgelegde geloof gee die mens geen innerlik waaragtige lewe nie, maar slegs die geloof wat vol lig is en lewend geword het deur daarvolgens te handel, en dit word nooit deur uiterlike wonders bereik nie, maar slegs deur die lewende woord van die ewige waarheid uit God, deur die mens wat dit as waarheid aanneem en daarvolgens leef.

[7] Omdat die groot Heer uit Galilea wel die beste weet en insien wat vir Sy mense die ware heil bring, verrig Hy Self openlik na buite toe maar weinig tekens, maar Hy leer die mense slegs volledig om die wil van God, volgens waarheid te ken en wek hulle ook op om daarvolgens te handel; - tekens doen Hy maar net wanneer Hy daarvan seker is dat dit niemand se siel kan skaad nie.

[8] Daarom wil Hy die tempel ook nie dwing nie en laat hom vry begaan; as die tempel egter so aangaan, sal hy met sy hele aanhang oorgelaat word aan die oordeel en ten gronde gaan. Onthou dit goed en knoop dit in julle ore! Want God, wat is, was en ewig sal wees, laat nie met Hom spot nie, omdat Hy Self in Sy hoogste goddelike erns, die mense bestem het vir `n ware, ewige saligheid.

[9] As dit by die mens maar net om iets onbelangriks gaan, sou God hom ten eerste nie wonderbaarlik wys en kunstig geskape het nie, sodat hy alleen, net wat sy liggaam betref, die grootste meesterwerk van die hele materiële skepping is, en ten tweede sou Hy hom geen siel gegee het wat aan Hom, die Skepper, selfs in alles gelyk kan word nie, as die siel dit maar net ernstig wil, - en ten derde sou Hy dan nie so dikwels Self met die mense gespreek het en hulle geleer het wat Sy wil is, welke bedoeling Hy met hulle het en wat hulle kan bereik nie.

[10] As julle dit nou goed bedink en daarby `n blik werp op julle totaal verkeerde lewenswyse, dan moet julle tog goed kan insien hoe baie julle altyd in woord en daad in stryd met die goddelike wil gehandel het, en dan moet julle ook goed kan sien dat julle, juis omdat julle altyd teen die goddelike wil ingegaan het, nou ook die groot Heer uit Galilea so haat en vervolg! Die toon julle maar al te duidelik, dat al julle werk teen die wil van God ingaan en dus volkome uit die bose is! - Het julle my goed begryp?”

[11] Die fariseërs sê: “O ja, dit begryp ons nou goed en jy het ook volkome die waarheid gespreek; maar helaas sien ons ook in dat ons in die tempel geen groot verandering tot stand kan bring nie, ook al sou ons alles wat ons hier meegemaak het, presies aan die raad vertel. Trouens, ons sal ons nie deur die hoë raad die swye laat oplê nie, en sal ons besware baie openlik aan hulle meedeel. Onsself sal voortaan geen teenstanders meer wees van die groot Galileër nie; want deur jou sien ons nou hoe ver `n mens dit kan bring as hy die weë ken en `n volkome ernstige wil het. As jy dit as mens so ver gebring het, - waarom sou die Galileër dit dan nie nog verder gebring het nie? Ons sal Sy leer, waarvan ons al baie weet, omdat hy al meermale in die tempel gespreek het, vir onsself met die Skrif vergelykend ondersoek, en dit dan tot die rigsnoer van ons eie lewens maak. Is dit goed?”

[12] Toe kom RafaEl na vore en sê: “Dan sal julle baie moet goedmaak wat julle die arme mensdom kwaad aangedoen het! Anders is daar vir julle geen vergewing van julle sondes moontlik nie; want as die mense julle nie vergewe wat julle hulle skuldig is nie, dan kan God julle ook nie vergewe nie!”

[13] Een fariseër sê: “Wat is dan die baie slegte wat ons die mensdom aangedoen het? Ons hou ons wel streng by die wette van die tempel, maar ons nie weet watter erg daad ons die mensdom verder sou aangedoen het nie!”

[14] RafaEl sê: “Wag nou netso, - die mense van Nikodemus bring juis iets te ete; as ons daarmee klaar is, sal ek julle wel `n paar bewyse lewer, wat julle sal laat sien hoe julle met die arme mensdom gehandel het! Maar nou ietwat geduld!”

[15] Die fariseër sê: “Ons sal wel wag; maar of ons ook iets sal eet, betwyfel ek baie sterk, - want jy het ons nou nie bepaald iets troosryk en opbeurend vertel nie. Alles wat die magtige Egiptenaar aan ons gesê en wat hy gedoen het, het ons nie so aangegryp as dit wat jy aan ons gesê het nie!

[16] Dit is wel waar dat daar baie mense is wat deur die tempel gekwel word, waarvoor ons die bevel moes gee, omdat ons tot die hoogste maghebbers van die tempel behoort; maar die wette wat ons handhaaf en ten uitvoer bring, bestaan immers al lank voordat ons daar was. Ons kan werklik niks daaraan doen dat daar sulke wette by ons is nie! As ons dus langs wetlike weg mense skade berokken het – wat inderdaad nie so dikwels voorkom nie - dan is die vraag tog of ons die skade ook weer moet goedmaak!”

[17] RafaEl sê: “Wees nog net geduldig totdat ons die brood, die wyn en die visse genuttig het, dan sal ek julle wel antwoord!”

[18] Toe word die mandjies met brood, wyn en visse voor die verskillende groepe gaste neergesit. Almal proe toe.

[19] Slegs die vier tempeldienaars, wil ondanks alle aandrang, nie daaraan deelneem nie; want één van hulle sê: “As `n Judeër `n sondaar is, moet hy vas, bid, in sak en as boete doen en nie eet en drink netsoos ander eerlike mense, wat suiwer en regverdig voor God en alle mense is nie. Ons sal nie eet en nie drink totdat ons te wete gekom het hoe en waardeur ons sondaars geword het.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205