Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 153

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230.

Die versoening van die fariseërs

153 Maar in plaas van beide fariseërs op hulle vraag na My direk `n antwoord te gee, roep RafaEl eers vir Lasarus en Nikodemus na hom toe en sê eers daarna aan beide fariseërs: “Ken julle hierdie man, wat veral julle, die ergste vervolg, omdat hy uiteindelik nie meer kon en wou bymekaarmaak wat julle alles van hom geëis het nie?”

[2] Beide fariseërs sê: “O, die baie ryk Lasarus ken ons baie goed, en ons weet ook wat ons teen hom verkeerd gedoen het! Wat ons hom kan vergoed, sal ons hom ook so spoedig moontlik uit ons persoonlike besit vergoed. Maar ons het oor sy herberg op die Olyfberg `n vloek uitgespreek, wat in die tempel vas gelê is; die sal ons natuurlik nie anders as met `n aansienlike losgeld uit die swart boek kan uitwis nie. Maar ons sal die beste Lasarus die geld uit ons eie besit gee, dan sal hy die drukkende vloek daarmee goed kan ophef!”

[3] RafaEl sê aan Lasarus: “Is jy met die voorstel tevrede?”

[4] Lasarus sê: “Daarmee is ek heeltemal tevrede, hoewel ek daarby ook die opregte wil wel vir die daad wil aanvaar en dus wil en sal ek ook vir julle twee `n goeie vriend wees. Origens moet ek julle, my beste vriende, eerlik erken dat julle vloek my veel meer voordeel as nadeel opgelewer het; want alle vreemdelinge het juis na my herberg toegestroom, sodra hulle by die tollenaars gehoor het dat dit deur die tempel verbied was. Want die vreemdelinge redeneer as volg: “Die herbergiers uit die stad, wie dit as beste en goedkoopste bekendstaande herberg op die berg reeds lank `n doring in die oog was, het seker met allerlei offers enersyds en allerlei leuenagtige verdagmakings andersyds die baie op offers beluste tempel in die arm geneem en dit bewerkstellig! Nou gaan ons eers net na die herberg op die berg en gee daar ons geld uit vir die besliste goedkoopste en beste versorging!”

[5] En daaraan sien julle, beste vriende, dat julle my deur die vloek nie alleen nie geskaad het nie, maar juis gehelp het, en dat ek dus heeltemal geen rede het om vir julle kwaad te wees nie! Dit is dus heeltemal nie nodig om die vloek uit die boek te laat skrap nie, want dit is my herberg duidelik van groot nut.

[6] Bowendien moet jy ook bedink dat ek presies dieselfde kan oorgekom het wat al menigeen oorgekom het: as die vloek afgelos is, - maar na verloop van een jaar, en gereeld nog vroeër, het die tempel al weer `n rede gevind om opnuut `n vloek oor hulle herberg uit te spreek, en diegene wat daardeur benadeel word, moes dan die dubbele losgeld betaal as hy die vloek oor sy bedryf weggeneem wil hê. Want daar staan immers in julle voorskrifte: “As die eerste vloek deur `n offer afgelos is, maar die tempel om bepaalde redes oor dieselfde saak nogmaals `n vloek uitspreek, dan maak die nuwe vloek die oue ook weer geldig, en sodoende moet daar twee vloeke afgelos word. En op die manier kan dit geheel tot aan die tiende vloek oploop.”

[7] Om hierdie baie onnodige groot uitgawe te systap, laat mens die eerste vloek staan, veral as hy iemand meer voordeel gee as nadeel, en word mens vir goed `n Romeinse burger, - en die tempel kan dan van tyd tot tyd in die swart boek gaan optel en na die bedrag kyk, en dink hoe goed dit sou wees vir die offerkas as iemand dit sal betaal!

[8] Julle, wat nou my beste vriende is, moet daarom in plaas van die afkoopgeld uit julle eie besit aan my te gee, goed doen aan die stille armes, omdat ek die tempelvloek werklik goed kan gebruik! Dit kan julle ook doen met die geld wat julle my vir my toegevoegde skade wil gee; want ek is - die Heer sy alle lof - reeds lank vir alles meer as duisendvoudig skadeloos gestel. En so sal ons ook, as julle erns maak met wat julle hierdie jong vriend belowe het, altyd die beste vriende bly!”

