Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 148

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230.

RafaEl onthul die sonde van die fariseërs

148 Toe RafaEl, ten aanskoue van die mense, die brood, enkele visse en ook `n beker wyn genuttig het, gaan hy vinnig na die vier manne toe en sê: “Kyk, ek is al klaar en sal julle nou dadelik uit julle geregtigheidsdroom help!

[2] Julle het julleself netnou verontskuldig met die streng wette van julle tempel, wat julle nie gemaak en ingestel het nie; maar wie het dan vir julle die wet gegee wat voorskryf dat julle handlangers, op allerlei wyse verklee, na die mense moet stuur om hulle deur allerlei liste en ander verleidings tot sonde teen God, teen julle en teen die tempel te verlei? Wanneer iemand homself deur hulle laat verlei het, dan word hy deur die verleiers by julle aangekla, en julle stuur dan dadelik die beulsknegte en geregsdienaars daarheen. Hulle bring die skuldige na julle toe en julle lê hom, as hy ook maar enigsins vermoënd is, onbetaalbare straf op. Skape, kalwers, koeie, osse, stiere en esels, graan, hoenders, wyn en geld moes hy julle gee as versoening vir sy sonde; as hy uiteindelik ook mooi dogters het, dan moes hy hulle, hetsy aan die tempel offer of `n groot losprys daarvoor betaal. Sê self nou eers of dit geen sonde was wat julle op `n ten hemel skreiende manier teen die mense begaan het nie!

[3] Maar die laaste tyd het julle vir julleself `n nog beter beskikking gemaak! Julle het nou glad geen verleiers meer nodig wat rondtrek om die mense tot allerlei sondes te verlei nie, maar julle stuur nou dadelik die beulsknegte en geregsdienaars daarheen. Hulle moet die mense, wat enige besittings het, dadelik brandskatte laat betaal, onder voorwendsel dat die tempel heeltemal op hoogte daarvan is dat hulle op growwe wyse en baie verdoemenswaardig teen God en die tempel gesondig het en hulle dadelik hulle hele besit kan afneem. - en wie hom daarteen verset, moet dadelik gestraf word!

[4] Is julle handelswyse met die arme mensdom miskien ook in een van die Mosaïse wette te vinde, of is dit dalk dalk sonde teen die mensdom en teen God nie?

[5] As julle die een of ander aantreklike vrou beken het, dan het julle haar tot egbreek verlei, - en as sy deur julle tot egbreekster gemaak was, dan weet elkeen wel wat julle verder met haar doen.

[6] Kortom, ek sê vir julle, so erg as wat dit by julle in die tempel is, was dit nie in Sodom en Gomorra nie, en tog durf julle my in my gesig te sê dat julle maar net teenoor die volk gehandel het volgens die wet, wat nie deur julle gemaak was nie!

[7] Kan julle jul bloedhandel met die onvrugbare vroue uit die grensprovinsies in die noorde van die Judese land verontskuldig, en weet julle niks van die straatrowers, wat deur julle aangestel is, wat al meermale verklee en as Romeinse dienare en ampsdraers die ryk belaaide karavane hulle skatte afgeneem het en dit dan vir hulleself gehou het nie, dit wil sê vir julle en die tempel?

[8] Julle handelswyse staan, netsoos ek maar al te goed weet, ook in geen enkele wet nie; wel staan daar geskryf, dat mens ook teenoor die vreemdelinge regverdig moet wees en hulle vry langs die weë moet laat trek as hulle geen vyande is nie. Daar julle as Judeërs egter sowel teenoor die inheemse as teenoor die vreemdelinge sulke onregmatighede begaan het, hoe wil en sal julle hierdie en nog vele ander ongeregtighede, wat julle die arme mensdom met groot brutaliteit aangedoen het, ooit weer goed maak?

[9] Hoe sal diegene wat julle op gruwelike wyse gedood het, geestelik sowel as liggaamlik, dit julle ooit vergewe en hoe sal julle aan die vele vreemdelinge die goedere wat van hulle geroof is, en aan alle inheemse die verkeerdelik afgeperste soenoffers vir die sonde wat aan hulle toegedig is, weer teruggee?

