Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 149

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230.

Die oortuigende wonder van RafaEl

149 RafaEl sê: “Jy het baie goed en korrek gespreek en ek kan niks teen jou woorde inbring nie; maar ons, volmaakte mense, besit die gawe wat vir julle fataal is, naamlik om ook julle mees innerlike gedagtes te sien, en dit stem nie ooreen met jou woorde nie!”

[2] Die fariseër sê: “Hoe is dit moontlik? Hoe kan mens nou anders praat as wat mens dink? Die woord self is tog niks anders as `n, in `n sekere sin, beliggaamde gedagte nie!”

[3] RafaEl sê: “Ja, ja, so moet dit wees; maar by julle is dit nog nooit so gewees en ook hierdié keer was dit nie so nie! As jou woord die hardop uitgesproke vertolking is van jou innerlike gedagtes, dan is dit waarheid; maar as jy met die mond iets bely, maar in jou hart volkome die teendeel dink, dan is jou woord geen waarheid meer nie, maar `n leuen, wat jy wel aan mense van jou soort as `n waarheid kan opdring, maar nie aan mense soos ons nie, - want ons het die vermoë om ook die gedagtes van die mense te sien en te hoor, en dan help `n leuen nie!

[4] Jy het wel op daardie punt iets waar gesê, dat julle, as daar in die Hoë Raad in die vervolg van die groot Profeet gepraat sal word, nie meer aan die beraad sal deelneem nie, en ook, dat julle al die aangerigte kwaad nooit meer kan goedmaak nie, maar tog dit wat nog wel goed te maak is, ook wil goedmaak; maar dit wil julle almal maar net doen omdat julle ons, en ook die profeet, aansien vir aartstowenaars en nie vir egte bodes van God nie. Vir ons as aartstowenaars is julle baie, baie bang en daarom wil julle julself nie teen ons draai nie. Ek sê egter vir julle dat ons geen towenaars is nie, maar werklike bodes van God; die groot profeet uit Galilea is egter eintlik geen Profeet nie, maar Hy is wat die profete oor Hom geprofeteer het!

[5] As julle in Hom sou glo, dan kon julle ook vergewing van julle sondes ontvang het; maar as julle nie in Hom glo en Sy leer nie aanneem en ook nie daarvolgens handel nie, dan bly julle sondes in julle en daarmee ook die ewige dood. Hy alleen is die Heer, netsoos alle profete oor Hom gesê het, en daarom kan Hy ook elkeen wat na Hom toe kom die sondes vergewe; maar as `n meester towenaar, waarvoor julle Hom aansien, sal Hy julle vele sondes nie kwytskeld en vergewe nie!

[6] Dat ons egter geen towenaars is, soos wat julle glo nie, sal ek jou dadelik laat sien. Kyk eers na my of ek iets anders aanhet as maar net die baie lig geplooide gewaad! Nou vra ek julle: Wat wil julle dat ek alleen deur my wil te voorskyn sal roep? Maar kies iets goeds, waaragtig en dus verstandig!”

[7] Toe dink die fariseërs daaroor na, wat hulle sou kan kies wat nie vir die vermeende jong towenaar so maklik sou wees nie.

[8] Na `n rukkie sê hulle (beide fariseërs): “Goed, beste vriend, maak vir ons `n volledig volgroeide vyeboom, wat met vrugte belaai is, en doen dit so, dat hy blywend sal wees en jare lank sal bly bestaan en vrugte dra! Ons wil die vrugte egter ook dadelik proe!”

[9] RafaEl sê: “Daar staan weliswaar geskryf: “Jy sal God se almag nie versoek nie, maar jy sal God dien!”; maar omdat dit hier slegs daarom gaan, om julle die verskil te laat sien tussen `n towenaar en `n mens wat met God se Gees werk, sal julle wens ook dadelik vervul word! Waar wil julle hê dat die boom moet staan?”

[10] Die fariseër sê: “Kyk, daar, waar aan die rand van die heuwel `n bruin klip lê, presies daar kan jy hom neersit!”

[11] RafaEl sê: “Goed dan, ek wil dus dat daar onmiddellik `n vyeboom, netsoos julle dit verlang het, op die genoemde plek staan! Dit is so!”