[9] Die een fariseër sê: “Dit sal ons; want ons het hier dinge meegemaak, wat ons buitengewoon verbasingwekkend vind, en wat in alle opsigte deur en deur die allersuiwerste waarheid is, terwyl die gedrag van ons tempel daarenteen al heeltemal suiwer satanies is. Ons sal die tempel daarom so vinnig moontlik heeltemal die rug toekeer, netsoos vele dit al gedoen het, en dan heeltemal volgens ons innerlike oortuiging lewe.

[10] Hierdie jong op God gelykende vriend, vir wie ook ons mees innerlike gedagtes nie veilig is nie, kan jy sê dat ons daartoe nou rotsvas besluit het; maar die beroemde Galileër sou ons net eers wil sien en spreek en uit sy mond enige instruksies ontvang oor wat ons nog moet doen om één van die minste grade van die innerlike lewensvervolmaking te bereik, vóór ons die tydelike met die ewige sal verwissel.”

[11] Lasarus sê: “Maar die jong vriend, wat `n ware dienaar van die Heer is, het immers tog al alles laat sien en vertel wat julle moet doen om die innerlike lewensvervolmaking te bereik; meer sal die Heer Self julle ook nie vertel nie!”

[12] Die fariseër sê: “Vriend jy het wel gelyk - want daar kan maar één waarheid wees, - maar alleen al die sien van hierdie groot man van God moet vir diegene wat in Hom gaan glo, immers ook `n nog groter vertroue opwek as wanneer mens slegs met sy dienare en leerlinge spreek! Dit is by ons egter geen losse nuuskierigheid om Hom te sien en te spreek nie; maar omdat ons dit alles oor Hom gehoor en nou ook van Hom gesien het, het daar in ons `n groot, kragtige liefde vir Hom ontwaak, en dit is die rede waarom ons Hom self êrens sou wou sien en spreek. Die van God vervulde jong vriend sal verseker baie presies weet waar Hy, die heilige van God, Hom nou bevind! Mog hy nou ook êrens in Galilea wees, dan sou ons Hom onmiddellik agterna gaan, Hom opsoek en om onderrig en raad vra.”

[13] Lasarus sê: “Hy het immers tog al meermale in die tempel die volk onderrig! Het julle Hom dan nie daar gesien en miskien selfs gespreek nie?”

[14] Die fariseërs sê: “Jy weet immers wel dat die sogenaamde Hoë Raad, in die deel van die tempel wat vir die volk bestem is, bykans nooit te siene is nie, omdat hulle daar niks te doen het nie, en dus het ons wel gehoor dat Hy in die tempel was en ook groot tekens gedoen het, - maar gesien en gespreek het ons Hom nie! En daarom sou ons Hom dan ook nou graag wil opsoek, sien en, indien moontlik, spreek!”

[15] Lasarus sê: “Maar ek weet dat baie fariseërs, skrifgeleerdes en oudstes in die tempel Hom gesien en gespreek het, en Hom ook so vyandig gesind geword het, omdat Hy hulle hulle onregverdighede en bedrieëry voorgehou het waar die volk by was! Dan is dit tog wel des te merkwaardiger dat julle in die Hoë Raad julle maar net druk daaroor kon maak hoe julle die Heer op een of ander wyse kon vang om Hom daarna ook dadelik te dood! En dan sal julle, wat die belangrikste maghebbers na die hoëpriester is, Hom egter tot nou toe nie gesien en gespreek het nie? Werklik, dit klink tog `n bietjie vreemd!”

[16] Die fariseër sê: “Inderdaad, en tog is dit so! Ek sê jou nou selfs dat die groot Heilsman Hom selfs by julle sou kan bevind en dat ons Hom beslis nie sou herken as Hy hom nie self aan ons sou bekend maak nie! Heimlik dink ons al dat hierdie ware tweede Samuel dit was; slegs vind ons Hom tog `n bietjie te jonk, omdat ons gehoor het dat die groot Heilsman al een jaar of dertig moet wees, wat ons egter ook nie heeltemal verseker weet nie. Maar ons verlang nou maar net baie daarna om Hom self te sien en te spreek! Sê ons daarom tog waar ons Hom kan sien en spreek!”

[17] Daarop gee Lasarus geen antwoord nie, want hy merk dat Ek Self op die oomblik uit die hut te voorskyn kom en na hom afdaal.

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205