[10] Ek het nou gespreek; wat kan julle my nou antwoord, as ek nog daarby sê dat julle en julle voorgangers maar net so oorywerig gepoog het om die profete te vervolg en te dood, omdat hulle julle jul gruwels voorgehou het en die volk gewaarsku het teen julle valse en leuenagtige leringe en voorskrifte, en dat julle self om presies dieselfde rede nou ook die allergrootste profeet uit Galilea probeer vernietig, omdat Hy netsoos ek en hierdie vreemdeling uit Opper-Egipte teen julle getuig? Praat nou en verontskuldig julle teenoor my; want ook ek is `n bode van God, die Heer van ewigheid!”

[11] Een fariseër sê: “Dit kan jy wel wees; maar ek begryp net nie hoe jy, nouliks `n jong man, aan die wysheid gekom het nie! Is jy dalk ook `n Galileër en het jy dit alles van die groot profeet geleer om so teen ons op te tree waar elkeen by is, - en tog het ons jou volgens ons wete nooit kwaad aangedoen nie!

[12] Jy het ons nou selfs voor die vername, hoë Romeine van groot misdade en ten hemel skreiende onregmatighede beskuldig, wat ons selfs met die beste wil nooit kan goedmaak nie; as jy egter die ellendige wêreldse omstandighede waarin ons lewe daarby in aanmerking neem, dan sal jy ook met jou wysheid insien dat geen mens teen die stroom in kan swem en dat elke mens sy huik mantel na die wind moet hang.

[13] Ons het nou deur die wonderman uit Opper-Egipte en nou ook deur jou harde woorde, geëerde, verhewe jong man, vereers agtergekom en is ook daarvan oortuig dat daar werklik `n hoër lewe in die mens aanwesig moet wees. Wel nou dan, die mens wat volkome hiervan oortuig is, kan natuurlik maklik praat en optree; maar ons het vandag vir die eerste keer dinge beleef wat ons sê, dat Moses en ook alle ander profete geen waanbeelde van `n verhitte menslike fantasie is nie, maar egte waarhede is, waarvan ons voorheen geen vermoede gehad het nie. En daarom sien ons ook nou eers in, dat ons volgens die suiwer wet van Moses vreeslik teen die mensdom gesondig het. Maar dit kan ons nou onmoontlik weer goedmaak, en dit is ook totaal onmoontlik om, noudat ons self tot insig gekom het, die hele tempel en alle fariseërs in die hele Judese land ons insig as `n lewende waarheid mee te deel.

[14] Die Heer in die hemel sal wel weet waarom Hy ons so lank met die grootste blindheid gestraf het; maar ek is daarom ook van mening dat Hy ons na alle regverdigheid nie kan verdoem nie, omdat ons as blindes in die afgrond geval het. Vir sover ons kragte en middele reik, sal ons alles doen wat maar gedoen kan word; maar om alles goed te maak wat daar deur ons blindheid aan kwaad en sleg gedoen is, is onmoontlik - behalwe in gedagtes.

[15] Dus sal ons ook in die tempel daarvoor sorg dat die groot profeet in elk geval nie meer deur ons vervolg sal word nie, deurdat ons nie meer deel sal neem aan die byeenkomste van die hoë en nou eintlik slegte raad nie; maar of die Hoë Raad daardeur daarvan af sal sien om die groot en magtige profeet te vervolg, weet ons werklik nie! Maar volgens dit wat jy en die groot magtige wonderdoener uit Opper-Egipte oor hom gesê het, sal Hy vir die Hoë Raad nog minder bang wees as vir julle twee. Want wat kan die Hoë Raad met al sy truuks en besluite bereik teen die mag van `n mens wat toegerus is met alle mag van God se Gees? - Nou het ek gespreek en dit is nou aan jou om ons te sê of ek korrek gespreek het.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205