[12] Op daardie oomblik staan die vyeboom reeds op die genoemde plek. Daarvan skrik die fariseërs en Leviete so, dat hulle van angs en verbasing nouliks meer iets durf sê nie.

[13] Maar RafaEl sê aan hulle: “Wel, die deur julle gewenste boom staan op sy plek, oorvloedig belaai met ryp vrugte; gaan daarheen en proe die vye, en beoordeel of dit waardelose towery, of volle realiteit is!”

[14] Toe sê `n fariseër: “O, almagtige bode van JaHWeH, ons sien al dat dit ewig geen towery nie, maar die mag en die krag van God se Gees in die mens! Mag God ons vergewe dat ons teen Sy almag gesondig het! Ons durf die vrug, wat God se almag nou so wonderbaarlik geskape het, nie proe nie; want dit sou tot nog meer wees om God te versoek!”

[15] RafaEl sê: “O, o, so vroom is julle nog lank nie! Julle is maar net bang dat die eet van hierdie vrug julle sou kan skaad, en daarom durf julle hom nie proe nie! Maar die ander mense sal eers daarheen gaan en die vrugte proe; dan sal julle goed sien of die vrugte skadelik vir julle is!”

[16] Daarop gaan Nikodemus, Josef van Arimatea en nog enkele ander dadelik na die mooi boom, pluk enkele vye van die takke, eet hulle met groot welbehae op en prys die goeie smaak. Toe gaan die fariseërs ook daarheen en eet ook van die werklik heerlik uitsiende en baie aanloklike vye en het geen woorde genoeg om die heerlike smaak te prys nie.

[17] Toe hulle etlike vye geëet het, gaan hulle vol verbasing weer na die engel, bekyk hom van top tot tone en sê, na `n tydjie (die fariseërs): “Jong mens, is jy werklik ook maar net `n mens netsoos ons, of is jy dalk een of ander hoër wese?”

[18] RafaEl sê: “Ja, ek is baie seker `n mens, maar weliswaar nie net soos julle nie; want julle is tot nou toe eintlik nog geen egte mense nie, maar slegs half tot lewe gekome mensevorms, waaraan nog veel makeer, voordat hulle volmaakte mense sal word. Wat wil julle nog meer hê wat ek julle moet sal laat sien?”

[19] Die fariseërs, by wie `n lig nou tog eindelik opgegaan het, sê: “O, beste jong man, jy is beslis netsoos `n Samuel en `n Dawid, `n deur die gees van JaHWeH vervulde jongeling; die teken is vir ons voldoende! Ons het berou daaroor dat ons God hierdie een keer versoek het en `n teken van jou verlang het; ons glo nou volkome dat dit geen towery nie, maar `n suiwer godswonder is. Dit sou vermetel wees om, netsoos gesê, nog `n ekstra teken te verlang; maar jy kan self, as jong man wat volledig in die guns van God staan, na eie wil doen wat jy begeer.

[20] Dit kom ons trouens voor dat jy ook die wonderbaarlike bouer is van die groot pilaar in die veld, wat jy nog baie goed hiervandaan kan sien. Want dit het nie op natuurlike wyse daar beland nie, want jy sien nie die minste spoor van beskadiging aan die grond en aan die gras, wat daar deur die opstel van so `n swaar pilaar ongetwyfeld sou moes gewees het; dit moes dus wonderbaarlik ontstaan het. En as dit vir jou, deur God se barmhartigheid en krag in jou, moontlik is om so `n boom vol ryp en baie goed smakende vye bliksemsnel te skep, - waarom sou dit vir jou dan nie moontlik wees om die pilaar op presies dieselfde wyse te voorskyn te roep nie?

[21] Want by God, wat die hele aarde, met alles wat sy dra en voed, uit die niks geskape het, moet alles immers moontlik wees; in jou werk egter ook God se barmhartigheid en mag, en dus moet alles ook vir jou moontlik wees. Jy hoef maar net vas te wil, en alles wat jy wil is al daar! Daarvan is ons nou al volkome oortuig en ons het geen ander teken van jou nodig nie. Maar jy het wysheid en mag en jy kan daarom tog doen wat jy self wil.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205